Pasgelaai

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Geagte president Ramaphosa

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-07-11

"Waarde President, as u hierdie drie voorstelle in oënskou neem, sal u merk dat al drie voorstelle dit wat my generasie as belemmering op ons deelname aan en vooruitgang in ons land ervaar, uit die weg sal ruim en dit terselfdertyd vir ons moontlik sal maak om die informele samewerking oor grense heen wat soveel van ons reeds beoefen, te formaliseer sodat die ekonomie en die onderwys kan floreer."

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-11

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n resensie

Marlies Taljard Resensies 2024-07-10

"Hoewel daar in die bundel ’n handvol goeie gedigte voorkom wat deeglik afgewerk en deurdink is, het die geheel by my die indruk van oordaad gelaat."

Links en regs: Hoe lyk die huidige globale politieke toneel?

Freek Robinson, Isabel Bosman Onderhoude 2024-07-10

Brittanje en Frankryk het in die onlangse verkiesings na links geswaai, en in die VSA kan die regse kandidaat Donald Trump moontlik weer tot president verkies word. Waar pas Suid-Afrika, ander Afrikalande en ander lande in die Europese Unie in hierdie prentjie? Freek Robinson gesels met Isabel Bosman, ’n navorser by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede (SAIIA).

Luisterverhale: "Om laaste te kan lag" deur Chris Barnard, voorgelees deur Marcel van Heerden

Chris Barnard, Marcel van Heerden Luisterverhale 2024-07-10

Marcel van Heerden lees Chris Barnard se verhaal "Om laaste te kan lag" voor. Die verhaal het oorspronklik in Chriskras: ’n tweede keur, in 1976 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.

Graad 10: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-10

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: O, Griet! Sy’s droog | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: O, Griet! Sy’s droog

LitNet kykNET Portaal 2024-07-10

Zandélle Meyer en Anje Barkhuizen, die regisseurs, gesels oor die kunswerke wat die karakters geïnspireer het, en die emosie wat kuns kan ontlok. | Zandélle Meyer and Anje Barkhuizen, the directors, talk about the artworks that inspired the characters, and how art can stir emotions.

Press release: AVBOB Poetry | A gift that can’t be quantified

LitNet Books and writers 2024-07-10

As South Africans prepare to celebrate Mandela Day on 18 July, the AVBOB Poetry Project is acknowledging Nkateka Masinga, a Mandela Washington Fellow and an award-winning writer, poet and scholar whose original voice pays tribute to the leaders and storytellers who came before her.

Uitnodiging | Boekbekendstelling van Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais | 13 Julie, Stellenbosch Biblioteek

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-10

Ek en jy bestaan nie: Kom kuier saam by die bekendstelling van Danie Marais se nuwe digbundel. Bibi Slippers sal met hom gesels. | Tyd en plek: Saterdag 13 Julie om 11:00 by die Stellenbosch Biblioteek

Persverklaring: Boektoer | Die geskenk deur Riette Rust

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-10

Riette sal op die volgende plekke oor haar boek gesels: Wellington, Tygervallei, Kaapstad, Somerset-wes, Garsfontein, Zambezi en Lynnwood. Ook op Netwerk24! Let wel: Die Wellington-bekendstelling word uitgestel na Woensdag 17, Julie as gevolg van die slegte weer in die Wes-Kaap.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2024

LitNet PEN Afrikaans 2024-07-09

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

A love letter to Long Street: A reader’s impression

David Willers Books and writers 2024-07-09

"Meintjes devotedly nurses his grape and malt, the pool table and his favourite bars, while around him the grand spectacle of life unfolds, and the stoicism of Long Street is revealed on a nightly basis."

Persverklaring: Een keer om die son ‒ Familiebande op én van die skerm

LitNet kykNET Portaal 2024-07-09

In vanaand se episode, episode 3 van die reeks van 12 episodes, is dit Maartmaand en word Markus (Liam Bosman) se 18de verjaardag gevier en Ruan (Jacques Bessenger) gaan terug werk toe. Amé (Donnalee Roberts) krap in Lani (Jana Kruger) se verlede en besef Joshua (Ludwig Binge) steek vir haar iets weg. Lani en Markus se ouers, Elma (Joanie Combrink) en Sebastian (Albert Maritz), se huwelik is steeds in die weegskaal al weet Sebastian glad nie hoekom nie. 

Incoming UK Labour government raises the stakes – and choices – for its long-time ANC friend

David Willers Opinion 2024-07-09

"With Lammy’s help, Sir Keir could wean Pretoria off its corrosive dependency relationship with Vladimir Putin. The Labour Party’s win could have very positive implications for the new Government of National Unity in South Africa."

Nuut by Lapa: Vuil Ferdie: Modder! vertaal deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-07-09

In hierdie boek beleef Ferdie ook drie skreeusnaakse avonture. Hy moet koes en keer wanneer hy die sokkerspan se nuwe doelwagter is; hy moet skoon bly vir die skoolfotograaf en hy het ’n baie spookagtige belewenis wanneer hy by maats oorslaap!

Nuut by Lapa: Vuil Ferdie: Tande! vertaal deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-07-09

Lees saam aan hierdie splinternuwe verhaal van Vuil Ferdie. In die drie stories van die boek moet Ferdie ’n onbeplande uitstappie na die tandarts neem; probeer hy koel bly op een van die warmste dae van die jaar en veroorsaak Ferdie per ongeluk ’n noodgeval terwyl hy saam met sy paniebevange pa vlieg!

Nuut by Lapa: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-07-09

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe se lewe is so vars soos verlede jaar se brood. Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

 

Pasverskyn: Droomjagter deur Leon van Nierop

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-09

Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du Toit voor Jagtersrus se hekke. Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm. Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer as een rede uitasem sal laat.

 

Oor hoop

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-08

"Ons demokrasie werk. Dit werk dalk nie soos ons wil hê dit moet werk nie, maar dit werk. Ons het godsdiensvryheid. Ons kan kerk of moskee of tempel toe gaan sonder om te vrees dat ons in hegtenis geneem gaan word of doodgemaak sal word. Ons het vryheid van spraak. Ek kan die regerende party, of die huidige regering van nasionale eenheid, of die president en sy ministers kritiseer sonder vrees dat ek gaan verdwyn of in hegtenis geneem gaan word en aangehou sal word sonder verhoor. So onlangs as dertig jaar gelede was dié vryheid nie die realiteit in ons land nie."

China se verenigde-front-strategie in Afrika

Fanie Herman Menings 2024-07-08

"China se gebruik van ’n verenigde front om individue en organisasies in Afrika te beïnvloed hou groot voordele vir die land in. Dié front is veral doeltreffend om ondersteuning vir die belange en doelwitte van die Chinese regering te kweek, terwyl die land se teenstanders in Afrika geïsoleer word."

Top