
Foto: Canva
Elia en die kraaie langs die pad
In swart pak met wit krawat,
vergader kraaie langs die pad.
Bedel monnike
vasgevang in hul dorre habitat.
Die droogte om hul, in hul
lê hul wêreld leeg,
tot selfs genade nie meer huiswaarts keer.
Elia is nie hier nie.
Geen roeping meer te vervul,
geen kos om aan te dra
vir God’s profetekind.
Wag hul op Elia?
Wag hul op die reën?
Gedra deur Elia se gebed
drie jaar later
ook hulle hopelik natreën?

