die reën het gister met benerige vingers teen my kamerruit geval
en nat spore soos slaksleepsels het asof wik-en-wegend wik-en-
wegend lang trane teen die glas af laat
val
soos 'n sliert donker hare teen jou voorkop, of die teer
sukkelende spoor van 'n af-dop-slak oor my hart

