Pasgelaai
Henk Rall (1938–2022)
2025-08-21"Ek is doodbang om ’n moralis te wees. Ek wil niks bepleit nie, ek wil eerder aandadig wees om ’n geslotenheid oop te breek – om in eerlike selfbeskouing te staan." Lees meer oor die lewe en werk van Henk Rall in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Gedagtelig
2025-08-21"In die ruimte van sy siel
ontspring vlamme van verbeelding,
elkeen diep gevoed,
uit die grond van sy gemoed."
Waar het ek julle verloor
2025-08-21"Waar het ons mekaar verloor?
Agter watter boog moet ek julle soek?
Waar is ons land van saffiere
Ons stukkie son?"
Verbodevrugtevreter
2025-08-21"want ’n verbodevrugvreter
wat nie deur die modder seil nie,
se maag word nie vuil nie."
Begrafnisbriefie
2025-08-21"Ek wil pleisters plak op almal se wonde terwyl myne gaap vir die maan
Ek wil almal se stukkende siele heelmaak"
"Dalk" is net ’n konsep
2025-08-21"Dalk kon ek jou bel
en jammer sê
Maar jy weet mos hoe dit gaan
as die krag af is."
Foto’s: "Hoe beleef ons taal?" by die Taalmuseum en -monument
2025-08-21Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het op Saterdag, 16 Augustus 2025 ’n taaldagbespreking aangebied. Hier is foto’s en hoogtepunte van die geleentheid.
kykNET Silwerskermfees 2025: Hen – ’n onderhoud
2025-08-21"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."
"Die hele wêreld is op Erfdeel vandag."
2025-08-20"Dis net die verstoteling wat nog glo dat verlossing nie in onsself lê nie. Net die uitgeworpenes wat glo in die nodigheid van ’n sinjaalswenk en ’n aweregse Gees sodat ons ander voetstoots kan liefhê."
What Guy Butler saw
2025-08-20"He made a late and untheatrical entrance and stood there catching his breath as he faced us first-year drama students, expectantly clutching our brand-new copies of Brooks and Heilman’s Understanding drama."
Alaska en die Withuis-vergadering
2025-08-20Zelenski, Trump en Poetin is weer in die nuus. Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, oor hoe diplomatieke betrekkinge tans daar uitsien.
Uitnodiging: Bekendstelling van Kwaailappies deur Ronel van Oort, 23 Augustus 2025, Oude Leeskamer
2025-08-20Jy is genooi na die boekbekendstelling van Kwaailappies: ’n Storie van Afrikaans se komvandaan deur Ronel van Oort op Saterdag 23 Augustus in Jannie se Leeskamer by Oude Leeskamer in Stellenbosch. Kom ontmoet Ronel van Oort in gesprek met Magdel Vorster, hoor die stories agter die stories, en vier saam in die ryk erfenis van Afrikaans.
Gewildste plasings op LitNet: 13 tot 19 Augustus 2025
2025-08-20Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 13 tot 19 Augustus 2025.
Nuut by Tafelberg: Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman
2025-08-20Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven ... Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.
Nuut by Lapa: Lara se nare prinseshare deur Fanie Viljoen
2025-08-20"Jou nuwe haarstyl vang vlieë!" sê Ronita Snotnagel. Lara Winters is baie opgewonde. Vandag gaan sy haar hare by die gewilde Gilda Glinster sny. Lara ontwerp sommer self haar haarstyl. Oe, sy gaan soos ’n prinses lyk! Maar dan gaan iets verkeerd. En Lara kry die aakligste haarstyl ooit. Jip, een wat regtig vlieë vang. Hoe kon dit so verkeerd loop? Hoekom het sy nare prinseshare gekry? Net Ronita Snotnagel weet ...
Nuut by Naledi: Alles van waarde is weerloos deur Melanie Grobler
2025-08-20Alles van waarde is weerloos is die bekroonde digter Melanie Grobler se vyfde digbundel. In haar kenmerkende liriese en beeldryke digterstem word die temas van tyd, verganklikheid, verlies en vernuwing wat ook in haar vorige werk ondersoek word, verder verdiep. In hierdie bundel fokus sy veral op gedigte oor die heengaan van haar lewensmaat.
Nuut by Naledi: Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman
2025-08-20Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe ’n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting van Beeld afspeel. Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord – ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het ...
Nuut by Naledi: Oorkant deur PJ Haasbroek
2025-08-20Hoe vergoed ’n seun uit ’n arm gemeenskap vir ’n ongeluk waaraan hy aandadig is? Sy skuldgevoel vir die dood van ’n vriend dryf hom deur sy skool- en universiteitsjare. Hy word betrek by ’n studenteopstand, beleef selfs die geweld van die Mosambiekse bevryding. Nooit kry hy ’n kans om te help nie. Dan word hy gewerf om mediese opleiding in Kuba te ondergaan. Shando begin sy nuwe lewe onder die Selk’nam Indiane van Tierra del Fuego, ’n primitiewe gemeenskap van jagters, vissers en versamelaars van veldkos. Watter rol is daar vir hom in die afloop van hulle geskiedenis? Kan hy hulle help oorleef?
Nuut by Hemel & See: Sjoe! deur Petrovna Metelerkamp
2025-08-20Met hierdie langverwagte boek deel Petrovna Metelerkamp haar herinneringe, wat die geskiedenis van haar herkoms en haar persoonlike ervarings oor baie dekades insluit.
VSA en Suid-Afrika: ’n huwelik wat skeefloop in ’n nuwe wêreldorde
2025-08-20"Kan die VSA nog as wêreldleier gesien word in ’n nuwe internasionale orde? Hoe moet Suid-Afrika sy plek in dié veranderende landskap vind met ’n ANC wat al hoe meer sy rug vir die Weste draai? En kan ’n onafhanklike Wes-Kaap dalk selfs ’n bondgenoot vir Washington word?"
