Internasionale Kinderboekdag 2023: Cliffordene Norton se dankie-sê-brief

  • 0

Prent: https://pixabay.com/illustrations/kids-children-cute-childhood-2030268/; foto van Cliffordene Norton: verskaf

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Dit is die verjaardagdatum van Hans Christian Andersen. Op Internasionale Kinderboekdag is die gedagte om na te dink oor hoe belangrik dit vir kinders is om te lees én om boeke te besit.

Naomi Meyer het ’n paar kinder- en jeugboekskrywers gevra om prettig op dié belangrike datum te reageer deur limerieke, rympies of kort stukke prosa te skryf.

Hier is Cliffordene Norton se dankie-sê-brief:

Ek is so bly ek het jou gevind, liewe vriend.

Jy was daar toe ek vreemd gevoel het in my eie vel, of nuuskierig was oor goed waarvan ek nie kon droom nie. Jy was daar toe ek nie kon praat met ander nie, of oor wêrelde gedroom het wat nie in hierdie werklikheid bestaan nie. Tussen jou bladsye het ek vriende en familie gevind, en dele van myself ontdek wat ek nooit andersins sou nie. Sag en bekend is my hand, is jy altyd daar. Dankie, ou vriend, nuwe vriend, altyd-vriend.

Lees ook:

Cliffordene Norton se nuwe skryfwerk: ’n onderhoud

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

SA Kinderliteratuurfees 2022: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Internasionale Kinderboekdag 2023: De Wet Hugo se limeriek

"As ’n kind kan lees, kan hy vorder in die lewe": ’n onderhoud met Chareldine van der Merwe oor die VVA se lewensbelangrike leeskonferensie

Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top