KKNK 2025: In gesprek met Carel Nel oor ’n Begin

  • 0

Erkenning: https://www.kknk.co.za/

Yolanda du Toit praat met Carel Nel oor sy rol in ’n Begin, vanjaar by die KKNK.

Carel, jy vertolk die manlike hoofrol in ’n Begin. Wie is jou karakter in die toneelstuk?

My karakter se naam is Daniël. Hy is ’n 42-jarige, geskeide man met ’n sewejarige dogtertjie. Hy bevind hom by ’n partytjie van ’n vriend se vroulike kliënt se housewarming. Teen die einde van die aand ontmoet hul mekaar en daar is so ietwat spanning tussen hulle. Daniël is ’n doodnormale man met ’n geskiedenis, een wat al geleef het en nou probeer om homself te navigate om moontlik liefde te vind.

Hoe is die ervaring (en hoe is dit anders) om teenoor jou eggenoot te speel?

Dit is baie lekker om teenoor my vrou te speel. Ons het ’n tipe van shorthand en wat ons dynamic lekker maak, is ons ken mekaar al vir baie lank en kan reguit praat en vinniger by oplossings kom en idees kry.

..........
Dit is baie lekker om teenoor my vrou te speel. Ons het ’n tipe van shorthand en wat ons dynamic lekker maak, is ons ken mekaar al vir baie lank en kan reguit praat en vinniger by oplossings kom en idees kry.
............

Ons hoef nie doekies om te draai nie soos met ’n akteur wat jy nie ken nie, waar daar ’n ontmoetingsfase is en jy nog probeer uitfigure hoe om met mekaar te kommunikeer. Dis baie makliker en vinniger.

Sou dit te persoonlik wees om te laat blyk dat jy jou vroulike hoofrolspeler baie goed ken?

Ons is al 14 jaar saam en ses jaar getroud. Dit is ’n eer om saam met haar te kan werk. Sy is ’n ongelooflike aktrise en dis so lekker om op die verhoog te staan en te sien hoe sy haar talent vir die wêreld wys. Dis ’n voorreg om saam met haar te speel en om ons werk saam te beoefen.

............
Dit is ’n eer om saam met haar te kan werk. Sy is ’n ongelooflike aktrise en dis so lekker om op die verhoog te staan en te sien hoe sy haar talent vir die wêreld wys. Dis ’n voorreg om saam met haar te speel en om ons werk saam te beoefen.
...............

Het julle al vantevore saamgespeel?

Ja, ons het in twee films en ’n paar teaterstukke gespeel. Ons het saamgewerk en dit is hoe ons liefde en verhouding begin het in 2011 tydens Dream brother.

’n Begin kan na baie verwys – waaroor handel ’n “begin” in dié geval?

In dié geval verwys ’n Begin na die moontlikheid van iets in terme van liefde en ’n begin vir mense. ’n Begin vir my persoonlik handel oor ’n studie van eensaamheid en hoe om liefde te vind in jou laat dertigs/vroeë veertigs tussen dating apps en sosiale media en hoe om eerlik ’n konneksie met iemand te vorm. Om boodskappe op dating apps en WhatsApps te stuur, is anders as om iemand in die oë te kyk en ’n gesprek te voer. Dit is ’n studie van menslikheid en hoe om liefde te vind in ’n moderne era.

Wat is die hoogtepunt vir jou in die stuk? Enige laagtepunt of dele wat jy moeiliker ervaar?

Daar is geen laagtepunte nie, maar dit is ’n baie uitdagende stuk vir net my en Cintaine om vir 82 minute lank te praat – geen scene changes of af kanse nie, slegs konsentrasie. Die uitdaging is lekker, veral die begin en die dialoog, want ek is senuweeagtig om dit reg te doen. Alles en alles is dit ’n heerlike ervaring saam met haar.

Is dit makliker/moeiliker om in ’n toneelstuk met so ’n klein rolverdeling te speel en dit in te kleur?

Ek sal nie sê dis moeiliker nie, maar wel ’n uitdaging om in ’n toneelstuk met slegs twee mense te speel. Wat ons wou doen, is dat dit amper voyeuristies is vir die gehoor, maar nie op ’n weird manier nie. Dit moet voel asof jy deur iemand se venster kyk en jy sien die aand afspeel. Dit was die uitdaging vir ons om die gehoor so te laat voel.

...........
Wat ons wou doen, is dat dit amper voyeuristies is vir die gehoor, maar nie op ’n weird manier nie. Dit moet voel asof jy deur iemand se venster kyk en jy sien die aand afspeel. Dit was die uitdaging vir ons om die gehoor so te laat voel.
...............

Ons moes die spel en spraak en wat ons doen so natuurlik moontlik probeer maak sodat ’n gehoor kan voel hul kyk regtig in iemand se sitkamer in. Tinarie het ons so goed direct; haar regie was spot on om dit so te laat voel. Ek hoop van harte dat dit die ervaring is wat die gehoor sal voel.

Hoe maklik gaan die gehoor met die stuk kan identifiseer?

Die gehoor kan uitsien na lekker lag. Ek dink die stuk is baie komies, maar ook teer, eg en eerlik en ’n klein bietjie sad. Dié twee mense het al gelewe en hulle soek ook net wat almal soek: om tuis te voel by iemand, saam met iemand te wees en te voel jy is goed genoeg.

*

’n Begin

Met: Cintaine Schutte en Carel Nel

Teks: David Eldridge

Regie en stelontwerp: Tinarie van Wyk Loots

Vertaling: Nico Scheepers

Oorspronklike titel: Beginning

Beligtingsontwerp en verhoogbestuurder: Lize-Marie Wait

Vervaardiger: Cintaine Schutte

Laerskool Van Reedesaal (Hoogstraat)

4 April 2025, 09:30

5 April 2025, 18:00

6 April 2025, 13:00

Lees ook:

kykNET Silwerskermfees-onderhoud: Gaia dalk dié kultusfilm van Suid-Afrika?

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Begin – ’n Instagram-resensie

Lafras Verwey: Deur die wêreld getreiter

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Cintaine Schutte oor ’n Begin

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top