Cliffordene Norton

Cliffordene Norton is ’n storieliefhebber, dromer en trotse honde-ma van Lola en Ramsey. Sy is afkomstig van Barkly-Wes in die Noord-Kaap en put inspirasie uit haar tuisdorp om stories te skep wat fokus op familie, erfenis en menslike verbintenis.

Haar liefde vir stories het op vyftien begin toe sy haar eerste romantiese verhaal met die hand geskryf het. Met ’n Honneursgraad in Joernalistiek van die Noordwes-Universiteit het sy haar loopbaan by Volksblad as ’n vertaler begin. Tans is sy ’n kopieskrywer by dieselfde universiteit.

In 2022 het haar eerste jeugverhaal, Om jou te ken, verskyn. Sedertdien het twee boeke gevolg: Ek sal vir jou veg en Hoe haal ek asem?. Sy het reeds meer as 45 kortverhale in tydskrifte soos Kuier, Huisgenoot en Vrouekeur gepubliseer.

Cliffordene is tans besig met ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, en balanseer haar professionele en kreatiewe loopbane met haar gunstelingrol – as getroue assistent vir haar honde.

 

Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

Cliffordene Norton, An-Mari do Carmo Skrywersonderhoude 2022-06-17

"Ek wou begin met waar sy wegloop en probeer oor begin. Uit ’n skrywersoogpunt het ek ook geweet ’n openingstoneel van ’n meisie wat vlug – wat so desperaat is om van daardie plek weg te kom dat sy alleen in die middel van die nag Suid-Afrikaanse strate en agterpaaie sal trotseer – gaan daardie impak en hoek hê wat ’n leser dadelik sal intrek."

Cliffordene Norton gesels met An-Mari do Carmo oor haar awesome boek, Toe als groen was.

Jeugdag – wat moet die jeug doen om gehoor te word?

Cliffordene Norton Menings 2022-06-15

"Die jeug en hul kwessies kry slegs aandag op Jeudag óf as hulle dood is. Natuurlik kan dieselfde gesê word van enige saak, maar wil ons nie beter hê vir ons jeug nie? ... Waarom moet hulle eers sterf en ly voor ons na hulle luister?"

SA Kinderliteratuurfees 2022: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2022-05-19

"Om jou te ken gaan oor hoe jy iemand jou lewe lank kan ken, saam met hulle woon en steeds dele van hulle kan miskyk."

Cliffordene Norton se nuwe skryfwerk: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2022-01-12

Cliffordene Norton, wat LitNet se nuwe skryfwerk hanteer, praat met Naomi Meyer oor Cliffordene se eie skryfwerk.

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2021-11-09

"Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het."

Onderhoud: Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas

Cliffordene Norton, Veronique Jephtas Skrywersonderhoude 2021-06-30

"Wat my liefde inspire het vi digkuns is simply die feit dat poetry emotion heighten. Dis eerlik en altyd net genoeg."

Malcolm & Marie: ’n filmresensie

Cliffordene Norton Film 2021-06-22

"Die verhouding tussen Malcolm en Marie is gekompliseerd, toksies. Die karakters is selfgesentreerd en dit maak dit moeilik om van hulle te hou. Marie se self-awareness maak van haar ’n meer simpatieke karakter. Malcolm & Marie is ’n lekker fliek, maar omdat die storielyn slegs op die twee karakters fokus, voel dit uitgerek."

Eintlik alles: ’n onderhoud met Alta Cloete en Lisa Uys

Cliffordene Norton, Alta Cloete, Lisa Uys Skrywersonderhoude 2021-04-14

Die romanseskrywer Ronelle Uys het haar lewe in 2017 weens kanker verloor. Haar dogter probeer sedertdien haar laaste manuskrip publiseer, en met die hulp van Alta Cloete is die werk in Februarie 2021 deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Cliffordene Norton gesels met Alta Cloete en Lisa Uys oor die proses om Eintlik alles postuum gepubliseer te kry.

Lesersindruk: Toekomsmens deur Isa Konrad

Cliffordene Norton Lesersindrukke 2021-02-04

"Isa skep met Toekomsmens ’n interessante storie wat die leser intrek. Lesers van wetenskapfiksie sal makliker die boek kan lees en verwerk. Die skrywer se woordgebruik is mooi sonder om onnodig blommerig te wees."

Toekomsmens deur Isa Konrad: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Isa Konrad Skrywersonderhoude 2021-02-04

"Die beste wetenskapfiksie daag die leser uit om jou realiteit opnuut in oënskou te neem deur jou ’n alternatiewe realiteit aan te bied. Mens kan dit seker as sinlose bespiegeling afmaak, maar goeie wetenskapfiksie laat my nadink oor my eie wêreld: waar ons vandaan kom, waarheen ons op pad is, en ons plek in die kosmos."

My COVID-19 experience: conversations with people who have recovered from the virus

Cliffordene Norton, Tebogo Chweu, Shamima Badat-Beangstrom Interviews 2021-01-25

"I’m one of the survivors of COVID, and I wouldn’t wish what I went through on anyone else. It hurts, literally." Cliffordene Norton interviews two people who have recovered from the virus.

Gesprekke met ontvangers van die R350-COVID-19-verligtingstoelaag

Cliffordene Norton Menings 2020-11-05

"Wat is die waarde van R350? Vir die meeste mense is dit nie genoeg vir ’n week se kruideniersware nie, maar vir duisende Suid-Afrikaners was die spesiale COVID-19-toelaag van R350 hul enigste inkomste."

Inter-review: And wrote my story anyway by Barbara Boswell

Cliffordene Norton, Barbara Boswell Books and writers 2020-10-30

"I would want their curiosity to be piqued with regard to black women’s literary and political contributions to this country. It would also be lovely if black women and girls were encouraged to write their own stories."

#ROSACon2020 – Romance writers Organisation of South Africa se eerste aanlyn konferensie

Cliffordene Norton Boeke en skrywers 2020-10-29

"#ROSACon2020 is aanlyn gehou, met ’n daaglikse tema. Die aanlyn konferensie was ’n uitstekende geleentheid – bywoners kon by van die beste internasionale romanseskrywers leer hoe om hul skryfkuns te verbeter."

Afrofuturisme in Afrikaanse letterkunde: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Jerome Coetzee Onderhoude 2020-10-29

"Afrofuturisme wil Afrika se plek aan die tafel in die toekoms bevestig en ook aan die mense bewys dat daar potensiaal is vir soveel meer." 

Top