
Foto: Canva
Glorie gevul
Ek’t gestruikel in die strik,
onder my eie voete geval
Die wind het my geplaas
waar hy my wil hê.
Pessimistiese skaduwees
volg my nog steeds,
maar ek staan weer,
kragtig
Ek glimlag weer,
met glorie
My hart klop weer,
’n optimistiese ritme,
’n lied van oorwinning.

