Pasgelaai
Podsending: Meningspeilings en die stembus
2025-08-28In ʼn onlangse DA-peiling het ANC-steun op nasionale vlak tot onder 30% geval. Freek Robinson gesels met politieke ontleder Piet Croucamp oor onder meer die akkuraatheid van sulke meningspeilings, die stand van die ANC en Suid-Afrika se benarde situasie.
Pareltjes uit Amsterdam: ’n Kunstenaarskollektief in die bos
2025-08-28Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks vertel Johan meer oor ’n kunstenaarskollektief in die bos.
Madelein Rust (1967–2025)
2025-08-28"Al skryf jy een sin op ’n dag – skryf en moenie ophou nie. Raak ontslae van enige sensitiwiteit. Dit verhoed jou om te leer. Opbouende kritiek help jou groei as skrywer." Lees meer oor die lewe en werk van Madelein Rust in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 en die EasyEquities-skrywersfees: ’n onderhoud met Bibi Slippers
2025-08-28Lees wat vertel Bibi Slippers oor belangrike items, soos hierdie een, op die skrywersfees se program: "Ek dink dis belangrik om ’n oop gesprek te voer oor die finansiële lewens van skrywers, want ons kan nie bekostig dat skrywers ophou skryf omdat hulle dit nie kan bekostig om skrywers te wees nie."
Mooi aand vir jou
2025-08-28"Maar Karel se aandag is nie heeltemal by haar nie. Hy kyk asof senuweeagtig na die trap. Sy beduie hy moet haar volg. Op die onderste vloer staan agt of tien jong mense luid en praat en stry terwyl hulle kos bestel. Twee van die mans merk die vuil Karel en lyk dadelik op hul hoede."
Sus vir Ousus
2025-08-28"Ek’s ’n paradoks wat ironies die dag face
’n metafoor gevul met vergelykings
Maar haarself nooit vergelyk met ander."
’n Nuwe godsdiens
2025-08-27"Kolossense 2:23 praat van '’n skyn van wysheid' en hierdie nuwe etnogodsdiens klink slim solank dit nie direk langs Jesus se woorde staan nie. Dit lyk kaal in die skadu van die kruis."
Nuut by Lapa: Die dertiende dag in Chengdu deur De Wet Hugo
2025-08-27Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal ’n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes?
New from Tafelberg: Confessor Cop: The detective who persuaded killers to talk by Jonathan Morris and Michael Behr
2025-08-27Captain Jonathan Morris, the Confessor Cop, used empathy to extract confessions from even the toughest criminals. With a 99% success rate, his cases, from catching serial killer Jimmy Maketta to investigating the Sizzler’s Massacre, earned him the respect of prosecutors and profilers. In this memoir, Michael Behr explores Morris’s high-profile investigations and personal struggles, revealing the man behind the badge in a gripping blend of true crime and personal story.
Nuut by Naledi: die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman
2025-08-27In die helfte is jou nie vertel nie verken Thérèse beide die noodsaaklikheid én beperkings van die geskrewe woord. Sy keer terug na die orale, klankryke tradisie van poësie – veral as dit gaan oor die ervarings van mense wat nie kon lees of skryf nie, of wat deur die gemeenskap stemloos gelaat is. Daarom het Thérèse met Jitsvinger saamgewerk om "klankbane" te skep vir elf van haar gedigte.
’n Hardlywige brein
2025-08-27"My storie is daarmee heen en die eindbestemming disnis. Ek kry nie eens ge-recalculate nie. Die metaforiese vliegtuig is gekaap en wanneer dit te laat is, daag die Valke op en elimineer die kapers."
Pasverskyn: My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver
2025-08-27Toe COVID-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om van die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis.
Dis nou al ’n jaar: vir Anastasia de Vries
2025-08-27"En as ek mooi kyk, sien ek daardie afdruk van Anastasia se hande – nie net in hulle woorde nie, maar in hul bereidwilligheid om ongemaklik te wees ter wille van reg en geregtigheid."
Persverklaring: Ingrid Jonker-pryswenner 2025
2025-08-27Die wenner van die Ingrid Jonker-prys is pas aangekondig.
Khaki fever is louwarm
2025-08-27"In vandag se klimaat sal ’n Suid-Afrikaanse gehoor ’n goeie komedie verwelkom. Khaki fever se platvloerse humor en verbeeldinglose storie onderskat ons intelligensie."
Afrikaans Huistaal: Graad 9-vraestel en memorandum, derde kwartaal
2025-08-27Is jy in graad 9 en moeg vir die lewe in die stad, lok jou die wandelpad? Moenie in die versoeking wees om nou te gaan voetslaan nie. Wag vir die vakansie. Stap nou eerder na hierdie gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel deur Cecilia Klopper en berei voor vir jou toetsreeks hierdie kwartaal. Daar is baie lekker leesoefeninge oor staproetes wat jou brein goeie oefening sal laat doen.
Persverklaring: Hoërskool Dramafees-wenners in Kaapstad aangekondig
2025-08-27Die Hoërskool Dramafees, aangebied deur Artscape en Suidoosterfees van 18 tot 22 Augustus 2025, is met groot sukses afgesluit. Tien skole het gedurende die feesweek in Kaapstad meegeding en produksies van uitstaande gehalte gelewer.
