Pasgelaai

Pasverskyn: Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-30

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

The end of Eden: Wild nature in the age of climate breakdown by Adam Welz: a book review

Laurette de Jager Books and writers 2024-10-30

"Welz is a zoologist, a biologist, a nature conservationist, but perhaps most tellingly – by his own admission – an old-fashioned naturalist. His stories are woven with a sense of wonder for the world he loves, something that sets him apart from other scientists in his field."

Eerste slukkie: Het van Verlangekraal deur Leon van Nierop

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2024-10-30

"Hoe dikwels het sy nie onder die sterrehemel gestaan en haar vergaap aan al die sterre nie. ’n Paar keer het sy ’n ster sien verskiet, dan wens sy sy kan daardie ster wees wat met so ’n blink stert agterna die ewigheid inskiet. Sy het ook al vliegtuie dopgehou wat na verre stede reis. As sy maar net eendag op een van hulle kan wees."

Marlene le Roux (1934–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-30

"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Koos Kombuis gesels oor verlange en verval

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-10-30

In hierdie video gesels Koos Kombuis oor twee boeke wat hom laat kopkrap het. Ian Voges se Beelde en verval neem ons terug na die dae van Eschel Rhoodie. Daar is heelwat partytjies en los meisies by betrokke. Die tweede is PJO Jonker se blitsverkoper, Die onsigbare.

 

Persverklaring: Uitnodiging om Kersgeskenke aan kinders in die Oos-Kaap te skenk

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-30

Aangesien hierdie leerders uit geïsoleerde omgewings kom met beperkte toegang tot die kunste, bring die Jakes Gerwel Stigting, in samewerking met die Suidoosterfees, ook kinderopvoerings na die skole en bied vakansieprogramme aan met woordspeletjies, kospakkies, gesigverf en meer.

Persverklaring: Christia Visser stel opvolg van "Die deur" bekend: "Ek sien jou"

LitNet Musiek 2024-10-30

"Die deur" het met sy vrystelling groot opslae gemaak, maar Christia het nog nie die volle storie vertel nie. Sy vertel nou die res van die storie in haar nuwe enkelsnit, "Ek sien jou". Luister dit nou op die platform van jou keuse.

Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin

Albert de Vos Lesersindrukke 2024-10-29

"Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nie-letterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie."

Persverklaring: Wie weet waar die Willelinge woon?

LitNet Leefstyl 2024-10-29

FilosofieKafee, 1 November 2024, by die ATKV-Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog

LitNet ATKV-Portaal 2024-10-29

Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.

In memoriam: Mellet Moll

Marlies Taljard In memoriam 2024-10-29

"Sy woordeskat het my dikwels beïndruk – hy het nooit ophou studeer nie en was tot die dag van sy dood nog besig met navorsing."

Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024) 

LitNet In memoriam 2024-10-29

Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.

The island returns to New Brighton

Izak de Vries Lifestyle and entertainment 2024-10-29

"Antigone’s speech is always a sad moment, and King Creon’s cruelty a stark reminder that rulers need to have limits to their powers."

Beeld 50, saamgestel deur Erika de Beer: ’n bespreking van ’n koerant as kaleidoskoop oor 50 jaar

Lizette Rabe Boeke en skrywers 2024-10-29

"Beeld 50 is ’n blik op die ágterkant van daardie fassinerende tapisserie van die lewe wat ses dae van die week, blad vir blad, van die voorblad tot die sportblad, geweef is. Daar waar die knope, letterlik en figuurlik – gemaak word om uiteindelik die koerant van die dag te vorm. Vandag: Of dit knope is vir ’n gedrukte koerant of ’n digitale koerant."

Winnie Rust, ’n huldeblyk

Amanda Swart Boeke en skrywers 2024-10-29

"Na die eretoekenning wat Hugenote Hoërskool in Wellington op 11 Oktober 2024 postuum aan Winnie Rust, oudleerling van die skool, gemaak het, het dit ons gedagtes ver terug geneem na dae van intellektuele gesprekke, kuiers aan huis en Winnie wat met empatie na die hele dorp, en veral die dorp se vroue, omgesien het."

Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-29

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.

Persverklaring – Kunsuitstalling: ’n Versameling afgediende muses open 6 November 2024 in Pretoria

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-10-28

Die amptelike opening van ’n Versameling afgediende muses, ’n kunsuitstalling met werke deur Bastiaan van Stenis en Ruhan Janse van Vuuren en saamgestel deur Jan van der Merwe, vind plaas op Woensdag 6 November 2024 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.

Romantiese en erotiese fiksie in Afrikaans: variasies op ’n wenresep?

Liné Loff, Andrew Sutton Onderhoude 2024-10-28

"Die genre-en-leser-verhouding is simbioties. Ek dink die genre verander om by te bly met hoe lesers verander, maar ook dat die lesers se opvattings verander aan die hand van wat hulle lees."

Persverklaring: Saturnus verhelder Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-10-28

Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag 2 November 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Invitation: Book launch of I will not be silenced by Karyn Maughan | 13 November, Cape Town

LitNet Books and writers 2024-10-28

Adriaan Basson will be in conversation with Karyn Maughan for the book launch of I will not be silenced on Wednesday, 13 November at 18:00 at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.

Top