Cliffordene Norton

Cliffordene Norton is ’n storieliefhebber, dromer en trotse honde-ma van Lola en Ramsey. Sy is afkomstig van Barkly-Wes in die Noord-Kaap en put inspirasie uit haar tuisdorp om stories te skep wat fokus op familie, erfenis en menslike verbintenis.

Haar liefde vir stories het op vyftien begin toe sy haar eerste romantiese verhaal met die hand geskryf het. Met ’n Honneursgraad in Joernalistiek van die Noordwes-Universiteit het sy haar loopbaan by Volksblad as ’n vertaler begin. Tans is sy ’n kopieskrywer by dieselfde universiteit.

In 2022 het haar eerste jeugverhaal, Om jou te ken, verskyn. Sedertdien het twee boeke gevolg: Ek sal vir jou veg en Hoe haal ek asem?. Sy het reeds meer as 45 kortverhale in tydskrifte soos Kuier, Huisgenoot en Vrouekeur gepubliseer.

Cliffordene is tans besig met ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, en balanseer haar professionele en kreatiewe loopbane met haar gunstelingrol – as getroue assistent vir haar honde.

 

Filmresensie: Mulan

Cliffordene Norton Film 2020-09-23

"Ek is effens teleurgesteld in die film, want my verwagtinge was baie hoog. Die fliek is goed, maar ek het bly hoop vir treffende tonele wat teen die mooi omgewing kon opweeg."

Vir Eleanor Baker het dit oor menslike verhoudinge gegaan – ’n onderhoud met Marian Human-Nel

Cliffordene Norton, Marian Human-Nel Onderhoude 2020-08-27

"Vir haar het dit oor menslike verhoudinge gegaan en haar werklikheid is in ’n groot mate bepaal deur haar man se werk as diplomaat. Sy self was, soos baie (selfs werkende) vroue, verbind tot haar posisie in die huwelik en die patriargale verwagtinge wat (vandag waarskynlik steeds) as vanselfsprekend aanvaar is (of moontlik steeds word)."

"Acting is my favourite thing" – an interview with Kamvalethu Jonas

Cliffordene Norton, Kamvalethu Jonas Lifestyle and entertainment 2020-08-27

"What made me interested is the fact that I get to show the world what I can do, and I can use my energy on set – I am very energetic."

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

Naomi Meyer, Elvis Saal, Cliffordene Norton Skole 2020-08-26

"Die groter erkenning van dialekte sal natuurlik afhang van die mate waartoe dialeksprekers eienaarskap sal neem van hul dialekte en hul dialekte begin opeis as funksionele kodes en sodoende begin wegdoen met die selfstigmatisering van dialekte as ontoereikende en minderwaardige taalkodes."

Femicide in South Africa – an interview with Nechama Brodie

Cliffordene Norton, Nechama Brodie Books and writers 2020-08-05

"It’s important that we understand that femicide is not something that happens only when there is a big story in the news – but it is systemic, and it has been happening over a long period of time; it exists as part of a broader society that has allowed and encouraged violence to be used as a solution or as a means to an end." 

"Mensehandel is ’n verskuilde, misdadige bedryf": ’n onderhoud met Beatri Kruger

Cliffordene Norton, Beatri Kruger Onderhoude 2020-07-29

"Mensehandelaars is uitgeslape en stel vas wat hul potensiële slagoffers se drome en kwesbaarhede is. Hulle word dan mislei en gelok na ’n 'beter lewe' met sogenaamde glansryke geleenthede vir werk, opleiding, wêreldreise of wat ook al die slagoffer se drome is."

The fall: an interview with Jen Thorpe

Cliffordene Norton, Jen Thorpe Books and writers 2020-07-24

"I think the way we think about and talk about protests and why they happen has the ability to shape our receptiveness to listening, and I wanted to explore this idea in The fall."

My better world: an interview with Chris Morgan, founder and creative director of Fundi Films

Cliffordene Norton, Chris Morgan Lifestyle and entertainment 2020-07-22

"We had heard from our young audience that they wanted real stories that reflected the true challenges they face. We couldn’t, and didn’t want to, shy away from challenging topics like early marriage, harassment and even female genital mutilation. That said, we also didn’t want to oversimplify these stories."

Jakes se geheim: ’n onderhoud met Francine Beaton

Cliffordene Norton, Francine Beaton Skrywersonderhoude 2020-07-22

"Dis asof mens net meer attent is op alles rondom jou sodat jy nie dalk iets misloop wat jy in ’n storie kan gebruik nie."

Die lewe volgens Wim Vermaak: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, William Oosthuizen Skrywersonderhoude 2020-07-10

"Die beste was om te sien hoe die stukke van Wim se lewe stadig maar seker bymekaar kom ten spyte van struikelblokke wat hy soms self geskep het weens sy dromerige lewensuitkyk."

"Storie-idees meld gedurig aan, ek voer hulle nie altyd so getrou uit nie"

Cliffordene Norton, Anzil Kulsen Skrywersonderhoude 2020-07-08

"Alles het net bymekaargekom, sodat hierdie storie geskryf moes word. Ek het kwaai aan myself getwyfel weens die sensitiwiteit van die verhaal, maar ek het net geweet dit moet geskryf word."

Toe ons oneindig was: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Zelda Bezuidenhout Skrywersonderhoude 2020-06-26

"Die titel verwys na die boek se eindtoneel, een van daardie situasies waar dit voel asof tyd stilstaan en iets baie belangrik aan’t gebeur is. Almal van ons kom sulke dinge oor in ons lewens. Ek onthou veral sulke oomblikke uit my tienerjare saam met vriende. ’n Mens voel asof jy sweef, asof moontlikhede onbeperk is."

"Ek wil hê die leser moet die pad saam met Clint Bonthuys stap"

Cliffordene Norton, Christo Meyer Skrywersonderhoude 2020-06-19

"Clint was later nie net die hoofkarakter nie, hy het begin voel soos iemand wat saam met my op skool was. ’n Doodgewone matrikulant wat ook skelm agter die skoolsaal rook‎, probleme by die huis het en met meisies wat hom bewonder."

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Cliffordene Norton, Lynthia Julius Skrywersonderhoude 2020-06-11

"Dis die hartseer van die saak. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie." 

Whiteness in Southern Africa – an interview

Cliffordene Norton, Duncan Money, Danelle van Zyl-Hermann Books and writers 2020-06-09

"The idea of whites in colonial Africa conjures up images of pith helmets and khaki shorts, rural landscapes and vast estates, madams and masters parked on verandas alternately sipping gin and barking orders at African servants. Such stereotypes present whites as a uniformly wealthy and homogenous group, secure atop a binary power structure." Duncan Money and Danelle van Zyl-Hermann, editors of Rethinking white societies in southern Africa, 1930s–1990s

Top