Cliffordene Norton

Cliffordene Norton is ’n storieliefhebber, dromer en trotse honde-ma van Lola en Ramsey. Sy is afkomstig van Barkly-Wes in die Noord-Kaap en put inspirasie uit haar tuisdorp om stories te skep wat fokus op familie, erfenis en menslike verbintenis.

Haar liefde vir stories het op vyftien begin toe sy haar eerste romantiese verhaal met die hand geskryf het. Met ’n Honneursgraad in Joernalistiek van die Noordwes-Universiteit het sy haar loopbaan by Volksblad as ’n vertaler begin. Tans is sy ’n kopieskrywer by dieselfde universiteit.

In 2022 het haar eerste jeugverhaal, Om jou te ken, verskyn. Sedertdien het twee boeke gevolg: Ek sal vir jou veg en Hoe haal ek asem?. Sy het reeds meer as 45 kortverhale in tydskrifte soos Kuier, Huisgenoot en Vrouekeur gepubliseer.

Cliffordene is tans besig met ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, en balanseer haar professionele en kreatiewe loopbane met haar gunstelingrol – as getroue assistent vir haar honde.

 

Menings wat in 2019 gegons het

Cliffordene Norton Menings 2019-12-23

In 2019 het daar baie dinge gebeur waaroor daar veel te sê is. Hier is tien artikels waaroor ons lesers heelwat op die sosiale media gesels het.

Artikels wat jy dalk in 2019 misgekyk het

Cliffordene Norton Menings 2019-12-23

Daar het vanjaar so baie dinge gebeur dat jy dalk ’n interessante artikel oorgeslaan het. Cliffordene Norton het 12 artikels geïdentifiseer wat jy dalk misgekyk het.

"As unique as braaivleis and pap" – an interview about ROSA

Cliffordene Norton, Romy Sommer Books and writers 2019-12-17

ROSA (Romance writers Organisation of South Africa) is a non-profit, volunteer-run professional association for romance writers. Cliffordene Norton talks to Romy Sommer about this organisation’s origin, 100-membership mark and future projects.

Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling

Menán van Heerden, Gys Loubser, Cliffordene Norton Suidoosterfees 2019-12-13

Die Suidoosterfees 2020 se program is op 9 Desember by ’n glansgeleentheid by Nasdak (Media24) in Kaapstad bekendgestel. 

Afrikaans/Afrikaaps-gehoorgesprek tydens die Innie Shadows-bekendstelling: ’n perspektief

Cliffordene Norton Menings 2019-12-12

"Hoewel ek Afrikaaps geniet, wonder ek soms hoe sal my Afrikaans ervaar word? Moet dit ’n titel kry om dit meer geldig te maak?"

Video: Kaapstad-bekendstelling van Innie Shadows deur Olivia M Coetzee

Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2019-12-12

Olivia M Coetzee se eerste boek, “Innie Shadows”, is Dinsdag, 3 Desember 2019, by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Barbara Boswell het met haar gesels.

Video: Cape Town launch of Will South Africa be okay? by Jan-Jan Joubert

Cliffordene Norton Jonathan Ball-portaal 2019-12-05

The launch of Will South Africa be okay? by Jan-Jan Joubert took place on Thursday, 21 November 2019 at The Book Lounge in Cape Town. Mervyn Sloman was in conversation with Jan-Jan Joubert. 

"Afstand tussen skrywer en leser verklein" – ’n onderhoud met Burgert A Senekal

Cliffordene Norton, Burgert A Senekal Onderhoude 2019-12-05

"Sosiale media beklemtoon die volgehoue relevansie van die literatuur in die menslike leefwêreld."

’n Besoek aan 1001 South African Stories: Visionary Women

Cliffordene Norton Menings 2019-12-05

"Dié maand se 1001 South African Stories-sessie het tydens die 16 Dae van Aktivisme-veldtog plaasgevind en die twee gaste, Lauren Jacobs en Mpho Malgas, het vurig oor geweld teen vroue gesels."

Bekamping van korrupsie: ’n onderhoud met Geo Quinot

Cliffordene Norton, Geo Quinot Onderhoude 2019-11-28

"’n Baie sterk fokus op die morele kompas van besigheidsleiers behoort een van die primêre karaktereienskappe te wees waaraan ons sodanige persone meet en waaraan ondernemings gekenmerk wil word."

Unmaking Grace: an interview with Barbara Boswell

Cliffordene Norton, Barbara Boswell Books and writers 2019-11-28

"I wanted to show the effects of intimate partner violence on one family, and how these effects also travel through generations if the trauma is not healed." Barbara Boswell talks to Cliffordene Norton about her book, Unmaking Grace.

Toyota US Woordfees-kortverhaalbundel 2020: ’n Onderhoud met Cliffordene Norton

Remona Voges, Cliffordene Norton Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-11-21

"Hierdie jaar het ek die storie geskryf, gestuur, daarvan vergeet, en toe bam!"

Video: Kaapstad-bekendstelling van The last hunt deur Deon Meyer

Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2019-11-19

Op Dinsdag 12 November 2019 is Deon Meyer se The last hunt by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Die radio-omroeper John Maytham het met Deon gesels.

Kaaps in die klaskamer – ’n onderhoud met Earl Ray Basson

Cliffordene Norton, Earl Basson Onderhoude 2019-11-19

"Ek kon die taalgebruik in lesings en op kampus as Afrikaans herken, maar ek het nie deel van die taal- en kultuurgemeenskap gevoel nie. Ek kon die ongemak en later skaamte in my mond en aan my vel voel." Earl Ray Basson gesels oor sy tesis. 

Fiksie in die navorsingsomgewing – ’n onderhoud met Madelein Rust

Cliffordene Norton, Madelein Rust Onderhoude 2019-11-14

"Dis ’n wonderlike bonus dat toekomstige geslagte hierdie tydkapsules onder oë sal kry om uit te vind waarmee ons moes stoei."

Top