Pasgelaai
Bokomo-brekfisbrief; 09/03/09: Kommunikasiekanale tussen mans en vrouens
2009-03-06 Nou die dag blaas ʼn vriendin van my vreeslik stoom af oor haar man wat so ‘onbedagsaam' is. Ons tweetjies het knus in ʼn elegante koffiehuis ons café au laits geniet. Soos dit ʼn goeie vriendin betaam het ...
Bokomo-brekfisbrief; 08/03/09: Tyre-pizzas
2009-03-06 Almal van ons is nie so bedrewe soos die Cabano's en die Nettie Pikeurs agter die kospotte nie, maar hier is ʼn vinnige oplossing, so reg uit 'n boervrou se bekkie. Die antie, vermoedelik iewers vanuit die diep platteland, het ...
Bokomo-brekfisbrief; 07/03/09: Stateline-hangkaste is nie jou speelmaat nie
2009-03-06 Ek onthou hierdie episode waarvan ek nou skryf nog goed. Ek en Goggie was jonk getroud, seker nie eens ʼn volle jaar nie. Ek kry toe mos werk by die nuwe Sasol in Secunda.Noodgedwonge trek ons tydelik in ʼn "Pre-fab" ...
Bokomo-brekfisbrief; 06/03/09: Vinnige vroue en motors
2009-03-05 'n Broer wat grootkop is by een van Suid-Afrika se vooraanstaande motormaatskappye het sy voordele: Soos om te reël dat jy 'n Chevrolet Lumina SS Ute vir 'n toetsrit mag neem by een van sy handelaars. En by toetsrit ...
Bokomo-brekfisbrief; 05/03/09: Mercedes-Benz W116, vir Oester
2009-03-04 Oester Ek neem aan jy verwys na die W116-reeks? Ek haal my hoed af dat jy hoegenaamd probeer het om die ding se engine uit te haal, wat nog te sê dit sewe maal doen. Kyk, lieflike motors is hulle beslis en soos dit maar is met ...
Bokomo-brekfisbrief; 04/03/09: Die Duseido Rosenmontag
2009-03-03 Rosenmontag lê nou alweer 'n hele week terug, maar ek wil nogtans vertel. Die karnavaloptogte al langs die Ryn af is eintlik 'n Katolieke gebruik, maar baie prettig en lok al wat leef en beef. Dis die dag waarop mens vir ...
Bokomo-brekfisbrief; 03/03/09: Audrey Blignault was nie 'n kerkbasaartannie nie
2009-03-02 Nie so lank gelede nie, was sy twee maal ouer as ek, maar ek is seker ons sou vriende kon wees. Sy was bietjie ouer as my ma wat ook nie ʼn basaartannie was nie. Verlede jaar, terwyl ek by Aardklop was, het ek gehoor sy is oorlede. ...
Bokomo-brekfisbrief; 02/03/09: Rattling your cage
2009-02-27 Diereregte is al beskryf as die laaste van die groot vryheidsbewegings. Die ander vryheidsbewegings was natuurlik die bevryding van slawe en vroue, praktyke soortgelyk gewortel in die idee van eienaarskap en gebruiksreg. Vandag het ons ...
Bokomo-brekfisbrief; 01/03/09: Die laaste woorde oor die geween van plante en diere
2009-02-27 Kyk, liewe vriende, ek wil nou nie te veel aangaan oor die gegil van plante en die gehuil van diere nie. Die bottom line is, ons moet eet. My vraag dus ... eet ek 'n wortel wat in stilte gil? Of 'n lekker skaaptjoppie, waarvan ...
Bokomo-brekfisbrief; 28/02/09: Die gil van die geelwortel, vir Herman Lategan
2009-02-27 Dankie vir jou briefie, Herman. Ek hoor wat jy sê: hoe weet ons dat plante nie ook gil nie? Dalk kan ons hulle net nie hoor nie ...Jy is reg: ons denke is mens-sentries. En om ons eiebelange kring die belange van diere. En om dit ...
LitNet-spens: Van Wyk Louw en die meisies
2009-02-27Dokumentêre drama oor die lewe van NP van Wyk Louw, gebaseer op ’n boek van JC Steyn.
Bokomo-brekfisbrief; 27/02/09: My beste jaar ooit - vir Melt
2009-02-26 Almal van ons dink sekerlik met tye terug aan vergange se dae. So dink ek vandag aan 1968. Destyds het ek nie juis gedink dat dit ʼn besonderse jaar was nie, maar noudat ek terugkyk, was dit tog ʼn wonderlike jaar. Waarom?Omdat ...
Duiwelskloof: geskiedenis, storie en oraliteit
2009-02-26"André P. Brink se Duiwelskloof bied perspektief op die belangrikheid van orale tradisie in die samelewing deur te kyk na die rol wat stories in ’n gemeenskap speel."
’n Hap spookasem met Griessel-omnibus
2009-02-26 Afrikaanse liefdesverhale het met tyd ’n effense metamorfose ondergaan, minder inkennig, meer parmantig en met ’n paar vurige liefdestonele sonder skaamte bygevoeg. Griessel se omnibus is egter kenmerkend van die meer beskeie liefdesverhale wat jy as kind op jou ouma se boekrak kon uitsoek.
Bokomo-brekfisbrief; 26/02/09: Die digter Dementor se duister brief
2009-02-25 Geagte Digter U het onderstaande neergepen: Je ne se quoi paramour vive le fraternite allez France je'taime por mon ami pardon le petit boudoir terroir soucciance non regrette rien ... uuhhm ... voule vous (aha!) ... eerr ... rouge ....
Bokomo-brekfisbrief; 25/02/09: Meerrschaum en bruyère, vir Swys
2009-02-24 Hello, SwysNet éérs ʼn vinnige vragie. Rook jy nóg gereeld pyp? Ekself het mos opgehou rook.Die ontdekking van dié dinge wat die lewe lekker maak, soos byvoorbeeld kaas en wyn, is gewoonlik te danke aan ...
