Gustaf Pienaar
Afgetrede regsgeleerde, Vleesbaai.
BIuris LLB( RAU), LLM (PU vir CHO), Gev. Dipl. Arbeidsreg (RAU)
’n Ongelukslagoffer se bydraende nalatigheid
Gustaf Pienaar
2014-11-18
"Dit was baie oortuigende argumente, maar die regter het bevind dat dít waarmee mnr Squire en Antonie besig was, suiwer in belang van die werkgewer was. Die taak wat hulle besig was om uit te voer, was om die planeetratkas van die aaneendelwer uit te haal."
Is warm water ’n "gevaarlike wapen"?
Gustaf Pienaar
2014-11-10
"Die pa het die pot water gegryp en dit op die seuntjie omgekeer sodat sy boudjies erg gebrand het. Hy moes hospitaalbehandeling ontvang."
Ouerlike aanspreeklikheid vir hul kinders se droogmakery
Gustaf Pienaar
2014-11-03
"Vandeesweek se hofsaak handel oor die aanspreeklikheid van 'n ouer vir die onregmatige daad van sy kind. As ek die feite gee, sal jy gou verstaan wat hiermee bedoel word. 'n Sekere mnr G van Simonstad was 'n getroude man met 'n blink oog vir 'n mooi meisie ..."
Shooting Party se knie
Gustaf Pienaar
2014-10-28
"'n Bekende Suid-Afrikaanse renperd met die vreemd-interessante naam Shooting Party het op 27 September 1990 tydens 'n wedren 'n fraktuur van sy regtervoorbeen opgedoen wat uiteindelik tot sy dood gelei het. Of het dit?"
Oor vinger-, skoen- en voetafdrukke
Gustaf Pienaar
2014-10-21
"'n Sekere mnr en mev Bruce van Oos-Londen het op 'n aand in Maart 1967 teen omtrent kwart voor twaalf bed gaan slaap in hul woonstel in Matthewsweg. Onbesorg het hulle, soos dit hulle gewoonte was, die stoepdeur van hulle woonstel effens oopgehou sodat daar 'n luggie kon deurtrek."
Lorrietjie se flenter band
Gustaf Pienaar
2014-10-06
"Hierdie uitspraak hou vir alle eienaars van motorvoertuie 'n belangrike les in: 'n mens kan nie jou onpadwaardige voertuig aan iemand uitleen en dan die verantwoordelikheid op daardie persoon afskuif as daar 'n ongeluk gebeur wat veroorsaak is deur die onpadwaardige toestand van jou voertuig nie."
Oor die appèlhof en die howe vir klein eise
Gustaf Pienaar
2014-10-01
"1 Oktober het 'n spesiale betekenis vir ons land se hoogste hof van appèl – kortweg die appèlhof - wat in Bloemfontein gesetel is. Maar ook vir die hof vir klein eise – wat in 'n sin ons laagste geregshof is – is 1 Oktober 'n spesiale dag."
Motoriste en kinders
Gustaf Pienaar
2014-09-16
"Die seuntjie het skielik sy ma se rok gelos en vinnig oor die straat begin hardloop. Sy ma het vir hom geskreeu om stil te staan, maar tevergeefs. Hy was al byna oor die straat toe hy deur die tweede voertuig getref is."
Bedrieglike wanvoorstelling
Gustaf Pienaar
2014-09-09
"Toe hulle laat in September daardie jaar sak en pak in die Kaap aanland, moes hulle tot hulle ontsteltenis ontdek dat die pragtige eiendom wat hulle gekoop het en wat juis vir hulle só aantreklik was omdat dit so onbeboud en ongerep was, nou omring was van plakkershutte."
Putatiewe noodweer
Gustaf Pienaar
2014-09-02
"(D)ie ooreenkomste tussen dié saak en (een van?) Oscar Pistorius se verwere – dat hy in putatiewe noodweer gehandel het toe hy geméén het dat daar ’n inbreker in sy badkamer is – is nogal opvallend, nie waar nie?"
Die dubbele ellende van 'n bysteek
Gustaf Pienaar
2014-08-27
"Sy het nog so ewe met haar motor in Gerhard Maritzstraat gery teen ongeveer 55 km/h toe daar 'n perdeby by haar motorkar invlieg ..."
Sagmoedige Neelsie
Gustaf Pienaar
2014-08-18
Steve Hofmeyr het onlangs Die Stem van Suid-Afrika gesing, maar die man wat dit geskryf het was 'n regsgeleerde. En dis hierdie deel van Langenhoven se lewe waaroor vandag se rubriek handel.
Wat is 'n opsie?
Gustaf Pienaar
2014-08-05
"Op 'n somersdag in 1959 het 'n boer van Barkly-Oos se kontrei, ene mnr Spies, aan 'n mnr Brandt 'n mondelinge opsie verleen om sy plaas vir R11 000 te koop ..."
Die duur kant van 'n verbreekte troubelofte
Gustaf Pienaar
2014-08-04
"Die herontmoeting was 'n reuse-sukses. Die twee het smoorverlief geraak – dermate dat mnr Rosenbaum net vier dae later vir mev Guggenheim om haar hand gevra het." Maar die feëverhaal het nie 'n gelukkige einde gehad nie.