Pasgelaai

Rou

Ilza Roggeband Fiksie 2025-08-14

"Haar ouers was regverdige mense. Sy is grootgemaak om mense te respekteer. Praat wanneer met jou gepraat word. Wees hoflik. Sê asseblief en dankie vir die tannie was altyd haar ma se laaste woorde voor sy afgelaai is by die min kinderpartytjies waarheen sy genooi is."

Geesherlaaier

Zebulon Kochk Poësie 2025-08-14

"haal die halter van jou kop
herlaai jouself wéér met pitkos"

Heel

Tharisa Coetzee Poësie 2025-08-14

"En met vreugde en vrede speel jy jou laaste sielsnoot, 
maar dit weergalm deur my diepste denke"

Klanke van die see

Herman Borstlap Poësie 2025-08-14

"Die stemme van die see
skryf ’n ewige gedig."

Drome

Cherise Hattingh Poësie 2025-08-14

"Ek droom, maar dit glip uit my greep.
Die oorblyfsels gee weg dat dit oor jou was."

Nasionale Dialoog: Ons moet gesels, maar nie so nie

Freek Robinson, Willie Aucamp Onderhoude 2025-08-14

Willie Aucamp van die DA sê sy party is ten gunste van gesprekvoering, veral die soorte gesprekke waar gewone mense ook seggenskap kry. Ten spyte hiervan verwerp die DA die President se Nasionale Dialoog. Freek Robinson vra: Waarom? En: Is daar ’n ander opsie?

My taal: van toe tot nou – ’n brief op 14 Augustus 2025

Coen Basson SêNet-briewe 2025-08-14

"Hierdie samevatting is ’n gelukwensing aan Afrikaans met sy twee roemryke verjaardae in 2025. Geluk met wat die 'vernederde kombuistaal' vermag het tot hier. Om vandag in staat te wees om saam met enige ander wêreldtaal te kommunikeer op enige platform; in enige verhandeling; in die wetenskap, lettere, kuns, musiek, religie, staatkunde, filosofie, erotika en die lewe."

A teaching framework for self-directed reading of literature in Afrikaans First Additional Language

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis Academic research 2025-08-14

“This research report makes an essential contribution by offering Afrikaans FAL teachers a learner-centred teaching framework that integrates appropriate reading and viewing strategies to guide learners in the Senior and FET phases …”

’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-14

“Afrikaans EAT-leerders se swak leesbegrip word toegeskryf aan ’n gebrekkige woordeskat, onkunde rakende leesstrategieë, gebrekkige belangstelling, vreemdetaalonderrig en swak taalvaardighede.”

Elders gesien: Dat almal nodig is om die Afrikaanse digitale kanon tot stand te bring

Sidney Gilroy Boeke en skrywers 2025-08-14

"Dit is belangrik, ja, om die kwaliteit en diversiteit van Afrikaanse letterkunde te verseker en te sorg dat dit steeds sigbaar en toeganklik bly. Om die mediums te benut wat duisende alreeds gebruik. Om die brug tussen die veld van beperkte produksie en die veld van grootskaalse kultuurproduksie te bou."

Cappuccino of flat white: Literêre waardes en die kanon tussen resensente en smaakmaker

Hein Viljoen LitNet-skrywersberaad 2025-08-13

"Op die ou end is daar dalk nie so ’n groot verskil tussen kritici en smaakmakers nie. Albei is as’t ware koffie met melk. Daar is heelwat ooreenkomste tussen die kriteria wat hulle gebruik. Hulle maak eerder ’n spektrum uit as ’n teenstelling. Die verskil lê moontlik eerder in die medium wat gebruik word."

Web van leuens deur Marion Erskine: ’n resensie

Cliffordene Norton Resensies 2025-08-13

"258 bladsye van toeganklike, lekker lees. Die einde was ’n 'chef’s kiss' – daardie tikkie ironie wat wys dat, selfs al het die karakters baie geleer, selfs al groei hulle, bly die nuuskierigheid oor ander mense se geheime hardnekkig aan die lewe."

The Barber of Seville: prettige opera in intieme teater bied groot vermaak

Maryke Roberts Teater 2025-08-13

"Die lekkerte begin sommer nog voor die gordyn vir die eerste bedryf lig, wanneer Jan Hugo, die musikale regisseur, met sy manelpak en pluiskeil deur die teater stap en agter die vleuelklavier inskuif. ... Ek is verheug om te sien die stuk gaan ook na die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Spier-amfiteater."

Boekevat met Deborah: Moord en mooi woorde

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-08-13

"My gevoel is: Solank mense lees, is daar hoop."

Bela: Regulasies bring helderheid maar enkele kwessies pla nog

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-08-13

"Van taal gepraat: As voormalige taalonderwyser en taaldosent vir wie taal na aan die hart lê, het ek noukeurig opgelet na die taal waarin die regulasies geskryf is. Die dokument verwys op meer as een plek daarna dat die verskillende partye met mekaar moet praat in die soeke na oplossings (kom ons noem dit ons eie onderwysdialoog in die kleine)."

Toorkombuis: Augustus vra vir sieletroos – my balsemiekhoenderpotjie

Karen Hart Kos en wyn 2025-08-13

"Balsem vir die siel ... soos hierdie trooskos om die res van hierdie lang, uitmergelende maand te oorleef."

Cliff-hanger: Jy hóéf nie nou te lees wat almal lees nie

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-08-13

"Maar hier is die waarheid: Lees is nie ’n wedloop nie. En boeke leef baie langer as wat dit in die hande van jou gunsteling-influencer oor jou skerm dans."

Elders gesien: Ek self vind die hele storie nou al ’n bietjie opgeblaas

Marius Swart Boeke en skrywers 2025-08-12

"Kennis wat deur jare se studie opgebou is, word sonder meer afgemaak as snobisties."

Persverklaring: PEN Afrikaans oor die aanvalle op joernaliste in Gasa

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-08-12

"Hierdie joernaliste se stemme word met geweld stilgemaak en op hierdie wyse word die getuies wat eerstehands nuus oor die voortslepende volksmoord in Gasa waarneem en rugbaar maak, sistematies verwyder en vernietig."

Pedagogiese faktore wat kurrikulumdifferensiasie in die Grondslagfase beïnvloed

Corlene Jacobs, Mariëtte Koen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-12

"Kurrikulumdifferensiasie het ten doel om leerders met ’n verskeidenheid van uiteenlopende lede van hul portuurgroep en ten opsigte van verskillende take te laat saamwerk ‒ nie alleen om alle leerders se vermoëns te ontgin nie, maar ook om ondersteuning te bied aan daardie leerders met uiteenlopende opvoedkundige behoeftes."

Top