Pasgelaai

Die goeie nuus van grondhervorming

Gerrit Rautenbach Seminare en essays 2023-08-24

"PALS laat jou op ’n nuwe manier oor grondhervorming dink – grondhervorming wat ekonomiese groei, werkskepping, voedselsekerheid en sosiale harmonie bevorder. Dis eenvoudig die regte ding om te doen."

kykNET Silwerskermfees 2023: ’n onderhoud oor Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Naomi Meyer, Annie Klopper kykNET Portaal 2023-08-24

"Destyds toe ek die idee vir die storie gekry het – en dis nou al ’n paar jaar gelede – het ek dit voor my geestesoog as ’n fliek gesien afspeel. Maar in daardie stadium het ek nog geen benul van draaiboekskryf gehad nie en besluit toe om dit as roman te skryf, want dit was eenvoudig makliker."

Fariseër

Karin Walker Poësie 2023-08-24

"wat sou dit baat
’n vinnige gebed
by die aanskoue
van sy lyk"

Ons was al in Suidwes

Willem de Swyger Poësie 2023-08-24

"toe breyten vêr van ons
930 myl suidoos
in die stad van goud
in die stad van bloed
en van uitbuiting
sy goue ode geskryf het"

Moeder van Kileen

Melt Botes Fiksie 2023-08-24

"Bokant haar troon Jupiter bo die horison uit en vul die ganse ruimte. Die alomteenwoordige matriarg. ’n Gerusstellende teenwoordigheid, die wakende moeder. Maar vandag is iets anders. Nee, iets is verkeerd. Probeer Jupiter haar aanspreek, haar waarsku?"

Wishes beyond glory

Joseph Koetsier New writing 2023-08-24

"I wish you the open heart that brings the truth and love to all mankind,
beyond any political blocks and false leagues.
Only the free flow of borderless wisdom!"

LitNet’s Kommadagga workshop with the Jakes Gerwel Foundation and Huisgenoot: an interview with Thabiso Mahlape

Naomi Meyer, Thabiso Mahlape Slypskole 2023-08-24

"So many stories have already been told; some may be the same as what you want to tell, but how well a writer manages to make it new is important to me. And then the first paragraph: this is where an author ought to show off their writing."

Nuut by Lux Verbi: ’n Lewe deur Christina Landman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-24

Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as onstuitbaar beskryf, iemand wat selfs ’n klip kan kwaadmaak. Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat dankbaar is vir die kanse wat sy in die akademie en kerk gekry het. Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.

 

Nuut by Jonathan Ball: Onkant! deur Hendrik Hancke

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-24

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en ’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke

Naomi Meyer, Izak de Vries, Albert de Vos Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-08-24

"Hennie Aucamp is vir my nie net ’n uitstekende skrywer nie, maar ook ’n filosoof. Sy kortverhale is baie meer as blote fiksie; dit is studies van die menslike psige ook."

Between war and reconciliation, an engagement with Ukraine through film, a war diary and poetry

Joseph Koetsier Books and writers 2023-08-24

"The downing of Malaysian Air flight MH17 on 17 July 2014, which took the lives of 283 passengers and 15 crew members, started a trail of discoveries through eastern European poetry."

Still beating: reflecting on heart attacks and writing in the City of Gold

Mike Boyd Books and writers 2023-08-23

"I listen to Johannesburg move around me, and I wonder how she is still able to act like nothing is wrong. When that is all I can see. Why she is not angry. I’m tired of being angry."

Nuut by Naledi: Oorwegings voor gesigseinder deur Kobus Krüger

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-23

Hierdie boek proklameer nie, voer geen propaganda-oorlog nie, maar tree in kort meditasiestukkies in gesprek met sy lesers, saam in gesprek met uitnemende mistieke denkers van die menslike verlede as een geheel, hier veral met Theravada Boeddhisme. Ons is pelgrims, as een lotsgemeenskap op weg na, en hopelik verlig terug van, ’n laaste, stil horison, met die moontlikheid van ’n lewe tot voordeel van alle lewe.

Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (Deel 1)

Estelle Kruger Lesersindrukke 2023-08-23

"Die verteller neem die leser op ’n sensitiewe wyse op ’n reis van intense belewing om empatie te kry met die pynlike emosionele ervarings van hierdie verskynsel van genderdisforie."

ChatGPT: Friend and foe in the geography subject didactics classroom? Implications for practice

Christina Johanna (Christa) van Staden Academic research 2023-08-23

"Almost immediately, reports showed that the chatbot’s answers were good enough to pass a variety of postgraduate examinations, with the result that lecturers were worried that the chatbot could have a negative impact on academic integrity."

ChatGPT: Vriend en vyand in die Geografie-vakdidaktiek-klaskamer? Implikasies vir die praktyk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-23

"Alhoewel die groei buitengewoon is, het ChatGPT se kuberbrein die aandag van akademici wêreldwyd getrek omdat dit geleenthede vir akademiese oneerlikheid kan skep."

Omkoopbaarheid en ons demokrasie, ’n lesersindruk van Our poisoned land deur Jacques Pauw

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-08-23

"Hoe koalisies in die nasionale lekgotla gaan uitspeel in die toekoms, is ’n saak waaroor ’n mens nog maar slegs kan bespiegel op die stadium, maar indien die munisipaliteite enige aanduiding is, dan moet ons onsself dalk gereedmaak vir onstuimige vaarwaters."

Oor blou melkskommels en zombies: Izak gesels met René van Zyl

Izak de Vries, René van Zyl Skrywersonderhoude 2023-08-23

"Ek moet byvoeg, my eie dogters het op skool altyd sulke interessante aksie-avontuurverhale van oorsese skrywers gelees. Dit het my frustreer dat hulle nie Afrikaans wil lees nie. Dit het half ’n missie van my geword om iets te skryf wat selfs hulle, met hul kreatiewe verbeelding, sou wou lees. Iets anders."

Die kopskuif om onderwys se toekoms te verseker

Jean Oosthuizen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-08-23

"Daar bestaan ’n dringende behoefte aan vernuwing wat betref nuwe onderwysmetodes en oplossings om onderwys se toekoms te verseker.’n Groep deskundiges en opvoeders het verlede Donderdagaand tydens ’n gesprek wat deur die Vriende van Afrikaans (VVA) en die Afrikaanse Onderwysnetwerk aangebied is, besin oor moontlike kopskuiwe wat nodig is om die noodsaaklike vernuwing binne die onderwysstelsel ’n werklikheid te maak."

New from Umuzi: Mirage by David Ralph Viviers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-08-23

A century-old trunk has been dug up near the railway village of Sterfontein. Inside is the lost journal of Victorian author Elizabeth Tenant – and what appear to be the remains of a child. Michael, a university student recovering from a broken heart, is intrigued by what the journal describes: a scarlet curtain billowing above the desert, covering the entrance to another world. But things become even stranger when a line in the journal seems to be connected to Michael and his cosmologist mother, written a hundred years before their time.

Top