Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2023

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Maart

Boekenuus: Lank lewe die Prins!
Elretha Britz klop by drie Franse dosente aan oor Le Petit Prince deur Antoine de Saint-Exupéry

Boekenuus: Liewe Heksie vlieg weer hoog
Oor ’n nuwe Liewe Heksie-omnibus

6 Maart

Resensie: Vir elke ware misdaad-vraat
Jonathan Amid resenseer Truly, Darkly, Deeply deur Victoria Selman

Resensie: ‘Liefdesbrief’ aan die Weskus en sy mense
Marni Bonthuys resenseer Hulle noem haar Carminda deur E Kotze

Resensie: Tarantino se brief aan flieks
Sonja van der Westhuizen resenseer Cinema Speculation deur Quentin Tarantino

Boekenuus: Netwerk24 se topverkopers vir Februarie

7 Maart 

Sterfteberig: Martie Preller, skrywer van geliefde ‘Babalela’-boeke, sterf

10 Maart

Boekenuus: Chris Karsten se Abel-trilogie kry nuwerwetse baadjie

11 Maart 

Boekenuus: 2 bundels oor ‘dubbelkunstenaar’ Breyten Breytenbach uitgegee
Oor Yves T’sjoen se nuwe publikasies oor Breytenbach

13 Maart

Resensie: ‘Bardo’ besonder vermaaklik, vol ontploffende taferele
Charl-Pierre Naudé resenseer Die bardo van Biko April deur Sjaka Septembir

Resensie: Poolse digter steek behoorlik hand op
Alwyn Roux resenseer Polkadraai deur Jerzy Koch

Resensie: Perfek vir lees met ’n plak sjokolade
Anschen Conradie resenseer Die kontrak deur Erla-Mari Diedericks

15 Maart

Boeke: Time of the Writer-fees wil ‘inspireer, uitlok, uitdaag en vermaak’

16 Maart

Boeke: Langenhoven-gedenklesing oor ‘Loeloeraai’ by KKNK

17 Maart

Onderhoud: David Viviers se debuutroman eerbetoon aan Olive Schreiner
AJ Opperman in gesprek met die skrywer

20 Maart

Boekevat: ‘Tuisnywerheid’-uitgewers aan’t opbloei in SA
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: Jou verhouding met voggies
Louise Ferreira resenseer My Year of Not Getting Sh*tfaced deur Pamela Power

Resensie: ’n Onneersitbare besinning
Jonathan Amid resenseer Reputation deur Sarah Vaughan

Resensie: Klugtige speurverhaal voer leser heerlik mee
Francois Bekker resenseer Die fantastiese mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

Boekenuus: 2 kinderboeke op planke om SA stories te vertel

24 Maart

Kyk weer: Zirk van den Berg gesels oor sy nuwe boek
Izak de Vries is met hom in gesprek.

Boeke: Hierdie name pryk op die kortlys vir die UJ-pryse

27 Maart

Boekevat: Boek sny oop wat vir Noord-Kaap nog toe is
’n Rubriek deur Lynthia Julius

Resensie: 1ste KI-gedigte in Afrikaans blink plek-plek
Daniel Hugo resenseer Silwerwit in die soontoe, saamgestel deur Imke van Heerden

Resensie: ‘Sagie’ subliem, hartroerend
Francois Bekker resenseer Sagie se storie deur Jan van Tonder

Resensie: ‘Stofvlei’ ’n evokatiewe teks
Anschen Conradie resenseer Reën vir Stofvlei deur Katherine Graham

28 Maart

Boeke: Neerhalende beskrywings in Christie, Dahl en Fleming se boeke uitgehaal

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:

Time shelter deur Georgi Gospodinov, ’n lesersindruk

Mike Nicol se roman The rabbit hole is trots Suid-Afrikaans, ’n lesersindruk

Power in the New Testament deur Pieter GR de Villiers en Annette Merz (redakteurs): ’n resensie

Demensie en alzheimersiekte: Ervaringsindruk van twee boeke

Aangeraak in die maalstroom van die Paasgebeure deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Boeiend en met deernis: The price of mercy deur Sean Davison, ’n lesersindruk

Wraak! ’n Lesersindruk van Hunting time deur Jeffery Deaver

Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma deur Julian Müller, ’n lesersindruk

Die seemeeu kom sit: E Kotze voltrek die skrywersirkel met Hulle noem haar Carminda

LitNet Akademies-resensie-essay: Toegepaste taalkunde in Afrikaans, WAM Carstens & TJ van Dyk (redakteurs)

Ghost limb deur Almini van der Merwe, ’n resensie

Omgee vir slagoffers: ’n lesersindruk van Michael Connelly se Desert star

’n Resensie van The incredible beat of my heart en Geruisloos, ongemerk deur Henali Kuit

Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager: Verpligte leesstof vir voornemende emigrante

Uit die mond van Klein-Brakriver | From the mouth of Little Brak River: ’n onderhoud met Skip Krige

Twitter dawn: ’n gesprek met Koos Kombuis, oftewel Joe Kitchen

Die volgende resensies het gedurende Maart in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 Maart

Resensie: Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager, geresenseer deur Johan van Zyl

Resensie: Blou moord deur François Bloemhof, geresenseer deur Jonathan Amid

Resensie: Jonathan Amid bespreek Ghost limb deur Almini van der Merwe

12 Maart

Onderhoud: Elizabeth Wasserman gesels met Johan van Zyl oor haar debuutroman vir volwassenes, Die fantastiese mevrou Smit

19 Maart

Resensie: The BEE Billionaires: Redressing the imbalances of the past, or creating new ones? deur Chris Bishop, geresenseer deur Johann Kriegler

Resensie: Trisa Hugo resenseer Hulle noem haar Carminda deur E Kotze

Resensie: Joan Hambidge resenseer Polkadraai deur Jerzy Koch

26 Maart

Resensie: Die fantastiese mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman, geresenseer deur Adele Vorster

Resensie: Betereinder: Wees die verskil deur Schalk W van Heerden, geresenseer deur Annelise Erasmus

Resensie: Jonathan Amid bespreek Mirage deur David Ralph Viviers

Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

9 Maart

Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog

Dis die ideale boek om saam met ouer kleinkinders deur te blaai, hulle meer te vertel van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) en ’n liefde vir die geskiedenis van Afrikaners by hulle te kweek.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

16 Maart

Die menslike dieretuin

Weetgierige persone sal waarde put uit hierdie insiggewende publikasie wat van die jongste navorsing oor parasitologie bevat. Die leser leer nie net oor parasiete en organismes en hulle effek op die mens nie, maar ontwikkel ook ’n dieper insig in die mens se plek in die natuurlike wêreld.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

23 Maart

Lekker & goed

Nou kan jy en jou gesin heerlik aan die geregte smul sonder om skuldig te voel.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

29 Maart

My kreatiewe Joernaal-Bybel

Kunssinnige siele sowel as dié wat daarvan hou om intensief Bybelstudie te doen met ’n pen in die hand, sal hierdie publikasie beslis van waarde vind.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

19 Maart

Ena Jansen se reise tot vertaling
Natasha Harmse in gesprek met Ena Jansen

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

3 Maart

Kerneels Breytenbach: Vyf nuwelinge vir lesende speurlustiges (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Chokers en survivors wat deur depressie dans (vryeweekblad.com)
Shané van der Merwe: Hoe gaan dit met Afrikaanse kinderboeke? (vryeweekblad.com)

10 Maart

Kerneels Breytenbach: Komkommertyd vir uitgewers (vryeweekblad.com)
Louis Gaigher: Denis Hirson se herinneringswerke (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Waar is Freud in Afrikaans? (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Misverstand en misdaad (vryeweekblad.com)

17 Maart

Deborah Steinmair: Vroue wat nie aan verwagtings voldoen nie (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Knutselwerk en memoires (vryeweekblad.com)
Gielie Hoffmann: Om onder ’n stukkende stoepdak na ’n krokodil te sit en staar (vryeweekblad.com)

24 Maart

Mercia Burger: Dearest Do-Do, the hills are steeped in cosmic regret (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Waarom is Ampie nog relevant? (vryeweekblad.com)
Nanette van Rooyen: Pienk apies, ’n swanger padda, mirakels en die fluistering van fiksie (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: ’n Taai klap, tyd, fopnuus en eko-aktiviste (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Swart soos noir is die beurtkragnag (vryeweekblad.com)

31 Maart

Deborah Steinmair: Meesters van moord en veeltaligheid (vryeweekblad.com)
Mareli Stolp: Die bardo van bloubal April (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Memoires, misdaad en ’n Nigeriese skoonma (vryeweekblad.com)
Louis Gaigher: Die skrywer as vos: Dubravka Ugrešić (vryeweekblad.com)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 1 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Antoinette Venter oor haar Kinders van die gode-reeks vir laerskoolkinders, en vertel ook meer oor die AVBOB Road to Literacy-projek (in samewerking met Oxford University Press). Met hierdie inisiatief kan ’n behoeftige laerskool een van 260 trolliebiblioteke met 500 kinderboeke (in leerders se moedertaal) wen. Inskrywings sluit op 14 April. Johan Myburg vertel meer oor die Roahl Dahl-sensuurdebakel, en gesels oor Simon Sebag Montefiore nuwe boek The World: A Family History of Humanity, wat ’n interessante blik bied op die wêreldgeskiedenis.

Woensdag 8 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Joan Kruger oor haar boek Wieg, ’n biografie oor ’n Franse vrou wat aan die einde van die jaar 1700 in Kaapstad kom woon het. Frederik de Jager, gesels oor Ver in die wêreld, ’n boek met stories uit die pen van Suid-Afrikaanse skrywers wat oorsee woon. Johan Myburg het nuus oor die heruitgawe van Ian Fleming se beroemde reeks boeke oor James Bond, kortverhale deur Terry Pratchett wat na sy dood ontdek is, en ’n nuwe boek uit die pen van die Japanese skrywer Haruki Murakami. Jy kan ook luister na ’n uittreksel van ’n gesprek waarin Margaret Atwood praat oor die rol van die skrywer in moeilike tye. 

Woensdag 15 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Elise Bishop oor Twee lewens, Elise se aangrypende lewensverhaal. Sy is as ’n seuntjie gebore en het op 32 ’n lewensveranderende geslagsveranderingsoperasie ondergaan. Johan Myburg het nuus oor die Women’s Prize for Fiction se langlys en David Walliams se kinderboeke, wat ook in Afrikaans vertaal word. Hy bring ook hulde aan die Britse skrywer, Christopher Fowler, wat onlangs oorlede is. Luister ook saam na ’n argiefonderhoud met geliefde kinderboekskrywer Martie Preller, wat verlede week oorlede is.  

Woensdag 22 Maart

Ontmoet vir Jerzy Koch, die Poolse professor wat so lief is vir Afrikaans. Hy vertel hoe hy Afrikaans ontdek het, en lees ook van die gedigte uit sy nuwe bundel, Polkadraai, voor. Willemien du Preez gesels oor haar outobiografiese roman, ’n Plaas se prys. In ’n onderhoud uit die argief kan jy hoor hoekom wyle Elsabé Steenberg fantasie en boeke as so belangrike deel van kinders se lewe beskou het.

Woensdag 29 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaard oor haar jongste misdaadroman Lokval. Fanie Viljoen vertel meer oor Die lewe se vuil houe, sy nuwe jeugroman. In Johan Myburg se internasionale nuus kan jy uitvind wie is op die Booker International se langlys, en Johan bring ook hulde aan Kenzaburo Oe, die Japanse skrywer wat onlangs oorlede is. Elna van der Merwe gee meer inligting oor die KKNK se gratis boekgesprekke.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 14 Maart

Ons sit die reeks oor voëls voort. Jy kan uitsien na gedigte deur onder meer Tom Gouws, René Bohnen, Boerneef, Totius, Martjie Bosman en Petra Muller. Die voorleser is Jana Kruger.

Dinsdag 21 Maart

Ons die reeks oor voëls voort. In hierdie uitsending val die fokus op roofvoëls, en jy kan uitsien na gedigte deur onder meer Dolf van Niekerk, NP van Wyk Louw, SJ Pretorius en Ernst van Heerden. Die voorleser is Chris van Niekerk.

Dinsdag 28 Maart

In die vierde en laaste aflewering in die reeks oor voëls kan jy uitsien na gedigte deur Antjie Krog, Tom Gouws, Susan Smith en Karel Prinsloo. Die voorleser is Ronèl Geldenhuys.

Boekkeuse

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde:
https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

9 Maart

Resensie: Marlies Taljard resenseer Die jaar toe pa ... deur Hannes Visser

20 Maart

Onderhoud: Joan Hambidge gesels met Jerzy Koch

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Maart verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met E Kotze oor Hulle noem haar Carminda

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Milton Schorr oor A Man of the Road

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marida Fitzpatrick, Penguin Random House se fiksie-redakteur

Resensie: Antonio Cantoni resenseer 3 boeke oor roem: Friends, Lovers, and The Big Terrible Thing deur Matthew Perry, Who I am deur Melanie C, en Britney: The Unauthorized Biography deur Danny White

Resensies: 5 boeke met oorlog as agtergrond

  • Danica Gous resenseer The Zookeeper of Belfast deur S Kirk Walsh
  • Gert Venter resenseer Skilderkrans deur JJ Olivier, en The Warehouse deur Rob Hart, en Ghost Fire deur Wilbur Smith en Tom Harper
  • Marzanne Schoeman resenseer A Thousand Ships deur Natalie Haynes

Resensie: Susan Puren resenseer Spare deur Prins Harry en sy spookskrywer, JR Moehringer

Resensies: Kinderboeke vir die skoolvakansie

  • Marteli Brewis resenseer Die Nagbeer deur Ana de Moraes
  • Phyllis Green resenseer Waag dit! deur Lorna Gutierrez, Die Onderonsie deur Claude Boujon, Wonderfully Made deur Tshwanelo Serumola en Op Pappa se Skouers deur Niki Daly
  • Karien Labuschagne resenseer Hotel Ietermagô deur Dianne Hofmeyr, en Die Groot Kompetisie deur Marieta McGrath

Resensie: Lana du Plessis resenseer Felina Kat Geheime Agent deur Louise Smit

Uittreksel: Ver in die wêreld saamgestel deur Frederik de Jager

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top