Power in the New Testament deur Pieter GR de Villiers en Annette Merz (redakteurs): ’n resensie

“Hierdie boek lewer belangrike nuwe bydraes oor hoe die diskoers van mag in die Nuwe Testament gefunksioneer het. Die inleidende en oorsigtelike studies, sowel as die spesifieke gevallestudies, toon duidelik die kompleksiteit van magsdiskoers, en hoe mag op intersosiale en intragodsdienstige vlakke gewerk het.”