
Foto van Kinderliteratuurfees: https://www.facebook.com/SAfestivalofchildlit; foto van Cliffordene Norton: verskaf
Cliffordene Norton tree binnekort op by die Kinderboekfees wat in Somerset-Wes aangebied word. Sy praat met Naomi Meyer oor haar boek Om jou te ken, waaroor sy by die fees gaan gesels.
Cliffordene, daar’s onlangs ’n jeugboek van jou by Pan Macmillan gepubliseer. Wil jy vir ons lesers in ’n paar sinne vertel waaroor Om jou te ken gaan?
Om jou te ken is ’n storie van twee niggies. Dit is geïnspireer deur my verhouding met my niggie. Ons het vir ’n paar jaar in een huis gewoon en dit het ’n groot invloed op ons verhouding gehad.
.........
Om jou te ken gaan oor hoe jy iemand jou lewe lank kan ken, saam met hulle woon en steeds dele van hulle kan miskyk.
............
Om jou te ken gaan oor hoe jy iemand jou lewe lank kan ken, saam met hulle woon en steeds dele van hulle kan miskyk. Gabby ken net een sy van Georgia, maar op hul matriektoer leer ken sy die anderkant van haar niggie – op die heel verkeerde wyse.

https://www.panmacmillan.co.za/authors/cliffordene-norton/om-jou-te-ken/9781776250769
Jou intrige is eenvoudig, en juis daarom so sterk. Iemand se dagboek beland in ’n ander se hande. Dis nog baie erger as wanneer mens in die klas ’n briefie skryf oor iemand en daardie iemand lees die briefie! Wat het jou die idee vir die storie gegee?
Naomi, hoe vang jy my? Ek is nie seker waar ek die idee gekry het nie. Ek het die proloog eerste geskryf en ek weet nie waarom ek die dagboek as geskenk gekies het nie, maar ek is baie dankbaar daarvoor. Anders sou dit ’n ander boek gewees het.
Vir wie skryf jy jou stories en hoekom skryf jy dit?
..........
Ek skryf eerstens my stories vir my karakters. Ek het altyd gedink ek is ’n planner, maar met Om jou te ken het ek geleer ek is ’n plotter. Dit klink clichéagtig, maar ek vertel eerste my stories vir my karakters. Dan vertel ek dit gewoonlik vir myself, en my baie judgemental niggie en suster.
.............
Ek skryf eerstens my stories vir my karakters. Ek het altyd gedink ek is ’n planner, maar met Om jou te ken het ek geleer ek is ’n plotter. Dit klink clichéagtig, maar ek vertel eerste my stories vir my karakters. Dan vertel ek dit gewoonlik vir myself, en my baie judgemental niggie en suster. Hulle gee raad om seker te maak die storie maak sin.
Om jou te ken het my gewys ek is ’n jeugverhaalskrywer, dus wil ek graag hê tieners moet my boeke geniet en hulself daarin sien. Ek hoop lesers sal die boek geniet.
Waar en wanneer kan mense na jou kom luister as jy nou by die Kinderboekfees praat?
Ek is Saterdag 21 Mei om 14:00 virtueel by die fees en gesels dan oor Om jou te ken. Ek sien baie daarna uit.
Laai die volledige feesprogram hier af.
Lees ook:
SA Festival of Children’s Literature: an interview with Darryl David

