Nuut by Naledi: Pater meus deur Mario Relandini, vertaal deur Rina Cascione

  • 0

“Verrassende boek van Mario Relandini. Pater meus is ’n vertelling wat deur kritici as roerend en histories interessant beskryf is … Liefde, aanbidding en respek. Dit alles is Pater meus… Bombardemente en die SS, gelyktydig vreesaanjaend en fassinerend soos deur ’n kind gesien.” (Abitare a Roma, 2007)

Mario Relandini is ’n talentvolle en  hoog aangeskrewe joernalis in Rome. Hy het ’n daaglikse blog met politieke kommentaar oor Italië bedryf, wat later neerslag gevind het in sy boek Fatti e misfatti, pupi e cavalieri (dade en wandade, poppe en ridders) (2009).
Sy naam is in die ensiklopedie vir skrywers in Italië opgeneem en sy talle gedigte en waarheidsvertellings het ook in veelvuldige antologieë in Italië verskyn. Hy het gedurende sy lewe meer as honderd toekennings nasionaal en internasionaal ontvang.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top