Cliffordene Norton

Cliffordene Norton is ’n storieliefhebber, dromer en trotse honde-ma van Lola en Ramsey. Sy is afkomstig van Barkly-Wes in die Noord-Kaap en put inspirasie uit haar tuisdorp om stories te skep wat fokus op familie, erfenis en menslike verbintenis.

Haar liefde vir stories het op vyftien begin toe sy haar eerste romantiese verhaal met die hand geskryf het. Met ’n Honneursgraad in Joernalistiek van die Noordwes-Universiteit het sy haar loopbaan by Volksblad as ’n vertaler begin. Tans is sy ’n kopieskrywer by dieselfde universiteit.

In 2022 het haar eerste jeugverhaal, Om jou te ken, verskyn. Sedertdien het twee boeke gevolg: Ek sal vir jou veg en Hoe haal ek asem?. Sy het reeds meer as 45 kortverhale in tydskrifte soos Kuier, Huisgenoot en Vrouekeur gepubliseer.

Cliffordene is tans besig met ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, en balanseer haar professionele en kreatiewe loopbane met haar gunstelingrol – as getroue assistent vir haar honde.

 

Cliff-hanger: Indrukke van die FILVEN-boekefees 2024 in Venezuela

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2024-08-05

"Daar is sterk ooreenkomste tussen Venezuela en Suid-Afrika – van ons uitgeeprosesse tot ons begeerte om ons tale te bewaar. Een aspek wat my beïndruk het en wat ek hoop Suid-Afrikaanse uitgewershuise sal aanleer, is dat Venezuela hulle kinderboeke tweetalig uitgee: Spaans en ’n inheemse taal soos Barí. Ek dink hierdie tweetaligheid kan meertaligheid bevorder en die belangrikheid van beide betrokke tale onder die loep bring."

Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2024-07-01

"In my skryfpassie voel dit asof ek deur die storie gekies word. My karakters daag op, sit my neer en maak dat ek hul stories vertel. Dit klink dalk passief, maar ek sien elke idee: dié wat gepubliseer word en dié wat ek nooit vir ander wys nie, wat my gekies het om dit te vertel. Ek leer so baie uit die skryfproses en waardeer die magic daarin."

Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?

Naomi Meyer, Cliffordene Norton, Sidney Gilroy, Jaco Jacobs, De Wet Hugo, Rudie van Rensburg Boeke en skrywers 2024-04-23

Dis Wêreldboekedag op 23 April. ’n Paar skrywers vertel wat dit vir hulle beteken.

Vroedvrou: Kan ’n dokumentêr jou iets van jouself teruggee?

Cliffordene Norton SêNet-briewe 2024-03-27

"My antie het redelik kennis, maar daar is toenemend vrae oor die rate wat mamme Essie (my ouma) of ouma Annie (my oumagrootjie) gebruik het en wat verlore gegaan het. 'Waarom het ons dit nie neergeskryf nie?' is ’n gereelde vraag en ek het soveel berou. Ek het altyd gedink ek sal genoeg tyd hê om dit neer te skryf. Ek het dit nooit neergeskryf nie en baie van hierdie kennis het verlore gegaan."

Hartsmense: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2023-10-03

"Daar is ook vir my ’n soort elitisme aan die siening van: 'Ek is ’n ernstige skrywer, ek sal nie so laag daal om myself te bemark nie.' Dit voel disrespekvol teenoor jou lesers. Dit voel asof hierdie siening dikwels sê: 'My tyd is te kosbaar om met julle te praat oor die karakters wat ons almal liefhet.' Soos jy kan agterkom, het ek sterk menings hieroor."

Elders gesien: Cliffordene Norton antwoord Kerneels Breytenbach

Cliffordene Norton Elders gesien 2023-07-28

"Ja, daar is steeds mense wat boeke self publiseer, maar ek dink nie aan daardie mense as skrywers nie. Baie skrywers wat self uitgee, het hulle herdoop as 'indie authors', want hulle benadering is meer soos dié van ’n tradisionele uitgewershuis op klein skaal."

Uitdagings en voordele van selfpublikasie: ’n onderhoud met Francine Beaton

Cliffordene Norton, Francine Beaton Skrywersonderhoude 2023-07-21

Onafhanklike outeur Francine Beaton, wat voortaan haar boeke onder die drukkersnaam Fleur Publishing sal uitgee, deel haar ervaringe en insigte oor die selfpublikasiebedryf. Sy het gekies om die selfpublikasierigting te neem nadat sy besef het dat die tradisionele publikasieproses te lank neem.

Waarom word ons opgelei om nét skrywers te wees en nie entrepreneurs nie?

Cliffordene Norton Boeke en skrywers 2023-07-21

"Die verbinding van kreatiewe en sakevaardighede is noodsaaklik vir skrywers in die moderne landskap. Aspirantskrywers moet nie net meesterlike woordkunstenaars wees nie, maar ook skerpsinnige entrepreneurs. Deur hierdie dubbele rol te omarm, kan skrywers met vertroue die veranderende uitgewersbedryf trotseer, geleenthede benut en hul volle potensiaal as suksesvolle skrywers verwesenlik."

Internasionale Kinderboekdag 2023: Cliffordene Norton se dankie-sê-brief

Cliffordene Norton Boeke en skrywers 2023-04-05

"Ek is so bly ek het jou gevind, liewe vriend."

Heimwee deur Sophia Kapp: ’n onderhoud met Leonie van Rensburg, haar uitgewer

Cliffordene Norton, Leonie van Rensburg Boeke en skrywers 2023-02-09

"Die groot aanlyn verkopers is nie primêr op die belange van die boekbedryf gefokus nie en verkoop dikwels onder die markprys om kopers te lok. Boeke word gebruik as sogenaamde loss leaders om ander verkope te stimuleer. Dit is baie nadelig vir die boekbedryf en kan op die lang duur die einde van boekwinkels beteken. Die sukses van Heimwee tot dusver is ’n duidelike bewys dat lesers steeds tradisioneel boeke by boekwinkels koop."

Heimwee deur Sophia Kapp: ’n lesersindruk

Cliffordene Norton Lesersindrukke 2023-01-20

"Dit is ’n wonderlike getuigskrif van ’n ma, nie die stereotipiese goeie of slegte moederfiguur nie, maar van ’n vlees-en-bloed-ma. Met al haal foute en haar tekortkominge. Dit maak Heimwee besonders."

Heimwee: ’n onderhoud met Sophia Kapp

Cliffordene Norton, Sophia Kapp Skrywersonderhoude 2023-01-19

"Hou ouer ek word, hoe meer besef ek ook hoe die band tussen ma en kind die kind se hele lewe onderlê. As daardie verhouding skeefloop, is ’n mens se hele lewe ’n stryd om aanvaarding."

Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Cliffordene Norton, An-Mari do Carmo Skrywersonderhoude 2022-06-17

"Ek wou begin met waar sy wegloop en probeer oor begin. Uit ’n skrywersoogpunt het ek ook geweet ’n openingstoneel van ’n meisie wat vlug – wat so desperaat is om van daardie plek weg te kom dat sy alleen in die middel van die nag Suid-Afrikaanse strate en agterpaaie sal trotseer – gaan daardie impak en hoek hê wat ’n leser dadelik sal intrek."

Cliffordene Norton gesels met An-Mari do Carmo oor haar awesome boek, Toe als groen was.

Jeugdag – wat moet die jeug doen om gehoor te word?

Cliffordene Norton Menings 2022-06-15

"Die jeug en hul kwessies kry slegs aandag op Jeudag óf as hulle dood is. Natuurlik kan dieselfde gesê word van enige saak, maar wil ons nie beter hê vir ons jeug nie? ... Waarom moet hulle eers sterf en ly voor ons na hulle luister?"

SA Kinderliteratuurfees 2022: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2022-05-19

"Om jou te ken gaan oor hoe jy iemand jou lewe lank kan ken, saam met hulle woon en steeds dele van hulle kan miskyk."

Top