Skrywersonderhoud: Karen de Wet oor die bloemlesing Vers & vrou

“Ai, die poësie. Mens kan jou op die klassieke uitsprake verlaat, of op die verskeidenheid insigte in kunsteoretiese gedigte, mens kan die debat betree oor kuns ter wille van die kuns en kuns in diens van stryd, maar op die ou end is dit die persoonlike ervaring van ’n leser in wie se brein ’n ster verskiet, in wie se hart ’n splinter steek, deur wie se oë ’n heelal breek. Dit is wat die poësie doen.”