Filmresensie: When I get home
2019-11-14"Solange-ondersteuners sal die film geniet, maar iemand wat onbekend is met haar werk sal dit nie ten volle kan waardeer nie."
Video: Kaapstad-bekendstelling van Grensgeval deur Marita van der Vyver
2019-11-08Op Woensdag 6 November 2019 is Marita van der Vyver se jongste roman, Grensgeval, by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Annelize Visser het met Marita gesels.
Het Vijfde Evangelie volgens Mickey: ’n onderhoud met Clinton V du Plessis
2019-10-17"Marthinus (Martijn) Benders, die Nederlandse digter, het my as een van vyf digters gekies om deel te wees van die eerste groep digters wat deur die nuwe uitgewery, De Kaneelfabriek, in 2019 uitgegee sal word."
Video: Bekendstelling van Betrayal: The secret lives of apartheid spies deur Jonathan Ancer
2019-10-04Op Donderdag 19 September 2019 is Jonathan Ancer se Betrayal: The secret lives of apartheid spies by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Tom Eaton het met Jonathan gesels.
YouTube-onderhoud: ’n besoek aan die Arendsvlei-stel
2019-10-01Dit is onlangs bevestig dat die Afrikaanse telenovela Arendsvlei vir ’n tweede seisoen hernu is. Menán van Heerden en Cliffordene Norton het die Arendsvlei-stel by Atlantic Studios in Milnerton (Kaapstad) besoek. Menán het ’n video-onderhoud met Theltom Masimila, die skrywer en vervaardiger, gevoer.
"Ek het my voorouers se stories part van my lewe gemaak" – ’n onderhoud met Deidre Jantjies
2019-09-23Deidre Jantjies het ’n lang geskiedenis van toneelspel; sy het hierdie vaardighede gebruik om haar eie verhale te skryf wat sy in kortfilms omskep het. Met haar vervaardigingsmaatskappy, Na Aap Productions, wil sy die onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel. Ter viering van Erfenisdag (24 September) het Cliffordene Norton met haar gesels.
Klassieke resepteboeke: ’n knippie Suid-Afrikaanse geskiedenis
2019-09-23Hoeveel keer het jy al geantwoord: “Dis my ouma se resep,” op ’n kompliment oor ’n gereg waaraan almal lekker smul? Daar is baie herinneringe in kos: ’n sny van jou lekkerste verjaarsdagkoek, lekker kerrievis oor Paasnaweek of skons op Kersfeesoggende. Ter viering van Erfenisdag (24 September) het Cliffordene Norton die JAN Innovation Studio in Kaapstad besoek, waar klassieke resepteboeke vir toekomstige sjefs bewaar word.
Video’s: Vyf aktuele gesprekke tydens die 2019 Open Book Festival
2019-09-19Hoe voel dit om in jou bekende grootvader se skaduwee te leef (soos Wilhelm Verwoerd en Ndileka Mandela)? Kan mense genees word deur stories (met Jitsvinger)? Watter gevare moet joernaliste oorleef om die waarheid te ontdek (met Foeta Krige: The SABC8; Caryn Dolley: The Enforcers: Inside Cape Town’s deadly nightclub battles en Pieter-Louis Myburgh: Gangster State)? Hoe beïnvloed korrupsie die mense op grondvlak (Bosasa-skandaal)?
Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September 2019 in Kaapstad plaasgevind. Verskeie aktuele gesprekke het tydens die fees plaasgevind. Kyk hier vyf van hierdie gesprekke.
#AmINext-optog: ’n perspektief
2019-09-06"En al wat deur my kop gegaan het, was: Hoe kan julle nie verstaan nie? Ons gaan dood, word verkrag, lewe in vrees en al wat jy sien, is die woede waarmee ons reageer? Waarom is julle nie ook woedend nie? Wat moet ons nog doen?"
#HeTwo: Evita deur Pieter se oë
2019-09-05"'Net omdat sy nie bestaan nie, beteken dit nie sy is nie ’n werklike persoon nie,' sê Pieter-Dirk Uys oor sy alter ego, Evita Bezuidenhout, tydens sy jongste toneelstuk, #HeTwo: Evita exposed! wat tot 14 September 2019 by Theatre on the Bay, Kampsbaai, te sien is."
Vannie Kaap memes: an interview with Samantha Roman
2019-08-23Vannie Kaap memes are super popular on social media. Cliffordene Norton interviews Samantha Roman about her thesis, entitled: "What Kaaps brings to the table: A sociolinguistic analysis of the intersection between language, food and identity in Vannie Kaap memes".
Video: Vrouedag 2019-gesprek met Diana Ferrus, Ntebaleng Morake en Bernedette Muthien by die Iziko Slave Lodge
2019-08-13Op Vrydag 9 Augustus 2019 het verskillende vroue by die Iziko Slave Lodge (Kaapstad) byeengekom om Vrouedag te vier. Diana Ferrus, Ntebaleng Morake en Bernedette Muthien het oor die struikelblokke wat Suid-Afrikaanse vroue ervaar en die rol van jong vroue in die Fallist-beweging gesels. Cliffordene Norton het die geleentheid bygewoon en foto’s geneem.
Video: Stellenbosch-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee
2019-08-05Op Saterdag 3 Augustus 2019 is Azille Coetzee se debuut, In my vel, by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Mercy Kannemeyer het ’n eerlike, maar gemaklike gesprek met Azille gevoer in die volgepakte boekwinkel. Onderwerpe soos wit skuld en magstrukture is met humor onder die loep geneem. Cliffordene Norton het die gesprek opgeneem en foto’s geneem.
Lindau Nobelpryswenners-vergadering: ’n onderhoud met twee studente
2019-08-02Twee studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) is vanjaar gekies om die beroemde jaarlikse Lindau Nobelpryswenners-vergadering by te woon. Hester Schutte, ’n PhD-student, en Hannes Thiersen, ’n MSc-student van die Sentrum vir Ruimtenavorsing in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het die vergadering van 30 Junie tot 5 Julie 2019 in Duitsland bygewoon. Die Lindau-vergadering bring 30 Nobelpryswenners en ongeveer 600 beste voorgraadse en PhD-studente en navorsers ter wêreld bymekaar. Cliffordene Norton gesels met hulle.

