Internasionale Kinderboekdag 2023: De Wet Hugo se limeriek

  • 0

Prente: https://pixabay.com/illustrations/kids-children-cute-childhood-2030268/; foto van De Wet Hugo: verskaf

Internasionale Kinderboekdag is op 2 April gevier. Dit is die verjaardagdatum van Hans Christian Andersen. Op Internasionale Kinderboekdag is die gedagte om na te dink oor hoe belangrik dit vir kinders is om te lees én om boeke te besit.

Naomi Meyer het ’n paar kinder- en jeugboekskrywers gevra om prettig op dié belangrike datum te reageer deur limerieke, rympies of kort stukke prosa te skryf.

Hier is De Wet Hugo s’n:

’n Seun van die Kaap, Dylan Dreyer
wil niks weet van lees nie; hy weier.
Maar nou het sy brein
begin krimp – dit verdwyn!
En sy kop is so klein soos ’n eier.

Lees ook:

Internasionale Kinderboekdag 2023: Cliffordene Norton se dankie-sê-brief

Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie: ’n onderhoud met De Wet Hugo

"As ’n kind kan lees, kan hy vorder in die lewe": ’n onderhoud met Chareldine van der Merwe oor die VVA se lewensbelangrike leeskonferensie

Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top