Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Julie
Boeke: Vierkleur, argitek en Parys deel van oudjoernalis se roman
Renée Rautenbach Conradie in gesprek met Elretha Britz oor haar debuutroman
Boeke: Julius skets hede en verlede in Uit die kroes
Lynthia Julius vertel aan AJ Opperman watter dinge "onlosmaaklik" deel van haar en haar kuns is.
3 Julie
Boekenuus: Kyk wie haal kortlys vir Ingrid Jonker-prys
6 Julie
Boekevat: Lofsanger, kannibaal? Lank lewe die lykdigter!
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Resensie: Goeie rubriekskrywer is soos ’n windmeter
Joan Hambidge resenseer Sondesemoer! deur Wilhelm Jordaan
10 Julie
Boekenuus: Chris Karsten skryf krimi spesiaal vir Netwerk24
Nuusberig: Dolf van Niekerk in hoësorg met C-19
13 Julie
Resensie: Menslike toestand onder die soeklig
Michelle Oelofse resenseer Voorspraak deur Hendrik J Botha
Resensie: Reitz se avonture en reise ook "liefdesverhaal" oor sy land
Gert van der Westhuizen resenseer Geen uitspan deur Deneys Reitz
Resensie: Terugblik op moord subtiele mymering
Sonja van der Westhuizen resenseer Saint X deur Alexis Schaitkin
Resensie: Te min gelos vir leser om te verbeel
Francois Bekker resenseer Skadumagte deur Malene Breytenbach
Nuusberig: Hier is die wenner van die Ingrid Jonker-prys
Die digter Saaleha Idrees Bamjee is die wenner van die gesogte Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie.
14 Julie
Boekenuus: Skryf jou kortverhaal vir Woordfees-bundel in!
15 Julie
Nuus: Tuin van Digters uitgestel tot einde November
18 Julie
Profiel: Uitenhage-digter skryf oor pandemie
19 Julie
Nuus: Wenner van die Ingrid Jonker L’Art Poetique-kompetisie
20 Julie
Boekevat: Redes vir die taal waarin skrywers skryf
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé
Resensie: Bundel vra waar elkeen se hartlandskap is
Joan Hambidge resenseer By die dag deur Eunice Basson
21 Julie
Nuus: Van Niekerk (91) terug by die huis
Boeke: Die luisterboek vir Augustus is...
Intekenare kan in Augustus na Spertyd deur Elsa Joubert luister
22 Julie
Boeke: Luister na stemme van die Sestigers op RSG
24 Julie
Boeke: Blindkoop en -ruil van gebruikte boeke wen veld
25 Julie
Profiel: Liedjieboer aan die praat in biografie
Die liedjieboer Anton Goosen vertel ná meer as 40 jaar in die musiekbedryf sy verhaal.
Boeke: Bydraes vir Eugène Marais-huldigingsbundel ingewag
26 Julie
Boeke: Poësiebundel deur vroue oor vroue se ervarings
Samesteller Karen de Wet vertel meer oor die bloemlesing Vers & vrou
27 Julie
Boekevat: Voëls en digters is al lank van eenderse vere
Resensie: Gruwelike misoes en gemors
Jonathan Amid resenseer The Farm deur Max Annas
Resensie: "Betogertoer" 50 jaar later
Resensie: Boeiende verhaal oor soeke na geregtigheid
Francois Bekker resenseer Tweegevreet deur Zirk van den Berg
28 Julie
Nuus: "Grootste satiriese digter in Afrikaans" sterf
In memoriam: MM Walters: Eenkantskrywer en reuse-satirikus
29 Julie
Nuus: Kyk wie is op Booker-langlys
30 Julie
Boeke: Net tydens Groot Griep het Akademie nie pryse uitgedeel
Boeke: Johan Myburg sê virtueel dankie "in dié dae van die binnekamer"
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:
Reza de Wet: Die dramaturg as dromer, Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris (redakteurs)
Skrywersonderhoud: Karen de Wet oor die bloemlesing Vers & vrou
"Storie-idees meld gedurig aan, ek voer hulle nie altyd so getrou uit nie"
"Slimgeit lê in eenvoud" – Wilken Calitz gesels oor sy debuutroman Swart swaan
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
5 Julie
Nuut op die rak: "’n Halfdosyn vir jong feitevrate"
- Wetenskaap deur Leon de Villiers
- Susan Martineau se Regte-egte raaisels en Regte-egte rampe
- Fanie Viljoen se aktiwiteitsboek Doendinge vir elke dag van die jaar
- Dinosourium deur Lily Murray
- Gloudine Kellerman en Jonelle du Toit se Eisteddfod-pret 2: Nóg gedigte, monoloë en samesprake vir die laerskool
12 Julie
Resensie: Joan Hambidge resenseer Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis
Resensie: Martin Laubscher resenseer Sushi with Hitler deur Joe Kitchen
Nuut op die rak: "Berigte uit die binneland"
- Anton Goosen: Liedjieboer deur Hanlie Retief
- Kerk oor die muur of oor die rubicon?: Oor geloof, onreg en ’n hofsaak deur Frits Gaum
- John Laband se The Land Wars: The Dispossession of the Khoisan and AmaXhosa in the Cape Colony
- Natasha M Freeman se #ImStaying: Good thoughts, good words, good deeds – The unspoken impact of the #ImStaying movement
- Die vyfde mevrou Brink deur Karina M Szczurek en vertaal deur Erika Viljoen
Nuut op die rak: "Jeugromans met murg in die pype"
- Zelda Bezuidenhout se Toe ons oneindig was
- Fanie Viljoen se Donker web
- Melkweg deur Bart Moeyaert (en vertaal deur Zandra Bezuidenhout)
- Die lewe volgens Wim Vermaak deur William Oosthuizen
- Die vlerke van naaldekokers deur Cecilia Steyn
19 Julie
Resensie: Jonathan Amid resenseer ’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen
Binnekort op die rak: "Drie vroue skryf tesame"
- Voëlvrou deur Marlize Hobbs
- Diep spoor deur Jeanette Stals
- Eunice Basson se tweede digbundel, By die dag
Nuusbrok: Wen groot met jou kortverhaal (Woordfees-kortverhaalbundel)
26 Julie
Resensie: Hein Viljoen resenseer Bientang deur Jolyn Phillips
Resensie: Jonathan Amid bespreek My naam is Legio deur Madelein Rust
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
9 Julie
Afspraak met moord deur Jana Marx
"Hierdie waremisdaadriller laat die bloed in jou are stol en gee jou hoendervleis oor jou hele liggaam."
Lees die resensie deur Louise Viljoen
14 Julie
Die Bergengel en Die Wonderwese deur Carina Stander
"Die grootste bederf is natuurlik om hierdie uiters begaafde woordsmit se werke, waarin die literêre verskynsel van magiese realisme as kunsvorm sublieme gestalte kry in die leser se verbeelding, eerstehands in suiwer, oorspronklike Afrikaans te mag lees."
Lees die resensie deur Louise Viljoen
23 Julie
Die antie met die pienk rok deur Jan Spies
Jan Spies op sy beste!
Lees die resensie deur Louise Viljoen
Met die Vierkleur in Parys
Renée Rautenbach Conradie se debuutroman, "Met die Vierkleur in Parys", is ʼn histories getroue roman wat nie net in Parys afspeel nie, maar ook rekening hou met die gebeure in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), weliswaar uit ʼn Franse perspektief
Lees die resensie deur Johan Myburg
28 Julie
’n Museum vol dinosourusse
Hierdie reusehardebandboek is tjokkenblok vol wonderlike, kleurvolle illustrasies en sal dinosourus-entoesiaste, jonk én oud, se harte steel.
Lees die resensie deur Louise Viljoen
Klyntji
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:
Michelle Oelofse resenseer Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyat
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 1 Julie
Die skrywer, dramaturg en digter NP Van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede, en ons bring hulde aan die enigste skrywer wat vyf maal met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan luister na uittreksels uit twee stemopnames waarin hy oor sy werk praat, onder andere met sy broer, WEG Louw. Willie Burger gesels ook oor Louw se nalatenskap. Johan Myburg vertel meer van twee kinderboekhelde se verjaardae, en het nuus oor twee nuwe romans van Ali Smith en Elif Shafak.
Woensdag 8 Julie
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor drie interessante biografiese boeke. Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie oor haar nuwe roman, Somtotaal. In Johan Myburg se insetsel kan jy meer hoor van die jongste polemiek met die Bookerprys, en jy kan luister na ’n uittreksel oor die lewe van die Spaanse skrywer, Carlos Ruiz Savon.
Woensdag 15 Julie
Ses dekades nadat die Sestigers Afrikaanse letterkunde in ’n nuwe rigting gestuur het, is hulle werk en nalatenskap nog net so belangrik. In die eerste episode van ’n mini-reeks oor die sleutelfigure van hierdie beweging, kan jy luister na ’n argiefgesprek met André P Brink. Ilse Salzwedel gesels ook met Willie Burger oor Brink se nalatenskap.
Woensdag 22 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Deborah Steinmair oor haar nuwe boek (As jy van moord droom). Phyllis Green vertel meer oor drie jeugromans vir seuns. In Johan Myburg se insetsel is daar klankgrepe van gesprekke met die Amerikaanse digter Linton Kwesi Johnson en die misdaadskrywer wat beskryf is as die koningin van misdaad, PD James. Sy sou vanjaar 100 jaar oud gewees het.
Woensdag 29 Julie
Luister na nog ’n gesprek uit die argiewe met ’n Sestiger. Hierdie keer is dit die veelsydige en baie interessante Chris Barnard wat gesels oor sy lewe en werk. Willie Burger gee ook ’n oorsig oor Barnard se letterkundige bydrae tot Afrikaans.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 7 Julie
Pieter van Zyl lees gedigte voor uit die digter en sanger, Gert Vlok Nel, se debuutbundel, om te lewe is onnatuurlik, waarvoor hy in 1995 die Ingrid Jonker-prys ontvang het. Soos Joan Hambidge skryf: "Gert Vlok Nel het met een digbundel kultusstatus bereik." Dis 25 jaar later, maar steeds is die tydlose gedigte daarin aangrypend.
Dinsdag 14 Julie
Joanie Combrink lees gedigte oor die winter deur van ons land se mees deurwinterde digters. Jy kan uitsien na gedigte deur Petra Müller, Wilma Stockenström, Marlise Joubert, George Weideman, NP van Wyk Louw, Sheila Cussons en Elisabeth Eybers.
Dinsdag 21 Julie
Luister na gedigte uit TT Cloete se tiende digbundel van 2014, Karnaval en Lent. Dit is ’n tydlose bundel wat vrae vra oor die aard van die mens, die aarde en die dood. De Klerk Oelofse lees ’n paar van sy gunsteling-gedigte uit hierdie omvangryke bundel deur sy gunsteling-digter voor.
Dinsdag 28 Julie
Luister na enkele van die mooiste toonsettings in Afrikaans. Jy kan uitsien na gedigte deur C Louis Leipoldt, Ingrid Jonker, NP van Wyk Louw, Adam Small, WL van der Merwe, Antjie Krog, Koos du Plessis en Petra Müller. Die uitvoerende kunstenaars is Gert Vlok Nel, Laurika Rauch, Leon Gropp en Anna Davel, Tygerberg Kinderkoor, Inge Beckmann, Dean Balie, Laurinda Hofmeyr, Koos du Plessis en Lize Beekman.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
In Julie het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
- Vers en vrou saamgestel deur Karen de Wet
- Die heimlike heiligdom deur Jacobus van der Riet
- Pleks van plaas deur Jerzy Koch
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
6 Julie
Joanette van der Merwe resenseer Uit die kroes deur Lynthia Julius
13 Julie
Alwyn Roux gesels met Gisela en Tony Ullyatt oor hulle vertaalwerk