Deborah Steinmair

Deborah Steinmair het twee dogters, ’n digbundel, ses romans, vele kortverhale, artikels en resensies die lig laat sien. Sy is lief vir katte, die see en klippe. Haar roman Marike se laaste dans was die wenner van die Jan Rabie Rapport-prys vir ’n debuutwerk 2011. Haar spanningsroman Poppekas het in 2012 verskyn. Daar volg ook Die neus, Wenkbrou, Moestas en As jy van moord droom. Sy was al Resensent van die Jaar en lees vir ’n lewe. (Foto verskyn met erkenning aan en toestemming deur die fotograaf, Leane Spangenberg.)

South African Book Fair 2015: Deborah Steinmair

Deborah Steinmair, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2015-07-15

"As 'n mens so bedraad is, wil jy uitdaag, jy wil vensters in mense se koppe laat oopwaai, jy wil lesers se harte breek, hul lewens ruïneer en hul maandstondes twee weke te vroeg laat opdaag. Hoekom anders wil 'n mens skryf?"

Tien vrae: Deborah Steinmair oor Moestas

Deborah Steinmair, Naomi Meyer 2015-02-23 "Die heel moeilikste aspek was om in die kop van die kindermolesteerder te klim, om sy selfbejammering en selfregverdiging objektief te probeer weergee. Soms sit 'n mens met bonsende hart oor die toetsbord en bewe."

Reinet Nagtegaal kan vlieg, sê Delores

Deborah Steinmair 2014-12-16 "Daar is ’n gapende gat in die breiwerk van die Kaap; ’n hele spul steke is laat val. Reinet Crouse-Nagtegaal; regsgeleerde, kunstenaar, lewenskunstenaar, filosoof en onstuitbare hedonis, is vort na haar voorvader toe."

Resensie: Die sirkel van bekende dinge deur Johan Vlok Louw

Deborah Steinmair 2014-12-15 "(D)ie roman is boeiend en broeiend en vol houding. Dis gestroop en minimalisties soos ’n woestyn- of Karoolandskap, maar die omgewing word plek-plek uitmuntend geskilder ..."

Deborah Steinmair se Spieëlbeeld op kykNET

Deborah Steinmair, Naomi Meyer 2014-12-08 "Om vir TV te skryf is soos kopieskryf in die sin dat dit minder kreatief is, dis eerder ’n vaardigheid, soos handwerk: jy moet bitter knap wees, maar jy is ’n woordsmid, ’n woord-mechanic. Jy moenie skiem jy’s ’n digter nie, hoor."

Resensie: Biegbrief en ander verhale deur Esta Steyn

Deborah Steinmair 2014-11-26 Deborah Steinmair oor kortverhaalskrywers en hul storielyne: "Skynbaar pluk Steyn hulle moeiteloos uit die lug. Sy skryf oor wat sy ken en haar verbeelding is vrugbaar."

Die Goue Banana deur Linza de Jager

Deborah Steinmair 2014-02-10 “Hierdie klein novelle skitter soos ? swart diamant met eksistensiële angst en galgehumor. Dit is eenvoudig gilsnaaks met ? skuins traan.”

Slagyster deur Rudie van Rensburg

Deborah Steinmair 2013-10-28 Senutergende spanning, polsende hartstog en volop bloed en binnegoed. Lees Deborah Steinmair se resensie van Slagyster.

Koos Kombuis se i-Tjieng: “So diep soos Dickens maar so vars en onskuldig soos Liewe Heksie”.

Koos Kombuis, Deborah Steinmair 2013-10-22 Deborah Steinmair is in gesprek met Koos Kombuis oor sy jongste boek, i-Tjieng.

Mymeringe oor my dae by SêNet

Deborah Steinmair 2012-07-25 "Die meeste van sy woorde het verlore geraak tussen motherboards wat in duie stort en inboxes wat oorloop en tot niet gaan, hierdie is maar ’n paar snarse wat ek op my rekenaar kon opspoor. Al wat ek oorhet, is ’n geroeste perdeskoen en ’n handvol herinneringe. Dankie SêNet (I think)."

Nêrens tuis nie, sê sy? Maar daar's báie plek vir haar op my boekrak

Deborah Steinmair, Naomi Meyer 2012-06-13 Naomi Meyer gesels met Deborah Steinmair oor al haar babas: die tamagotchi wat SêNet vir haar was, haar vlees-en-bloed-kinders, Maud en die poppe van die poppekas.

Uit Blou Maandag: ’n Maniese Maandag

Deborah Steinmair 2011-10-15
Die nag voor die moord het ek diep en behaaglik geslaap. Dit was die laaste goeie nagrus van my lewe. Die volgende dag, Maandag, sou ’n rustige dag wees. My voorbereiding vir Dinsdag se kongres was so te sê klaar – die PowerPoint-voorlegging opgestel, die toespraak amper ingestudeer.

Tyd is ’n tuimeldroër

Deborah Steinmair 2011-04-12 Toe ek baie jonk was, het ek vir ’n Amerikaanse sielkundige gewerk wat motiveringskursusse by sake-ondernemings aangebied het. Volgens dr Cook was die grootste gaping tussen die Eerste en Derde Wêreld hul persepsies ...

Jaap Mossie en die drinkebroers

Deborah Steinmair 2011-03-10 Toe ek ’n kind was, het ek alles gelees wat stilstaan. Elke geskrewe woord het my diep beïndruk, selfs die waarskuwing op blikkies lugverfrisser: Inhoud onder druk, moenie prik of verbrand nie, ensovoorts. Ek het elke ...

Om afgegooi te word

Deborah Steinmair 2011-02-16 My eerste liefde was ’n probleemperd. Sy vaar en moer was skouperde, maar iets het skeefgeloop by sy geboorte. Tellstar het ’n paar skroewe los gehad. As hy ’n kar was, sou ’n mens sê daar was ’n klopgeluid in die ...
Top