
Agtien beroemde vroue uit die Griekse mitologie en geskiedenis skryf aan hulle minnaars om te verneem hoekom hulle nie skryf of terugkom nie. Die tragiese ironie is dat die helde óf omgekom óf iemand anders gevind het. Intussen wag die heldinne en kyk gedurig of skepe op die horison verskyn.
Die briewe vertoon ’n wye spektrum van gevoelens, gedagtes, omstandighede en gedrag. Die ongeveer vyf-en-twintigjarige Ovidius, ’n Romeinse man in die laaste dekade vC, verbaas die leser van vandag met sy uitgebreide kennis van die mitologie en vernuftige skildering van die vroulike psige.
Drie van die helde skryf wel terug om hulle afwesigheid te verduidelik of hulle koms te beloof.

