Pasgelaai

Nuut by Human & Rousseau: Die keiser se duim deur Chris Karsten

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

New from Tafelberg: The corporate revolutionary: Mervyn King’s life in law, business and governance by David Williams

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Mervyn King has transformed the global business landscape. King advocated reporting on society and the environment, not only on profit. His legacy transcends borders and continues to guide companies worldwid. David Williams recounts his story.

Nuut by Tafelberg: Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Die topverkoperskrywer TJ Strydom vertel die boeiende verhaal van ’n klompie entrepreneurs wat daarin slaag om ’n netwerk van mikrolenerye in ’n uitdagerbank te omskep. Eers neem die ou grotes in die bankwese die Stellenbosse snuiter nie ernstig op nie, maar hulle weet nie wat hulle tref toe dié nuwe finansiële instelling momentum kry en hul kliënte op groot skaal afrokkel nie. Met meer as 20 miljoen kliënte word Capitec die nuwe Suid-Afrika se grootste suksesverhaal. 

Nuut by Blitso Publishers: Wiskundewoordeboek vir skole (tweede uitgawe) deur Willie de Klerk en Anelize van Biljon

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Die Wiskundewoordeboek vir skole is tweetalig en verklarend in Afrikaans na Engels en Engels na Afrikaans. Die boek bied verduidelikings van terme in albei tale; sketse om verduidelikings toe te lig; en meer as 750 definisies oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe.

Elders gesien: RIV, Danie Odendaal

Annelize van der Ryst Elders gesien 2024-10-31

"RIV, Danie Odendaal, briljante skepper van 7de laan en vriend."

Madibaland @ Bookbedonnerd Literary Festival 2024: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Books and writers 2024-10-31

"Book Town Richmond is like the Cheers bar in Boston. It's a place where everybody knows your name."

A personal letter about Madibaland @ Bookbedonnerd Literary Festival 2024: Kia ora, Karoosters

Darryl David Books and writers 2024-10-31

"By visiting New Zealand, I realised that despite all the challenges we face in South Africa, Book Town Richmond is a shining light among Book Towns of the world. And I feel ashamed that I even contemplated closing the book on possibly the greatest fairytale in the history of book culture in South Africa."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Kaapstad, 16 November

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-31

Die Bergengel gaan op reis. Kom vier die einde van die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n oggend van stories, musiek en Gabriëllië-geïnspireerde eetgoed. Carina gaan met Jonathan Amid in gesprek wees en al vier boeke in die reeks en ’n aantal inksketse wat op die boeke gebaseer is, sal te koop wees.

Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange

Naomi Meyer, Amanda de Lange Onderhoude 2024-10-31

"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."

Persverklaring: Digtersweek 2024 – kom leer by die meesters om te dig

LitNet Slypskole 2024-10-31

Digtersweek 2024 bevat ’n paneel bekroonde digters en bied vir elke voornemende en ontluikende digter die ideale geleentheid om hul vaardighede te slyp en hul kennis uit te bou. Die paneel bestaan uit bekroonde digters soos Johan Myburg, Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais.

Meneer, mevrou, dominee, professor, doktor of eredoktor?

Jean Oosthuizen Universiteitseminaar | University Seminar 2024-10-31

"In die Suid-Afrikaanse media is daar geen duidelikheid oor die gebruik van eretitels nie. So word daar byvoorbeeld in mediaberigte (asook op die US se webwerf) na die voorsitter van die US-raad as dr Newton-King verwys terwyl daar nêrens enige aanduiding is dat sy enige doktorale kwalifikasies het nie."

Hans du Plessis, ’n huldeblyk

Mercia Coetzee In memoriam 2024-10-31

"Oom Hans se humor is so natuurlik deel van elke gesprek dat dit net ’n plesier was om na hom te luister. In hulle kamer in die hotel het hy ’n bottel wyn uitgehaal en kon ek op die hoek van die bed sit en na hom en tannie Magdaleen se stories luister."

Ma se offer

Hendie Grobbelaar Fiksiekompetisies 2024-10-31

"... om my net te herinner dat ek ’n lewe, ouers en ’n huis gedeel het met haar. Maar ek en Sanna was op twee paaie, in twee wêrelde."

Visserman

Zebulon Kochk Poësie 2024-10-31

"Jy was uit op die waters
op soek na ’n ligtoring"

Pablo Picasso: Guernica

Martli Slabber Poësie 2024-10-31

"Maria wat haar lot bekla
Vooruitblik op die Pietà
Slap hang die baba oor haar skoot
Die Vredevors, messias, dood."

Verplaas

Jeanne Henning Els Poësie 2024-10-31

"ek by
Huis Môreson
jou goedjies uitpak, 
dit bêre in
’n kassie
langs ’n enkelbed"

Eerste vryvalsprong

Heinrich Matthee Poësie 2024-10-31

"Die dag knal oop in blou en rooi
wanneer die skerm boontoe bol;
ek wenteldans die hemel in
en sirkel in ’n aardse tol."

Are doctors opposing the NHI fat cats or problem solvers?

Freek Robinson, Simon Strachan Interviews 2024-10-30

Simon Strachan calls himself "an advocate for the most vulnerable little people in our society" and says he is "passionate about the access to quality care for everyone". But if this is true, why, then, does he, like many other doctors, oppose the government’s National Health Insurance (NHI) scheme when the politicians say it is a "strategy to achieve universal health coverage"?

 

Vonnisbespreking: ’n Dekselse deksellose mangat kom ’n plaaslike owerheid duur te staan

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2024-10-30

"Die agteruitgang van die infrastruktuur in selfs die grootste metropolitaanse gebiede hou beduidende gevaar in vir iemand wat voetslaan, byvoorbeeld om bloot oor ’n sypaadjie te loop, oor plaveistene by ’n winkel te stap om inkopies te gaan doen, of selfs te gaan draf."

Het van Verlangekraal: ’n onderhoud met Leon van Nierop

Naomi Meyer, Leon van Nierop Skrywersonderhoude 2024-10-30

"Met elke reïnkarnasie het ek net meer respek vir Het gekry en wou ek haar verhaal volledig vertel en reg aan haar as volledige, geskakeerde mens laat geskied. Sy was in die oorspronklike roman grootliks net ’n 'probleemkind'. In my verwerking hoop ek dat mense haar beter sal verstaan en haar selfs as ’n onwaarskynlike heldin, selfs ’n soort rolmodel, sal sien om te wys niks is onmoontlik as jou hart op die regte plek sit nie. Maar hulle moes haar tragedie verstaan."

Top