Nuut by Naledi: Die langverwagte deur Erwin Mortier, vertaal deur Fanie Olivier

  • 0

Die langverwagte is ’n tweeluik en bestaan uit die vertaling van twee romans van Erwin Mortier: Marcel (1999) en De onbevlekte (2020). Die romans werk met dieselfde gegewe, maar word uit twee verskillende perspektiewe vertel.

Die perspektief in die eerste teks is dié van ’n negejarige seun, Marcel, terwyl sy ouma, Andrea, die stem in die tweede roman word. Dit is die eerste keer dat die twee romans so as een publikasie uitgegee word.

Die romans het as agtergrond die Tweede Wêreldoorlog en die spanning in België, waar sekere groeperinge Vlaminge hulle met Nazi-Duitsland geassosieer het, met die oog op die onafhanklikheid van Vlaandere.

Iets soortgelyks, maar op ’n kleiner skaal, het in Suid-Afrika gebeur rondom Die Rebellie in 1914 en die Ossewabrandwag net voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Erwin Mortier (1965) is een van die belangrikste eietydse Vlaamse skrywers en het reeds 9 romans, ’n bundel kortverhale en 5 bundels poësie gepubliseer. Daar het ook ’n aantal nie-fiksie werke deur hom verskyn. Hy het reeds verskeie groot literêre toekennings ontvang, onder andere die Gerard Walschapprys en die Goue Ezelsoor vir Marcel, sy debuut.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top