Waarom is moord sexy?
2021-08-10"Is ’n gevangene juis so begeerlik omdat hy veilig agter slot en grendel sit? Orrels in die maan? Is dit soos om ’n briesende, gespierde tier in ’n hok aan te hou?"
Die jaar toe ek elke aand soesji geëet het
2021-07-21"Op ’n dag besluit ek: tot hier toe en nie verder nie."
Dertig jaar in limerence – Elthea
2021-06-11"Ek was ongeveer 30 jaar in die wentelbaan van ’n hopelose liefde. Ek het lank geglo my aandagspan is maar net kort, want my verhoudings het, soos selfoonkontrakte, nooit langer as twee jaar geduur nie. Maar die waarheid was dat my hart aan een vrou behoort het."
Met rooi skoene anderkant die reënboog
2021-05-14"Kobus het op laerskool opgemerk dat vir iemand wat haar nie steur aan klere nie, ek darem baie verknog was aan my rooi kerkskoene. ’n Mens het maar net een paar kerkskoene gehad, maar dit was waar. In daardie skoene het ek soos Dorothy in The Wizard of Oz gevoel. Hy weer het esse gegooi op sy swierige pers Chopper-fiets. Ek dink nie ons het toe al vermoed dat ons op die reënboogspektrum is nie."
NP van Wyk Louw: Versamelde dramas – ’n onderhoud met Kristél de Weerd en Deborah Steinmair
2021-05-11"Sy geskenke aan ons taal, ongelukkig nou gesien as die taal van die onderdrukker, sal oorleef solank Afrikaans, nerfaf en gekneus, oorleef."
Moenie dat hulle jou sien aankom nie – my pa was my held
2021-03-10"Ek wens ek kon vir hom sê hy was ten slotte my held. Kinders word verblind deur prag, praal en grootpraat. Maar later gaan jou oë oop en imponeer die blaaskake jou al minder."
’n Vuurvreter van formaat
2021-02-12"Die mees onvergeetlike karakters is nie net dié wat my geïnspireer het om ’n beter mens te wees nie. Soms steek iemand in jou kop vas omdat hulle groter as lewensgrootte, te groot vir enige halfrond is."
Die stralende toorn van Augusta
2021-01-15"Augusta was nie net charismaties wat geloof betref nie, sy het ook heelwat sjarme besit. Daar was altyd ’n vonkel in haar oog en lipstif op haar mond."
Trinidad: ek kan niks belowe nie
2020-12-08"Sy het uitgestaan – sy was mollig, met aknee en ’n perm en sy het tuisgemaakte klere gedra. Ek het agtergekom hoe raar sy is toe sy ná ’n week van ontgroening vir my sê sy is nogal bekommerd, want sy het ’n kilogram gewig verloor."
Annelie Botes en Deborah Steinmair gesels oor Voetstoots
2020-11-26"Daar is ’n musikaliteit in ou Afrikaanse gedigte. Dis selde dat ek ’n volle gedig memoriseer, maar sedert my hoërskooljare kan ek talle grepe in my slaap opsê."
Mister Japp en Thoroughly Modern Milly
2020-11-04"In Thoroughly Modern Milly het die nare losieshuiseienaar jong meisies as slawe ontvoer, verkieslik weeskinders. 'Sad to be all alone in the world,' het sy temerig gehuigel wanneer sy hulle ontmoet."
Rachmaninoff en Hongaarse lanterns
2020-10-21"Later het ons uitmekaargedryf, maar ek onthou haar altyd op ’n agtermiddag in Potchefstroom in die lente: In a dream of Hungarian lanterns / In the mist of some sweet afternoon."
Hou op kwel en begin lewe
2020-09-09"Ek onthou die dag toe ons gesinnetjie op die grasperk in ’n sirkel gedans het toe ons in kennis gestel is dat ons ’n karavaan in ’n Reader’s Digest-kompetisie gewen het."
Mossie en Merv en die verlokking van die langpad
2020-08-14"Met die terugry kry my fiets ’n pap wiel. Ek staan die band langs die pad en pomp (tjierie-tjierie) toe twee redelik gehawende mans in ’n garerige, vierkantige bruin tjor – ’n Mazda of Datsun of iets – langs my stilhou. Ek was destyds oop vir die lewe en belewenisse; ek wou alle soorte mense leer ken om oor hulle te skryf."
Boeke en die ongewastes
2020-07-06"Hulle het soos my familie begin voel, of soos eendmossels wat op my aangepak het. Ek was jonk en Calvinisties met ’n skuldkompleks so groot soos Tafelberg. Hulle het al meer in my oë begin kyk en later moes ek die dorp verlaat om hulle af te skud."

