Pasgelaai
Nuut by Human & Rousseau: Hondman 6: Wild en woes deur Div Pilkey
2025-09-02Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Vertaling van Emmanuel Todd oor Rusland as Europa se Rorschach
2025-09-02"Russofobie is gewis ’n patologie. Maar Rusland het bowenal ’n formidabele projeksietoets geword." Johann Rossouw vertaal die opstel "Rusland is Europa se Rorschach" deur Emmanuel Todd uit die Frans.
Pasverskyn: Klein konings deur Theo Kemp
2025-09-02Pixley, afkomstig van die Zoeloe-adelstand, en Joubert, glo van sy betoorgrootmoeder se kant ’n afstammeling van generaal Piet Joubert, se paaie kruis toe Minister hulle die opdrag gee om ou standbeelde en monumente in die land te besoek en te evalueer. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle reis op soek na ’n geskiedenis waarvan sommige eerder wil vergeet, kom talle spoke uit hulle persoonlike verlede na vore.
Persverklaring: Teksmark vier tien jaar van nuwe teatertekste
2025-09-02Teksmark, die KKNK se teksontwikkelingsprojek, vier op Donderdag 4 en Vrydag 5 September ’n dekade van unieke stories. Gehore wat Teksmark in die Baxter Studio by die Baxter-teatersentrum bywoon, kan uitsien na kreatiewe teksidees van Nicola Hanekom, Saartjie Botha, Willem Anker, Tertius Kapp, Veronique Jephtas, Nico Scheepers, Jason Jacobs en Devon Delmar, Carla Smith, Amee Lekas en Wilken Calitz.
Waarom sou ’n mens nog na die NG Kerk toe gaan?
2025-09-02"Vandag verstaan ek die doop as God se eerste en mees grondliggende bevestiging van ons (my) identiteit. Dit is God se 'ja' oor ons lewens. Tog het dit ’n hele paar siklusse van bevestiging, ontnugtering en hertoewyding vir my gevat om dit te begryp."
Gespierde Afrikaans
2025-09-02Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
Uitnodiging: FilosofieKafee – Wat kan Machiavelli ons leer oor ekonomiese oorlog?
2025-09-01Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 5 September in Wellington. Raenette Gottardo (voorheen Taljaard) en Lydia von Wielligh-Steyn sal in gesprek wees.
Invitation: Amazwi Heritage Carnival
2025-09-01Amazwi is hosting its annual Heritage Carnival on 20 September, in celebration of Heritage Day.
Invitation: Amazwi 2026 Literature Heritage Ecology Conference
2025-09-01The conference theme is "People and other animals". Registration and the submission of abstracts can be done at the links provided.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2025-09-01Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel en memorandum gratis hier af. Een van die leesvoorbeelde handel oor ’n meisie wat so mooi soos ’n voëltjie sing. Jy sal ook sommer ’n vrolike lentelied sing as jy hierdie kwartaal jou rapportpunte sien!
Merang deur Neil Cochrane en Alwyn Roux (redakteurs en samestellers): ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2025-09-01"Daar is groot toewyding van samestellerskant te bespeur wat hierdie unieke versameling die lig laat sien het. Die wydlopendheid van aanbod, die gehalte van gedigte, die nuwe stemme wat almal belofte toon wat geplaas word naas ouer stemme waarvan sommige hul belofte reeds vervul het, is indrukwekkend en implikasieryk."
Digitale profieldekomposisie
2025-08-31"Hierdie artikel bespreek die ekonomiese stoor en transmissie van ’n algemene gekwantifiseerde profiel of ’n histogram. Ons toon aan dat een goeie kandidaat ’n spesifieke diskrete pulstransform is, gebaseer op die klas van sogenaamde LULU-gladstrykers."
Suid-Afrikaanse filmmakers wys hul slag by 13de kykNET Silwerskermfees: ’n feesoorsig
2025-08-29"Natuurlik kon daar net ’n handjievol wenners wees, maar vir vier glansdae by The Bay Hotel in Kampsbaai het die land se voorste akteurs, regisseurs, kinematograwe en vervaardigers hul oomblikke van glorie op die blou tapyt geniet."
Die totstandkoming van die Nasionale Raad vir Onderwys en Opleiding: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2025-08-29"Ons kan eenvoudig nie nog praatberade hou nie; ons moet nou aksie sien."
Hoe om die antigenderbewegings teen te werk
2025-08-28"Om hierdie tipe kritiese geletterdheid te ontwikkel, kan beskryf word as ’n inokulasieproses. Jy wys jou boodskap en dan die opponent se boodskap. Jy demonstreer hoe die opponent se boodskap onwaar of misleidend is en wys op die agenda én die agente agter die skerms."
The paradox of the biographer
2025-08-28"Grab a mug of coffee and settle down in your most comfortable chair, blanket on your knees and cat on your lap. I’m now going to tell you the unbelievable story of Athol Fugard and the Serpent Players – theatre against apartheid."
Uitnodiging: Merang en sang, ’n fees vir Afrikaans as inklusiewe taal
2025-08-28Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (UNISA) nooi jou hartlik uit na ’n spesiale aand van poësie, gesprek en musiek.
Binne of buite jou genre?
2025-08-28Koos Kombuis gesels in hierdie video oor skrywers wat hulle storie ken – maar sommige waag dit om buite hul gevestigde genre te gaan snuffel. Werk dit? Of is dit veiliger in die bekende omgewing? Hy gesels oor ’n joernalis wat ’n boek skryf, ’n romansier wat kortverhale skryf en ’n gesin wat hulself terugtrek in bekende genres.
