Pasgelaai

Fotoblad: Langtafel vol lag en deel – Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

Maryke Roberts Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-01

"Meer as 450 mense het gekuier, gelag, stories gedeel en die wonderlike reënboognasie gevier. En natuurlik was die rugbyuitslae van Saterdagaand ’n goeie tonikum om die gemoedere nog ligter te hou!"

Maalkolk en Breekpunt deur Marie Lotz: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2024-10-01

"Dis gemene saak dat ’n gebrek aan kundigheid tans die SAPD se ondersoek van kriminele sake kniehalter. Die realiteit is dat die uitslae van bloedalkoholtoetse, dwelmontledings, DNS- en vingerafdrukvergelykings, ballistiese toetse, toksikologie, en dies meer maande, en selfs jare kan neem. Dit konfronteer ’n skrywer met ’n dilemma: Sou die werklikheid in die teks nagevolg word, sal daar geen sprake van ’n volgehoue spanningslyn kon wees nie."

Will and Harper – ’n kykersindruk

Hermione le Roux-Ellis Film 2024-09-30

"Jan Alleman ontdek dat Steele eintlik ’n doodnormale mens is soos ons almal. Ek dink wel omdat Farrell is wie hy is, sal die film meer aandag geniet as ander soortgelyke produksies."

Persverklaring: WKOD vat hande met Proscenium en kunstefeeste

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het hande geneem met die Proscenium-dramakompetisie wat vanjaar vir hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 aangebied is. Die departement brei die kompetisie uit met ’n projek wat drama-onderwysers se lewens in die klaskamer maklik en gerieflik sal maak. Gratis opvoerings van die dialoë, met die jong akteurs wat ook in die video’s gaan verskyn, word tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vanaf 30 September tot 2 Oktober by Hoër Meisieskool Bloemhof op die planke gebring. 

Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-09-30

"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: American rhythms deur die Wynlande filharmoniese orkes – ’n resensie

Chantal Grove-le Guillou Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"Die bekende opening van Gershwin se 'Rhapsody in blue' is meestal deur alle solospelers van die orkes netjies en in karakter behartig ... Die diversiteit van Wang se vermoëns is mooi ten toon gestel in hierdie dinamiese werk, waar die pianis ook uitstekend deur die orkes ondersteun is."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-persverklaring: Wenner van vanjaar se kortverhaalkompetisie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

Emile Joubert is as algehele wenner van die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetisie bekroon by die bekendstelling van die bundel in die Eikestad op 28 September. Emile, wat al voorheen in die bundel opgeneem is, wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities vir sy plattelandse droomverhaal "Die berghaan het sy seer laat val".

Die koning se bruid by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n resensie

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Schalk Joubert

Jannike Bergh, Schalk Joubert Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"Die Kaap het ’n baie definitiewe en sterk jazzgeskiedenis, en ek is bly om te sien dat dit aanklank vind by ’n jonger geslag. Ons kan trots wees daarop en moet dit soveel as moontlik ondersteun." 

Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm

Naomi Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

"Hoe moeilik om ’n komedie te laat slaag in ’n land met soveel sensitiwiteite vir mekaar. Hoe vars en eerlik en bitter ongemaklik-snaaks is hierdie kleinverhaal. Mens kan dit ook gaan kyk net ter wille van Mandri Sutherland se hoofrolvertolking."

Persverklaring: Wentzel wag vir Annabel se oproep!

LitNet Musiek 2024-09-30

Wentzel is beslis nie net ’n boer in murg en been nie, maar weet ook hoe om sy aanhangers te bederf met ’n lekker sokkietreffer! Luister sy nuwe enkelsnit hier.

Elders gesien: Laat ons genade hê met mekaar se offers.

Carina Stander Elders gesien 2024-09-29

"Ek het geen veroordeling in my hart vir enige iemand wat die land verlaat nie – na ons gewelddadige inbraak in Kaapstad in 2005 wou ons emigreer."

Koos berei ’n driegangfees

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-09-28

Koos Kombuis lees vandeesmaand oor die kontinente heen. Hy vertel van André le Roux se nuwe digbundel, frons effens oor Matt Haig se nuwe roman en is gefassineer deur Louise Cilliers se Afrikaanse vertalings van Kostis Palamas se Griekse gedigte.

Elders gesien: Naamloos onder die naamloses, en nou ook sonder adres

Hennie van Deventer Elders gesien 2024-09-27

"Die treurige nuus oor die huis herinner aan ander vreemdhede rondom Louw se dood waarvan die ergste sekerlik is die verloop van sake met sy as."

Persverklaring: Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasvind. Ontdek verhale uit die verlede wat ons vandag nog raak: van vroue en kinders, kerkmanne en krygers, kos en kleingeld, kerkmusiek en volksliedjies, familieregisters en -briewe. 

Press release: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 introduces new jazz venue and concert series "Jazz at the Konserve"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

The vibrant rhythms of Cape jazz and the rich heritage of South African jazz will take centre-stage at the new “Jazz at the Konserve” concert series, set to be hosted at the stunning outdoor SU Konservatorium Amphitheatre during the 2024 Woordfees. This exciting new jazz venue will showcase award-winning talents from 2 to 4 October 2024, celebrating both established icons and emerging stars in South African jazz.

Persverklaring: Die Toyota Stellenbosch Woordfees-kunsveiling is nou oop

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

As jy nie by die Woordfees kan uitkom nie, kan jy steeds aanlyn bie of kuns kyk op die jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die fees, in samewerking met Strauss & Co. Werke van gevestigde en opkomende kunstenaars kan van 28 September tot 6 Oktober in die Stellenbosse stadsaal besigtig word. Teresa Lizamore is die kurator en bieërs kan aanlyn vanaf enige ligging bie. Die aanlyn veiling by straussart.co.za duur tot 7 Oktober 14:00.

Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

"Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel."

Press release: AVBOB Poetry Project introduces a new competition category

LitNet Books and writers 2024-09-27

The AVBOB Poetry Project embarks on an inspiring journey with the addition of a brand-new competition theme, "New beginnings". At least one poem entered under this theme in each of South Africa’s 11 official written languages will be selected for publication in the eighth annual AVBOB poetry anthology, which will be published in 2025. Additionally, one commissioned poem per language will be written on this theme.

Persverklaring: Strauss & Co-kunsuitstalling by Oude Leeskamer tydens Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-27

Stellenbosch Toyota Woordfees is om die draai! Strauss & Co sal weer die Oude Leeskamer-ruimtes benut met ’n uitstalling wat hoogtepunte van hul komende eerste regstreekse virtuele veiling sal deel. Die uitstalling sal werke insluit van die opwindende internasionale veiling wat in Kaapstad sal plaasvind op 23 Oktober 2024. Die veiling sluit in, onder andere, gesogte werke deur Pablo Picasso, Auguste Renoir en Marc Chagall.

Top