Die woorde

  • 1

Foto: Canva

Die woorde

die woorde het my
nie ontgaan nie

om die waarheid te sê 
ek hou hulle gevangene 

hulle was slim woorde 
woorde wat dag hulle kan 
doen soos hul wil

dom mense seermaak 
breins omskommel 
anders laat lag
party affronteer 
hulle gee nie ’n fok om 

wat op my wag nie
ek weet hulle lieg 
twis en maak seer

toe werp ek hulle hier neer 
uit my gedagtes uit 
vir altyd vasgevang 
met ink in papier 

dag hulle is slimmer 
as ekke 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top