Gustaf Pienaar
Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai.
BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)
"Die Stem van Suid-Afrika"
Gustaf Pienaar
2013-02-22
"Die Wet op Outeursreg op die Stem van Suid-Afrika Wet 2 van 1959, is 54 jaar gelede – op 12 Februarie 1959 – deur die parlement goedgekeur.
Die Wet het ’n interessante agtergrond."
Valentynsdag in die hof
Gustaf Pienaar
2013-02-20
"14 Februarie was Valentynsdag, en hoe kan ons nou só 'n belangrike dag laat verbygaan in Regsalmanak? Ongelukkig is daar maar min romantiese en liefdestories in ons hofverslae opgeteken."
Aantekeninge ivm Oscar Pistorius se borgtogaansoek
Gustaf Pienaar
2013-02-18
"Die oë van die wêreld sal Dinsdag en Woensdag gerig wees op die Streekhof in Pretoria wanneer Oscar Pistorius se aansoek om op borgtog vrygelaat te word – hangende sy verhoor op ’n aanklag van moord met voorbedagte rade – aangehoor sal word."
9 Januarie 1974: Drama met dagga
Gustaf Pienaar
2013-01-09
"Op 9 Januarie 1974 het die polisie in ’n woonstel in Durban ’n rooi blompot ontdek waarin drie gesonde daggaplantjies aan’t groei was."
Wie is die pa? En wie sê die ma is die pa?
Gustaf Pienaar
2013-01-03
"Deesdae word dispute van hierdie aard betreklik maklik deur weefseltoetse opgelos, op voorwaarde dat al die betrokke partye hul samewerking sal verleen. Maar weefseltoetse het nie in hierdie saak ter sprake gekom nie, want miskien was die twee mans bang dat weefseltoetse juis sou bewys dat een van hulle nié die pa van die kind is nie."
Wanneer is jy 'n passasier van 'n Cadillac?
Gustaf Pienaar
2012-12-14
"Damane en sy span was nou in die moeilikheid. Die bestuurder van die Chev-lykswa was nie bewus van die drama met die Cadillac agter hom nie en het vooruit gery. Daar was nou ’n wesenlike moontlikheid dat die lykswa by die begraafplaas sou aankom minus die begrafnisondernemer."
'n Dronk stoot is stout
Gustaf Pienaar
2012-12-10
Die Kersgety is met ons en hierdie week skryf Gustaf Pienaar oor iemand wat onder die invloed gestoot het. En, soos wat dit met 'n gestoot gaan, het dit hierdie man in die moeilikheid laat beland.
Boeing, boeing, gone (to jail)
Gustaf Pienaar
2012-11-28
"Toe was hy so dapper soos 'n leeu. Hy het die oulike waardinnetjie nadergeroep, en - soos in die rolprente – gefluister: "Miss, this is a hijack." Sy het kalmpies geantwoord "Rêrig?" waarop hy gevra het of sy weet wat 'n skaking is. Toe sy bevestigend antwoord, het hy haar opdrag gegee om die kaptein te loop sê dat hy na Lourenço Marques (deesdae Maputo) moes vlieg, anders sou hy - dis nou Jeffers - nie vir die gevolge verantwoordelik wees nie."
November - Week 3
Gustaf Pienaar
2012-11-21
In hierdie rubriek skryf advokaat Gustaf Pienaar oor hofsake wat hierdie betrokke week in die nuus was. Die jaartal maak nie saak nie. Hierdie almanak is ’n tydmasjien wat heen en weer deur die regsgeskiedenis wip.