Tottenham court road

  • 0

Tottenham court road. ek en my gloeiende sigaret-oog/ ek
en my voete wat kners op die sypad en breek
soos knelrooi granate/ ek en die kaleidoskoop-skare
kaats gelate in vertoonkaste/ ek en die borrelende
wyn wat gesellig klets in my are/ ek en die laataand-wind
se nat vingers in my hare/ ek en die ontsnapte rommel
langs vuil asdromme en die woedende motors se geel
blitsende oë en Warren street station se rooi tonnel-
mond wat driftig knip-oog voor/ Net ek,
en ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top