Pasgelaai

Boekbekendstelling, Hartenbos: Goeiemôre, Mnr. Mandela

2014-11-27 Zelda la Grange sal op Dinsdag, 23 Desember 2014, met Melt Myburgh gesels.

Tien vrae: Elaine Marais oor Afdraaipad

Elaine Marais, Naomi Meyer 2014-11-26 "In hierdie geval was ek werklik onkant gevang deur hoe algemeen emosionele aftakeling voorkom. Dis iets wat mense eerder wegsteek. Dis regtig hartverskeurend om te hoor hoe baie vroue afgebreek word deur die mense wat veronderstel is om hulle lief te hê en veilig te laat voel."

Oud-rugbyspeler Gawie Visagie

Chris Erasmus 2014-11-26

Foto's: Eerste kykNET-Rapport Boekpryse word toegeken

Naomi Bruwer 2014-11-26 Die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is Vrydag 21 November tydens 'n keurige bekroningsgeleentheid in die Westin Hotel bekend gemaak. Naomi Bruwer het foto's geneem by die glansgeleentheid

kykNET-Rapport Boekpryse 2014: Commendatio vir ’n Ander mens deur Zirk van den Berg

Herman Binge 2014-11-26 "’n Rolprent is afhanklik van ’n aangrypende storie en in Zirk van den Berg se verhaal van Daniël Enslin, ’n vaal mannetjie wat ’n ander mens moet word om te kan oorleef, is daar genoeg spanning om jou vir 90 minute vasgenael in jou bioskoopstoel te laat sit!"

kykNET-Rapport Boekpryse 2014: Commendatio vir Die oorlog kom huis toe met Albert Grundlingh en Bill Nasson as redakteurs

Herman Wasserman 2014-11-26 "Die oorlog kom huis toe bied aan die leser die geleentheid om te herbesin oor die betekenis van die oorlog binne ’n eietydse konteks waarin daar opnuut gesoek word na gedeelde ervarings in die verlede om ons hoop te gee op die moontlikheid van samewerking en versoening." 

Kyk 'n boek: Kruispad deur Deon Opperman

Willem Pretorius 2014-11-26 "En hoe verbluffend dit ook mag klink, síén jy hoe die verhaal ontvou. Dis asof jy TV lees. Boonop spring tonele van die een na die ander net soos op TV as jy die advertensies uitsny. Daar is byna geen pouse om te gaan piepie of wyn te gaan skink nie. Voorspelbaar en doelgerig stuur Opperman jou van een episode na die volgende."

kykNET-Rapport Boekpryse 2014: Commendatio vir Wolf, wolf deur Eben Venter

Louise Viljoen 2014-11-26 "Met hierdie roman toon Venter weer eens dat hy nie huiwer om die kilste moontlike scenario’s van hulle leefwêreld vir sy lesers te teken nie." 

Charles Fryer (1946–2014)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-26

"Ek is by voorkeur ’n liriese digter en daarvoor het ek meer ledige uurtjies nodig, tyd om stemminge op te vang. ’n Mens moet rustig word sodat jy kan oopgaan van binne. Soos die pottebakker moet jy regstaan om raak te vat, want as ’n vers kom, dan kóm hy. Knip jy sy asem kort, is hy dalk verlore." (Transvaler, 15 Mei 1981)

Bijbel in Gewone Taal

Hendrik-Jan de Wit 2014-11-26 "De Bijbel in duidelijke taal met als doel om de Bijbel beschikbaar te stellen voor iedereen. Dat is de doelstelling van de nieuwste Bijbelvertaling die deze maand uitkwam. Het is een betrouwbare vertaling geworden in eenvoudige taal."

Grootgroeponderrig ter wille van die verhoging van onderwysproduktiwiteit in hoër onderwys

Hennie Steyn, Hannes van der Walt 2014-11-26 Hierdie artikel fokus op die inskakeling van ’n grootgroeponderrigstrategie (GGOS) as een manier om dosente te help om hulle roeping as geleerdes/vakkundiges (scholars) uit te leef.

Foto-onderhoud met Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach, Lien Botha 2014-11-26 "Jare van toegewyde studies in die skool van die lewe. En ek vermoed baie mense sal my siening deel, dat ongeag hoe gelukkig jy met die sake van die hart en vlees is, jy steeds saam met Leonard Cohen sing dat iemand tog jou tong van die verlange moet kom verlos."

Boek-Krismis by Dennegeur in November

Danie Marais 2014-11-26  PEN Afrikaans skenk boeke aan Dennegeur-laerskool in Elgin.

Tien vrae: Eunice Basson oor Leiboom

Eunice Basson, Naomi Meyer 2014-11-26 "Klank en beeld is vir my oorwegend intiem verweef, maar die tema in ’n gedig bepaal dikwels die intensiteit/toonwaarde van ’n klank-beeld-impuls."

Só onthou ek Charles Fryer

Ellen Botha 2014-11-26 "En nou het hy ook 'n bietjie gaan skuinslê. Vir oulaas. Ek is dankbaar vir al die aangename lees- en luisterervarings wat Charles op my pad gebring het."

Resensie: Biegbrief en ander verhale deur Esta Steyn

Deborah Steinmair 2014-11-26 Deborah Steinmair oor kortverhaalskrywers en hul storielyne: "Skynbaar pluk Steyn hulle moeiteloos uit die lug. Sy skryf oor wat sy ken en haar verbeelding is vrugbaar."

Bekendstelling van Chris Karsten se Die Respektabele Meneer Hartslief in Pretoria

Yves T'Sjoen Boeke en skrywers 2014-11-26

Margarethie Bredenkamp gee 'n fotobeeld van twee bekendstellingsgeleenthede van Chris Karsten se jongste roman, Die respektabele Meneer Hartslief, by Waverley Biblioteek en Graffitti boekwinkel in Lynnwood.

Foto's: Bekendstelling en bekroningsgeleentheid van Nuwe Stories 3

Naomi Bruwer 2014-11-26 Donderdag 20 November is Nuwe Stories 3 in die Harley Davidson Klubhuis in Kaapstad bekendgestel. 

ATKV/SA Akademiepryse 2014: LitNet-artikels vier hoogty

2014-11-25 LitNet Akademies publiseer drie van die ses wenartikels vir die ATKV/SA Akademiepryse vir 2014.

Selfs Eskom demp nie Sarita Uranovsky in Endler

Carine Janse van Rensburg 2014-11-25 Sarita Uranovsky lewer 'n begeesterde vertolking van Beethoven se immergewilde vioolkonsert.
Top