Deborah Steinmair

Deborah Steinmair is 'n webwewer sonder werf. Sy verhuis so gereeld dat sy op haar selfoon moet kyk vir die naaste Voda-toring om te onthou waar sy woon. Sy makeer nog steeds die pas en vele meer. Sy het die lewe geskenk aan twee dogters en 'n digbundel. Sy is vrygewig met haar verregaande opinies en teorieë. Sy het 'n ding oor golwe, is 'n kliptomaan (veral groot, ronde klippe met sproete), 'n kompulsiewe leser, en verslaaf aan rekenaar-Scrabble. Haar boek Marike se laaste dans was die wenner van die Jan Rabie Rapport-prys vir 'n debuutwerk 2011. Haar spanningsroman Poppekas het in 2012 verskyn. Daar volg ook Die neus, Wenkbrou, Moestas en As jy van moord droom. Deesdae is sy boekeredakteur by Vrye Weekblad.

Salvador Dalí se slap horlosie

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-04-13

"[D]it voel my ’n mens moes in jou sestigs gebore word, met al die kennis wat mense van daardie ouderdom al in pag het. Dan leef jy agteruit en weet om elke ledige uur en komateuse dagdroom te waardeer en niks om te wens nie."

My heel eerste held

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-03-14

"My mooiste, morose roos."

Moenie dat ek jou verveel met my reisherinneringe nie

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-02-16

"Ek onthou die reuk van ongelooflike oudheid, mos en keisteen, geel velde, ’n vreemdheid in die lug, eeue se geskiedenis, ’n leeftyd se poskaarte wat lewe kry. ’n Versigtige herkenning op sellulêre vlak."

Individuasie

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-01-24

"Individuasie is ’n groot woord. Dit beteken om ’n stabiele persoonlikheid te vorm, ’n duidelike sin van jouself wat verwyderd is van jou familie en die res van die wêreld. Carl Jung het die term gemunt. Individuasie het min of meer op die ouderdom van 40 op my neergedaal."

Ek onthou jou goed, Helen

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-12-19

"Ek neem hierdie boek The Sense of things telkens op om te onthou hoe Helen was. Dit voel elke keer asof ek weer by haar gaan kuier in haar sonnige woonstel in die skilderagtig-vervalle ou gebou op die lawaaierige Louis Bothalaan."

Liewe professor Grompot

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-11-17

"Ek het nooit die foto’s gesien nie en ek wonder of hy dit ontwikkel het. Dis nou nie juis iets wat ’n mens by die apteek kon gaan ingee nie."

Caroline

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-10-11

"Sy het ons lewe vir ’n paar jaar gedeel, in ’n houthuis op pale teen die Magaliesberg. Daardie huis het later afgebrand en ons spore is toegewaai. Maar ons sal altyd na haar verlang."

Sowat van ’n wolk!

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-09-12

"Ons is aanmekaargesit van drome en wind. Ons identiteit is so broos. Dis soos wolke wat gedurig van vorm verander. Stadig gebeur dit, die metamorfose, en later onthou jy nie die oorspronklike vorm nie. Soms onthou ’n mens die onbenullige, die fokus ernaas."

Om jou ’n ander se jeug te verbeel

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-08-11

"My pa is in 1926 in Pretoria gebore, die derde van ses kinders. Sy pa is dood toe hy ses, amper sewe was. Hy het ’n hart met ’n swaeltjie daarin uit klip gekerf en saamgestuur hospitaal toe, waar sy pa met breinvliesontsteking gelê het. Sy pa is dood voor hy die swaeltjie kon kry. Dis nou in my besit."

Elizabeth van der Westhuizen, ’n vrou uit een stuk

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-07-10

"Soos dit gaan met geliefdes wat dood is, behou ek ’n paar helder herinneringe. Oomblikke."

Martina, die sneeukegel van ’n Europese lente lank gelede

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-06-08

"Ons het in ysige mere geswem en op haar familieplaas in die Pinzgau gekuier – dis ’n wêreldberoemde ski-bestemming; daar is ’n gletser wat nooit smelt nie. Hoë berge, skoon lug."

Maud: Moeder Moed

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-05-11

"Formidabel kyk sy deur die dekades na my terug. Moedig, waardig, ’n imposante teenwoordigheid in ons sitkamer. My ma het dit nooit laat raam nie en dis plek-plek verniel, maar ek het haar in ’n goue raam gesit. Aan die voorsate moet ’n mens respek betoon."

Die mooiste seuns op aarde

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-04-12

"Rus sag, my cool blues broers. Ons is veterane van dieselfde slagveld."

Taal van my hart

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-03-22

"Lawe my met rosyne, want ek is flou van liefde. Ek kan rinkink in my taal."

Gawe mense, die Groblers (deel II)

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-02-10

"Rus sag, my rustelose voorsate."

Top