Deborah Steinmair

Deborah Steinmair het twee dogters, ’n digbundel, ses romans, vele kortverhale, artikels en resensies die lig laat sien. Sy is lief vir katte, die see en klippe. Haar roman Marike se laaste dans was die wenner van die Jan Rabie Rapport-prys vir ’n debuutwerk 2011. Haar spanningsroman Poppekas het in 2012 verskyn. Daar volg ook Die neus, Wenkbrou, Moestas en As jy van moord droom. Sy was al Resensent van die Jaar en lees vir ’n lewe. (Foto verskyn met erkenning aan en toestemming deur die fotograaf, Leane Spangenberg.)

Duiwelsduo: die eerste boekeoorlog

Deborah Steinmair, Jonathan Amid Boeke en skrywers 2020-02-06

Vuurwarm boekduiwels Deborah Steinmair en Jonathan Amid vat mekaar aan oor boek- en skryfsake. Skerp, slim, voor op die wa, insigryk en belese, ontstigtelik en ondermynend. Hier is die eerste salvo.

Wil Anker dan Acker wees?

Deborah Steinmair Seminare en essays 2020-01-31

"Karakters mag steel en plunder, maar tot hoe ’n mate mag skrywers dit doen?"

Die generaal deur Hans Pienaar: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2018-12-12

"Johan oorleef, nerfaf en ontnugter, maar met sy humorsin en sensitiwiteit intak. Dit speel op die grens, in kuierplekke, slaapkamers en sitkamers af, maar dis in werklikheid ’n reis na binne en stel pertinente vrae oor mag, individualiteit, kreatiwiteit en identiteit."

Uit die kussings lig

Deborah Steinmair Fiksie 2018-10-29

"Ek voer haar ontbyt. Hawermoutpap, happie vir happie. Ek vee haar ken met ʼn klam waslap af. Dis asof ek teerder, geduldiger is ná die kussingvoorval." 

Wrok deur Beyers de Vos: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2018-09-20

"Hoe dit ook al sy, hier is ’n gebore (en opgeleide) skrywer aan die woord en een van wie ons nog heelwat gaan hoor. Dis ’n stadsroman wat sosiale kommentaar lewer; ’n sterk, leesbare debuut wat die leser sal bybly."

As sy weer kom deur Marlize Hobbs: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2018-09-04

"Skryf is lyf, skryf is bloederige geboorte, en as jy dit reg doen, is dit morsig. En daar is ’n sekere manier waarop veral vroueskrywers dit reg kan doen."

Suidoosterfees 2018: ’n Onderhoud met Deborah Steinmair oor Die Fledermaus-operette

Naomi Meyer, Deborah Steinmair Suidoosterfees 2018-04-17

"Die Flerriemuis herinner my aan daardie Restoration Comedies wat ons in Engels II behandel het: ’n komedie van blapse, so tipies frivool en teatraal, vol misverstand, spulsheid en koerasie."

Sê my, is julle twee susters? deur Hester van der Walt

Deborah Steinmair Resensies 2018-02-06

"Soms is klein groot. Reusagtig. Soms tel jy ’n dun boekie met ’n interessante titel op, soos sê nou maar By Grand Central Station I sat down and wept – of Sê my, is julle twee susters?. En wat jou innerlike landskap verruim om plek te maak vir die weet van ’n handvol mense wat vreesloos geleef het."

Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2017-11-21

"Ek stem met Deon Meyer saam: Hofmeyr weet hoe om spanning te skep. Dis een van sy gawes."

Hartlam, kortverhale oor die liefde: ’n onderhoud met Deborah Steinmair en Gerda Taljaard

Deborah Steinmair, Gerda Taljaard-Gilson, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-10-17

"Daar is ’n hele aantal verhale wat wel gaan oor romantiese liefde, maar beslis nie almal nie, want romantiese liefde is maar net een manier waarop die mens kan liefhê. Die liefde is sekerlik die mees genuanseerde menslike emosie, en liefde lê soms baie naby aan haat."

Web deur Naomi Meyer, ’n resensie

Deborah Steinmair Resensies 2017-03-01

"In ’n lesersmark met voortreflike misdaadfiksie transendeer hierdie boek die genre: dis heelwat meer as misdaad, terwyl dit al die elemente het om misdaadvrate te versadig."

Hoe goël Goties in Afrikaans?

Deborah Steinmair Seminare en essays 2016-09-14

"'Goties' impliseer spitskatedrale met klipbeelde van spuierduiwels, spookgeteisterde herehuise met krakende trappe en nokke vol vlermuise. Europese skadulandskappe met min daglig. Hoe akklimatiseer dit in sonnige Suid-Afrika?"

Windpomp

Deborah Steinmair Fiksie 2016-06-29

"Agter die huis weeklaag die verroeste windpomp ..."

Uit die argief: Dis ek, Anna – 'n nagmerrie waaruit 'n mens nie kan wakker word

Deborah Steinmair Argief 2016-06-16

"Die blote feit dat iemand daarin geslaag het om die gebeure in ’n helder stem en sonder selfbejammering te boekstaaf, is verstommend."

US Woordfees 2016-onderhoud: Plant vir my 'n boom, André

Deborah Steinmair, Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2016-01-29

"Uiteindelik is dit, soos altyd, Ingrid wat na vore tree; verlore, gebroke, behoeftig, aangrypend, veeleisend, betowerend."

Top