Boekevat met Deborah: Skimme en spoorsoekers deur Martin Steyn en Kolam deur Fourie Botha
2026-02-11"Hierdie ingewikkelde patrone van kolletjies, lyne en kurwes simboliseer ’n harmonieuse vermenging van wiskunde, kultuur en die natuur."
Boekevat met Deborah: Spirits and spaces en Die laaste leuen
2026-02-04"Uit die swartste modder groei die witste lelie." Deborah Steinmair resenseer boeke deur Roger Ballen en Anita du Preez.
Boekevat met Deborah: Sjoe! deur Petrovna Metelerkamp en Roulette deur Sidney Gilroy
2026-01-08Deborah Steinmair skryf oor twee boeke in haar eerste boekrubriek van 2026: "Dis lewendige, fassinerende memoires, al word daar geen lakens uitgehang nie. Ek beveel dit hoog aan, as ’n tydsdokument en die testament van ’n merkwaardige vrou." ... "Gilroy het sy plek ingeneem as Afrikaanse misdaadskrywer om mee te reken."
Boekevat met Deborah: Die drie weduwees deur Irma Venter en Nobody’s girl deur Virginia Giuffre
2025-12-02"Ek wil oor twee boeke skryf. Die eerste is, genadiglik, fiksie – misdaadfiksie. Die tweede is niefiksie, outobiografies en absoluut sielvernietigend."
Boekevat met Deborah: Die man van elders deur Helene de Kock
2025-11-18"Iets wat my geval van liefdesverhale, besluit ek, is die goeilikheid. Is dit ’n woord, die juiste woord? Daar is ’n gapende vallei tussen lig en donker en die goeie mense is van goedheid aanmekaargesit, selfs al het hulle in hul prille jeug growwe flaters begaan. Verlossing is moontlik en die leser glo dat die goeie gaan seëvier."
Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"
2025-10-16"Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly."
Die katartiese metode deur Jaco Fouché ’n klein boek met ’n reuse impak
2025-10-06"Dis eerder soos ’n doring in jou voet waarteen jy kort-kort aandruk om daardie lekker jeukerige pyn te ervaar. Dit bly jou by soos ’n belediging. Die onwaarskynlike heldin, Tronelle, word dae lank die metgesel van jou denke."
Boekevat met Deborah: Bonsaimeisies deur Erla Diedericks en Mother Mary comes to me deur Arundhati Roy
2025-09-22"Ek skryf oor twee boeke, ’n boeiende Afrikaanse riller en ’n oorsese juweel."
Patmos deur Willem Anker: ’n resensie
2025-09-11"Hoe verstommend is Willem Anker se besige kop. Met oneindige heelalle en moontlikhede bevolk hy ’n novelle."
Boekevat met Deborah: Die moord op Liezel de Jager deur Anena Burger en Undone deur Michelle Roniak
2025-09-03"Die boek is uiters leesbaar en die leser kry ook ’n blik op Liezel as kind en jongmens. Wat ’n gebrek is, is dat ons geen insae kry in Werner se psige en verlede nie. Dis mos altyd die tergvraag: Hoe word iemand ’n monster?"
Boekevat met Deborah: Moord en mooi woorde
2025-08-13"My gevoel is: Solank mense lees, is daar hoop."
Boekevat met Deborah: The interpreters, saamgestel deur Sean Christie en Hedley Twidle
2025-07-29"Ek het my dae lank verloor in die lywige bundel The interpreters. Dit bevat van die beste niefiksie van die 21ste eeu. Dis ondersoekende, skeppende joernalistiek uit die boonste rakke – daardie soort beriggewing waarvoor nie genoeg mense wil betaal om aanlyn te lees nie."
Boekevat met Deborah: Die dood van Rachel April en Die boekengel
2025-07-08Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering skryf sy oor Die dood van Rachel April deur PP Fourie as "’n heerlike literêre riller oor die kunswêreld en die leefwêreld van voorheen benadeelde jongmense in ’n nuwe bedeling, oor identiteit en tuishoort"; en oor liefdesverhale waarvoor mens nie jou neus hoef op te trek nie, soos Boekengel deur Malene Breytenbach, al weet mens reeds "die sluimerende liefde [gaan] bot soos ’n roos."
Boekevat met Deborah: The Nicotine Gospel deur Sven Axelrad en Canary deur Onke Mazibuko
2025-06-19Deborah Steinmair skryf in hierdie aflewering van haar boekrubrieke oor twee boeke – "een oor die soeke na betekenis via ’n kankerstokkie en een oor ’n fluitjieblaser wat op sy baadjie kry".
Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed
2025-05-06"Vandag skryf ek net oor een boek – Antjie Krog se Binnerym van bloed – want by so ’n allemintige baken moet ’n mens stilstaan en tot verhaal probeer kom."

