Bewyse van die skriftelike bestaan van die boeke van die Pentateuch, synde die Genesis geskiedenis en die Mosaïese wette, al sedert die vroegste tye:
Johannes 1:17; Eksodus 24:4-7; Deuteronomium 31:9; 17:18-19; 27:2-3, 8; 31:11; Josua 1:8; 8:31-34; 23:6; 24:26.
Ons weet dat God van die begin af, die wette geskrywe het – eers op die kliptafels in die vorm van die sinopsis, die Tien Gebooie en daarna via Moses op leer- of kleitablette en voor Moses, deur Abraham.
Opgrawings en omringende feite ondersteun die Woord.
Aan die woord is
dr. Clifford Wilson – argeoloog, fisioloog: “Professor G. Ernest Wright, Professor of Old Testament and Semitic Studies at Harvard University … made the point that it had become clear that the records of Moses, when dealing with covenants,
must be dated back to the middle of the second millennium BC. That’s about 1500 BC.
Also, that those writings should be recognized as a unity. In other words, they go back to one man. That one man could only be Moses.
I went to Professor Wright later and said, ‘Sir, this is very different from what you’ve been putting out in your own writings.’ He looked at me and said, ‘Clifford, for 30 years I’ve been teaching students coming to Harvard to train for the Christian ministry; I’ve been telling them they could forget Moses in the Pentateuch,
but at least in these significant areas of the covenant documents that are there in the Pentateuch, I’ve had to admit that I was wrong.’
They were two scholastic giants. One says, ‘I’ve excavated for 30 years and I’ve never found the Bible to be in error’—basically that’s what he was saying. The other says, ‘For 30 years I’ve been wrong.’ It’s rather sad, isn’t it, that a good man such as Professor Wright had been so swept along with the ridiculous ‘documentary hypothesis’ that he had taken a wrong stand for so long.”
Daar is ’n hipotese (die agnostici is absoluut gek na hipotese, want dié kan hulle in na willekeur in fabels omskep, maar vermy feite en werklikheid soos die pes…), genaamd die “document hypothesis” dat die Ou-Testamentiese boeke en veral die Pentateuch, mondelinge oorgelewerde tradisies is (ten spyte van die duidelike Skrifverwysings hierbo vermeld wat aandui dat dit skriftelik was) wat eers later lukraak op skrif gestel is – nie net is dié hipotese onnosel nie, dit is ook onakkuraat. Indien daar werklik net mondelinge oorlewerings was wat ongeveer 450 v.C. vir die eerste maal opgeskrywe was, sou die opskrywers nie so onnosel wees om dan te verwys na die wetboeke wat Moses en Joshua, daterend uit ongeveer 1500 tot 1300 v.C., gereeld aan die volk
moet voorlees (hoe lees mens mondelinge oorlewering voor?!)
en opskrywe, nie. Maar daar staan dit want dit was rééds opgeskrywe. Dit is later net in ’n kompilasie geneem die Pentateuch saamgebind.
Weer dr. Wilson aan die woord:
“ ‘Sir, I hear there is a new creation tablet that has been found. Is that a fact’?’ I put my question to Professor Pettinato and, after some hesitation, he indicated that the information shouldn’t be made public. So I made the point, ‘If there is a new creation tablet you simply can’t hold it back; it must he made known.’ After thinking about it he revealed that there was indeed a new creation tablet.
I found it very interesting to hear those world-leading scholars discussing the impact this would have on what is called the ‘documentary hypothesis’.
One of those scholars, as a result of this revelation of a new creation tablet that was even earlier than Moses, declared ‘It looks like we’ve got to forget the ‘P’ document. The argument [“P” document] used to be that the creation story did not come into the Pentateuch — that Moses could not have had it. But in fact we not only find that Moses could have had it but that it was known even earlier than the time of Moses … Donald Wiseman, formerly Professor of Archaeological and Semitic Studies at London University, recently edited and revised
New Discoveries in Babylonia about Genesis. It is now called
Clues to Creation in Genesis. In it he acknowledges that ... through Genesis there is the regular use of a literary form called a colophon. It tells you that this is where a particular tablet ends and then another one starts. These records of early Genesis were presumably carried over the Fertile Crescent by Abraham, and eventually they were used by Moses (centuries after Abraham)”.
Dit is duidelik dat die Woord betroubaar is in alle opsigte, ook ten aansien van die skepping.
Groete,
Kobus de Klerk
Kommentaar
Kan jy asb in jou moedertaal skrywe. Of doen ten minste bietjie moeite. Hierdie engelse spoeg en plak dokumente gee my sooibrand. Terloops, ek dink baie van die geskiedkundige rekords van die ou testament is akkuraat. Ons almal weet dat die mensdom in die algemeen in daardie jare effens barbaars was. Jy weet mos van die kindertjies wat met klippe doodgegooi moet word...
Elke versie ( Johannes 1:17; Eksodus 24:4-7; Deuteronomium 31:9; 17:18-19; 27:2-3, 8; 31:11; Josua 1:8; 8:31-34; 23:6; 24:26) verwys spesifiek na die wet van Moses, nie soos jy wil laat blyk die Pentateug as 'n geheel nie. Jou verwysings bewys ook nie dat Moses verantwoordelik was vir die opskryf van hierdie wet nie. Die onbetroubaarheid van die Pentateug as 'n historiese dokument maak dit hoogs onwaarskynlik.
Clifford Wilson en David Noel Freedman verteenwoordig Bybelse argeologie van die laat agtiende en vroë negentiende eeu. Met Bybel en troffel het hulle gehardloop deur die Heilige Land met die geld ingesamel van goedgelowige Christene in Amerika om die Bybel waar te bewys. Fantastiese 'bevindinge' is geraporteer aan Christene en is deur hulle opgevreet soos soetkoek. Argeologie het intussen ontwikkel in 'n gerespekteerde dissipline met wetenskaplike metodes en teoretiese raamwerke waarvolgens die materiële rekord geinterpreteer word. Bybelse argeologie vind vandag plaas in die konteks van die breë Nabye Ooste en dit het geweldig bygedra tot ons kennis van die streek, en dan veral die plasing van die Jode/Israeliete binne hierdie konteks.
Toe Heinrich Sclieman sy opgrawings gedoen het by Troy en Mycenae het hy bewys dat literêre werke, in sy geval die Iliad van Homer, belangrike leidrade kan verskaf oor die verlede. Niemand, sover ek weet, dink dat Scliemann bewys het dat Acilles, Hector, Priam, Agamemnon en Helen werklike historiese figure is wat direk verbind kan word met sy opgrawings nie. Nog minder dink argeoloë dat Schliemann die bestaan van Zeus, Apollo en Aphrodite bewys het. As die Bybel (Pentateug) enige waarde het vir argeologie en interpretasie van Palestina, is dit in dieselfde verhouding as wat die Iliad het met Troy en Mycenae. Argeologie het niks gevind wat die figure (Dawid en Salomo ingesluit) van die Bybel bewys. Dit beteken nooit dat dit absoluut onmoontlik is dat bewyse ooit gevind sal word nie, maar in ag geneem dat Palestina die mees opgegrawe deel op aarde is en dat absoluut niks tot dusver gevind is nie, kan dit met redelike sekerheid verklaar word dat die geskiedenis van die Israeliete, soos weergegee in die Pentateug, mitologies van aard is.
Dis baie duidelik dat jy nog nooit in jou lewe iets gelees het wat deur regte argeoloë geskryf is nie, anders sou jy dadelik die onderhoud met Wilson, waarvoor jy 'n link verskaf het, gesien het vir wat dit is: Spinstories om Chritene te sus in hulle onkunde en dogma!
Die basis van jou argument is dus dat die Bybel se korrektheid uit die Bybel bewys word.
Dit is rregtig nie nodig om met jou stomme riffel-raffel snert te deel nie, Chris, dit is ooglopend bevooroordeeld insigloos en verwerplik. Verstik jouself daarin.
Wat die "wet van Moses" aanbetref, ou insiglose twissoeker, beslaan dit ongeveer vier uit die vyf van die Pentateuch boeke.
Wie dink jy, sal jou ernstig opneem oor jou absolute bevooroordeelde snert? Geen verstandige mens nie - spirituele analfabete en -versteurdes soos jyself ja, maar dan weer, hulle vreet enigiets wat sieldodend is, vir soetkoek op.
Ek sê mos, as jy verstand gehad het, was jy 'n gelowige. Nou dien jy as gebruiksobjek om stommiteit van agnostisisme en die sistematiese aftakeling van die mensilike psige wat dit meebring, te demonstreer -
Ja, soos die Woord sê, so het alles onder die son sy doel...
Kobus, jy raak nou uiters vervelig. Jy het al laaaankal jou saak verloor teen Darwin en Bybel kritiek, maar dring steeds daarop aan dat die drol waarop jy dryf die Titanic is wat die ysberg van bewyse gaan vermorsel.
Chris,
Jy is maar soos gewoonlik die oningeligte en onkundige een – natuurlik weens jou vooroordeel.
Daar is heelwat argeologiese bevestiging van die Ou-Testamentiese verhale:
Die Egiptiese farao se inval in Israel waarvan in 1 Konings 14:25-26 geskrywe word, staan aangeteken op een van die mure in die temple van amun in Thebes,
Egipte; Die Moabitiese opwelling teen Israel waarvan in 2 Konings 1:1; 3:4-27 geskrywe is, staan opgeskrywe in die mesha byskrifte en so ook Dawid se naam en dinastiese verwysings na die huis van Dawid in die Tel Dan en mesha byskrifte en die Shoshenq I;
Die inval deur Salmanéser (Sargon II) van Assirië in Samaria wat in 2 Konings 17:3-6, 24; 18:9-11 aangeteken is, staan op sy paleismure, asook Salmanéser se inname van Asdod, wat in Jesaja 20:1 aangeteken staan;
Die val van Nineve wat deur die profete Nahum en Sefanja (2:13-15) geprofeteer is, staan geskrywe op die kleitafel van Nabopolasar.
Daar is nog báie.
So, jy sien, waar dit die ander volke betrek het, het hulle dit, arrogant soos hulle was, op publieke plekke soos mure van tempels en paleise en openbare tablette, ens. aangeteken.
Die volk was nie ’n verwaande arrogante volk nie, maar nederig en het hulle rekords op leer en kleitafels en papirusrolle opgeteken, vandaar ons rekords vandag
Kobus de Klerk
Dit is darem nou ’n tipiese aanmerking van ’n agnostikus – om te maak of die ander ou altyd die ‘saak’ verloor terwyl dit maar jý is wat met die verloor-paradigma vir ’n lewe moet klaarkom.
Nee, wat, te oordeel ook aan julle patetiese pogings, was dit van meet af aan klaarpraat met julle. Sodra julle nie meer weet wat om te sê nie en dit gebeur blitsvinnig (met Thomas en Johan [hy het ’n ‘verskoning’ – hy is baie oud en baie sieklik] gebeur dit by voorbaat en by verstek) dan is dit dié ou verloor-en-vloere-veeg refrein wat mens aanhoor.
Eintlik moet iemand elke op-en aanmerking en kommentaar (as mens dit hoegenaamd só kan noem) wat julle maak, onder die naam van elke van julle lys en dan publiseer – dit sal ’n spektakel afgee van ongekende proporsie, dat daar sóveel niks met soveel woorde gesê kan word deur soveel deelnemers, nie.