Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

“Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het.”