Deborah Steinmair

Deborah Steinmair het twee dogters, ’n digbundel, ses romans, vele kortverhale, artikels en resensies die lig laat sien. Sy is lief vir katte, die see en klippe. Haar roman Marike se laaste dans was die wenner van die Jan Rabie Rapport-prys vir ’n debuutwerk 2011. Haar spanningsroman Poppekas het in 2012 verskyn. Daar volg ook Die neus, Wenkbrou, Moestas en As jy van moord droom. Sy was al Resensent van die Jaar en lees vir ’n lewe. (Foto verskyn met erkenning aan en toestemming deur die fotograaf, Leane Spangenberg.)

Boekevat met Deborah: Dink jouself gelukkig, Hollywood on the veld en Khaki fever

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-04-23

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering vra sy of jy geweet het om gelukkig te wees is ’n Bybelse opdrag. Sy skryf van toe die Goudstad se uitspattige spandabelrigheid begin uitrafel en teaters bankrot gespeel het. En sy skryf oor ’n boek wat haar deur sy skoonheid oorrompel het. 

Boekevat met Deborah: Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag, An act of murder en Outopsietafel

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-04-03

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie aflewering skryf sy oor boeke waarin iemand in haar verlede die trofeebruid van ’n gay bendebaas was, iemand anders ’n slegte pruik en poliësterbroek dra en toneel speel vir sy lewe, en oor die algemeenste item in die sakke van oorlede Suid-Afrikaners.

Salvador Dalí se slap horlosie

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-04-13

"[D]it voel my ’n mens moes in jou sestigs gebore word, met al die kennis wat mense van daardie ouderdom al in pag het. Dan leef jy agteruit en weet om elke ledige uur en komateuse dagdroom te waardeer en niks om te wens nie."

My heel eerste held

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-03-14

"My mooiste, morose roos."

Moenie dat ek jou verveel met my reisherinneringe nie

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-02-16

"Ek onthou die reuk van ongelooflike oudheid, mos en keisteen, geel velde, ’n vreemdheid in die lug, eeue se geskiedenis, ’n leeftyd se poskaarte wat lewe kry. ’n Versigtige herkenning op sellulêre vlak."

Individuasie

Deborah Steinmair Rubrieke 2023-01-24

"Individuasie is ’n groot woord. Dit beteken om ’n stabiele persoonlikheid te vorm, ’n duidelike sin van jouself wat verwyderd is van jou familie en die res van die wêreld. Carl Jung het die term gemunt. Individuasie het min of meer op die ouderdom van 40 op my neergedaal."

Ek onthou jou goed, Helen

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-12-19

"Ek neem hierdie boek The Sense of things telkens op om te onthou hoe Helen was. Dit voel elke keer asof ek weer by haar gaan kuier in haar sonnige woonstel in die skilderagtig-vervalle ou gebou op die lawaaierige Louis Bothalaan."

Liewe professor Grompot

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-11-17

"Ek het nooit die foto’s gesien nie en ek wonder of hy dit ontwikkel het. Dis nou nie juis iets wat ’n mens by die apteek kon gaan ingee nie."

Caroline

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-10-11

"Sy het ons lewe vir ’n paar jaar gedeel, in ’n houthuis op pale teen die Magaliesberg. Daardie huis het later afgebrand en ons spore is toegewaai. Maar ons sal altyd na haar verlang."

Sowat van ’n wolk!

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-09-12

"Ons is aanmekaargesit van drome en wind. Ons identiteit is so broos. Dis soos wolke wat gedurig van vorm verander. Stadig gebeur dit, die metamorfose, en later onthou jy nie die oorspronklike vorm nie. Soms onthou ’n mens die onbenullige, die fokus ernaas."

Om jou ’n ander se jeug te verbeel

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-08-11

"My pa is in 1926 in Pretoria gebore, die derde van ses kinders. Sy pa is dood toe hy ses, amper sewe was. Hy het ’n hart met ’n swaeltjie daarin uit klip gekerf en saamgestuur hospitaal toe, waar sy pa met breinvliesontsteking gelê het. Sy pa is dood voor hy die swaeltjie kon kry. Dis nou in my besit."

Elizabeth van der Westhuizen, ’n vrou uit een stuk

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-07-10

"Soos dit gaan met geliefdes wat dood is, behou ek ’n paar helder herinneringe. Oomblikke."

Martina, die sneeukegel van ’n Europese lente lank gelede

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-06-08

"Ons het in ysige mere geswem en op haar familieplaas in die Pinzgau gekuier – dis ’n wêreldberoemde ski-bestemming; daar is ’n gletser wat nooit smelt nie. Hoë berge, skoon lug."

Maud: Moeder Moed

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-05-11

"Formidabel kyk sy deur die dekades na my terug. Moedig, waardig, ’n imposante teenwoordigheid in ons sitkamer. My ma het dit nooit laat raam nie en dis plek-plek verniel, maar ek het haar in ’n goue raam gesit. Aan die voorsate moet ’n mens respek betoon."

Die mooiste seuns op aarde

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-04-12

"Rus sag, my cool blues broers. Ons is veterane van dieselfde slagveld."

Top