Kommentaar

Claassen en Gaum se ideologie-gepreokkupeerde medewerkers

2012-03-28 Johannes, Dankie vir jou ewewigtige bespreking van die boek. Jou siening plaas nuwe perspektief op baie fasette, wat ek nie raakgelees het nie. Groete Perdebytjie

Darwinisme se evo-devo bydrae tot kreasionisme

2012-03-28 'n Nota:    Die volgende word aangebied uit 'n opstel van "my argiewe":    Hierdie is om te bevestig dat die uitsonderings en die skokkende gevolge van daardie uitsonderings aan my bekend is en het oorweeg om dit eerder t

Die darwiniste se datering manipulasie en knoeiwerk

2012-03-28 Woutertjie het nou belangstelling verloor. Gaan jou goed Kobus De Klerk. 

God se begrafnis

2012-03-27 Hello Angus Ek is bly dat jy Strauss se boek hierbo noem. Ek het al so baie gehoor van dit en het so 'n ruk terug besluit om dit te lees, maar het toe nooit so ver gekom nie. Deels seker maar omdat die boek nie goedkoop is nie. Gelukkig het ek 

Handves vir barmhartigheid

2012-03-27 Johan, dis nie dat ek die een teen die ander weeg nie, maar wat my wel soms opval is dat ateïsme se moraal totaal onderhewig is aan godsdiens. Soms probeer ek my voorstel hoeveel geslagte sonder enige vorm van godsdiens gevoer kan word. Menige Ate&iu

Claassen en Gaum se ideologie-gepreokkupeerde medewerkers

2012-03-27 Johannes, jy't my diep in die nadink ... baie dankie vir jou toewyding en netjiese weergalose  gedagtewisseling rondom die "Godboek" ...

Die onbetroubare datering van opvolging van fossiele

2012-03-27 Baie goeie brief Delusie. Leersaam en 'n goeie opsomming van die aspekte. 

Die betroubaarheid van die Ou Testamantiese heilige skrifte

2012-03-27 Dit is rregtig nie nodig om met jou stomme riffel-raffel snert te deel nie, Chris, dit is ooglopend bevooroordeeld insigloos en verwerplik. Verstik jouself daarin. Wat die "wet van Moses" aanbetref, ou insiglose twissoeker, beslaan dit ongeve

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Cornelius, ek sal ook nie met sekerheid kan se nie, maar ek moet se dat ek niks vreemd in "tant alie" se gedrag sien nie. Dit is genoeg om die hare te laat rys, maar jy moet bietjie van hierdie gryskop tantes en ooms in die aftree - oo

Eentonige intellektualisme vs naakte haat

2012-03-27 Sjoe Cornelius, Hierdie is nou 'n uitmuntende stukkie en 'n wonderlike uitdaging aan Kobus. Tog dink ek nie die grote het die potensiaal om op geordende wyse sy saak te stel nie. Jy weet mos hoe lank hy al die kwessies waarna jy verwys omseil. Selfs die

Darwiniste se wanhopige wanvoorstellings

2012-03-27 Die 'konsensus' tussen swape oor hipotetiese fabels waaraan hulle as religie en filosofie glo, staan vir hulle in hul onkunde, ja, en biologie staan apart daarvan, ja, en boonop staan biologie gereinig te word van die besoedeling van anderhalf eeu se mani

Darwinsime se Archaeopteryx (achilleshiel)

2012-03-27 Ons probeer niks bewys nie, Johan,ons ruk julle snert aan flarde en ons geniet dit terdeë. Julle verskaf egter on-goedgunstiglik vir ons al die materiaal wat ons oortuigings as gelowiges (IO is nie noodwendig almal gelowiges nie) in God se skepping b

Die fondasie van die Christelike godsdiens

2012-03-27 Chris, Moses is die profeet - weet jy wat die inslag daarvan is? Die Pentateuch boek gaan oor die profesieë van God en die interaksie van God met mens en andersom, en die sentrale figuur van mensekant, is juis Moses die uitverkore en sentrale pr

Die onbetroubare datering van opvolging van fossiele

2012-03-27 Delusie, Ek sien jy hou die skelet voor as die sogenaamde darwinistiese ‘lewende wetenskap’ – maar om werklik te lewe, het die skelet ’n stel essensiële organe nodig – hart, longe, niere, lewer, brein, bloedsomloop,

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Cornelius, Ek respekteer jou sagte aanslag. Met so 'n persoon kan ek in 'n lang gesprek gaan en mens kan rustig  verskille bespreek, sonder om beledigend te raak. Dis juis mense soos Kobus wat vrouens laat terugdeins om ook gesonde opinies te lug. H

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Kobus, Hoe kan ek myself verneder deur te wys dat ek 'n agnostikus is? Wat is vernederend daaraan en wat maak my meer insigloos as vir jou? Jy is net so insigloos as dit kom by gesonde verstand en feite wat spruit uit die wetenskap. Jou eindelose gespoeg

Die onbetroubare datering van opvolging van fossiele

2012-03-27 Delusie   Welkom by die gesprek. Soos jy kan agterkom het heelwat van ons opgehou om pêrels voor die swynvoete van KdK te gooi. Jou ingeligte skrywes gaan soos al die ander deelnemers s'n deur die swyn vertrap word tot jy ook moed opgee. 

Handves vir barmhartigheid

2012-03-27 Wouter, ek verstaan jou punt.   Ek dink dis 'n baie algemene stand in ons Afrikanerdom.   Ervaring tussen Jode, Moslems en Hindoes is totaal 'n ander leerskool. Jode en Moslems aanbid en vier gereeld hul feeste saam (met enkele uits

Die darwiniste se datering manipulasie en knoeiwerk

2012-03-27 Nee, delusie, nie lieg vir Jesus nie, maar wys leuens uit vir Jesus, ou domme. Toemaar, probeer maar nog, jy sal later die verskil wel agterkom. Intussen gaan ek voort - om julle wanvoorstellings en onkunde uit te wys - en julle delusies.... En dan

Die betroubaarheid van die Ou Testamantiese heilige skrifte

2012-03-27 Die basis van jou argument is dus dat die Bybel se korrektheid uit die Bybel bewys word.    Het ek jou al vertel van die Vlieënde Spaghetti Monster - elke bewering is bewys uit die Heilige Pastafaros?   Ai die spirituele intelligen

Handves vir barmhartigheid

2012-03-27 Johan, dis soos jy elders ook genoem het dat daardie tekste waarna jy verwys 'n akkurate voorstelling omtrent hul vergange era is. Die mens se bewussyn is verseker in 'n evolusie proses. Sodra 'n mens vrede in jou eie hart ervaar, kyk jy met deernis

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Johan ek is beslis geen meester in mensekennis nie, maar ek sal opreg verskoning bied as ek die dag moet besef dat Kobus se Alie 'n regte tante is. Miskien het ek te veel Casper en "Tannie Evita" shows gesien. Nietemin, ek sal verskoning bied as

Die betroubaarheid van die Ou Testamantiese heilige skrifte

2012-03-27 Elke versie ( Johannes 1:17; Eksodus 24:4-7; Deuteronomium 31:9; 17:18-19; 27:2-3, 8; 31:11; Josua 1:8; 8:31-34; 23:6; 24:26) verwys spesifiek na die wet van Moses, nie soos jy wil laat blyk die Pentateug as 'n geheel nie. Jou verwysings bewys ook nie dat

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Cornelius, ek het nog nooit getwyfel dat tant alie die regte tant alie is nie. Ek ken heeltemal te veel tant alies. Ek weet nie hoe oud ou perdebytjie is nie, maar die meerderheid tannies met wie ek te doene kry op my ouderdom is tant alie uitgeknip.

Darwinsime se Archaeopteryx (achilleshiel)

2012-03-27 Kobus, daar is derduisende webtuistes daarbuite waarin julle IO tipes probeer bewys dat julle kreasie - teorie ernstig opgeneem moet word. Dit is lekker om voor te lag, maar as julle niks hoef te bewys nie, hoekom soveel propaganda vir IO doen? IO verg

Die onbetroubare datering van opvolging van fossiele

2012-03-27 Ek neem aan jy het ook dna toetse op al die spesies hierbo vermeld gedoen?

Handves vir barmhartigheid

2012-03-27 Cornelius, daar is baie raakpunte met die algemene morele waardes wat jou deursnit ongelowige aanhang. Ons is nie almal met die duiwel besete nie. Ongelukkig moet sekere gedeeltes uit alle gelowe heeltemal uitgehaal en verwyder word ten einde aan die ba

Die betroubaarheid van die Ou Testamantiese heilige skrifte

2012-03-27 Kan jy asb in jou moedertaal skrywe. Of doen ten minste bietjie moeite. Hierdie engelse spoeg en plak dokumente gee my sooibrand. Terloops, ek dink baie van die geskiedkundige rekords van die ou testament is akkuraat. Ons almal weet dat die mensdom in d

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Kobus, ek is regtig geskok in jou houding. Selfs toe jou ou alie my so verskreeu het, het ek nooit so laag gedaal om haar so sleg te se nie. Dit is eenvoudig nie hoe ek grootgemaak is nie. My pa sou my 'n dwarsklap gegee het as ek ooit so met 'n vrou sou

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Perdebytjie, ek verstaan jou punt en ek dink jy's reg.  Ek verseker jou ook hiermee dat Kobus se drogma eintlik totaal skadeloos is.   My kringetjie is ook maar eintlik klein en hoegenaamd nie verteenwoordigend van die Afrikanerdom se pa

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Pragtige skrywe Perdebytjie. Ja dit wil soms voorkom asof daar minder vroue in hierdie debatte betrokke raak, maar ek kan jou waarborg dat 'n groeiende aantal dames jou sieninge deel. Ek dink dit het baie te doen met die feit dat sommige "gelowige&q

Darwinisme se mislukte natuurlike seleksie verloop

2012-03-27 'n Nota:    We were never designed to listen to reason. When you ask people moral questions, time their responses and scan their brains, their answers and brain activation patterns indicate that they reach conclusions quickly and produce reaso

Handves vir barmhartigheid

2012-03-27 Cornelius,    Juis omrede elke groep aanspraak maak oor die uniekheid van hul werklikheid is die gesprek so kompleks.    Jesus, as 'n voorbeeld word op drie verskillende maniere ontleed deur Jood, Christen en Moslem.   

Darwiniste se wanhopige wanvoorstellings

2012-03-27 Die kern is:   They’re learned to manufacture doubt and pretend it invalidates scientific consensus.    Die konsensus oor evolusie staan en biologie ook. 

Die darwiniste se datering manipulasie en knoeiwerk

2012-03-27 Lieg vir Jesus Kobus? Jy kan nie eens lewende materiaal wat gefossiliseer het met C14 dateer nie Kobus. Hoe dateer jy 'n diamant? Verder gee jy geen verwysings nie. Ek dink Jesus verdien beter Kobus.    

Oorspronklike sonde, onsamehangende konsep

2012-03-27 Wel Chris, fiksie hoef immers nie samehangend te wees nie. Biskop John Selby Spong het laasweek iewers sy brein aangeskakel en deur die delusie gesien. Spong se antwoord op 'n vraag van 'n persoon wat baie wonder oor God en godsdiens, nadat hy die b

Claassen en Gaum se politiek-gepreokkupeerde medewerkers

2012-03-27 'n Poging tot 'n rasionele gesprek met 'n gelowige lei selde tot iets. Gelowiges is op 'n unieke wyse gepantser teen rasionele denke en bevragtekening soos Greta Christina dit stel: “Religion is ultimately dependent on belief in invisible

Oorspronklike sonde, onsamehangende konsep

2012-03-27 Chris, Gerieflikheidshalwe was dit toe ook die vrou wat hom verlei het. Daar is sy netjies en pragtig vasgeknoop as 'n minderwaardige wese.  Ek verstaan ook nie hoe 'n magtige, alomteenwoordige god, so 'n dom tuin geskep het en daarby, sulke dom me

Is vrouens nie bevry genoeg om hul sê oor godsdiens te sê nie?

2012-03-27 Beste Cornelius, Ek is bly dat jy  in jou vriendekring ervaar dat vroue hul mening lug. Dis egter nie my ervaring nie, daarom het ek dit geskryf. Die paar bekendes wat hul koppe uitsteek, is weer eens net 'n handjievol. Een swaeltjie maak nie 'n som

Die fondasie van die Christelike godsdiens

2012-03-27 'n Outobiografie van Moses, deurgaans vertel in die derde persoon? Daar is ook geen aanduiding aan die einde van die Pentateug dat ons te doen het met 'n appendiks nie. Binne die Pentateug is daar geen aanduiding dat Moses die ver
Top