Die fossielrekord word al meer en meer deurmekaar en weerspreek daardie aanname van darwiniste soos Stephan dit in ’n kommentaar verwoord, naamlik dat sekere fossiele in sekere rotslae voorkom, dat die opeenvolging van daardie lae vasgestel is en dat die oppervlakkigste van die lae fossiele bevat wat soos hedendaagse organismes lyk en die dieper lae ontbreek aan baie fossiele wat herkenbaar in hedendaagse groepe hoort en fossiele bevat van uitgestorwe organismes en die diepste lae fossiele bevat wat relatief eenvoudig of primitief is of geen teken van lewe verklap, nie.
In die proses word die geknoeiery van darwiniste met die datering van fossiele om dit te laat inpas by die darwinistiese model, ook boonop geopenbaar.
“The reality of the geologic column is predicated on the belief that fossils have restricted ranges in rock strata. In actuality, as more and more fossils are found, the ranges of fossils keep increasing … For instance, trilobite-bearing beds are supposed to reflect a time when trilobites were the dominant life form on earth, and dinosaur-bearing beds are supposed to reflect a time when dinosaurs were dominant on the earth. However this view is weakened because the range of fossils from one supposed time period keeps extending and overlapping fossils ostensibly typical of another period of time in the past … When we consider the fact that fossil succession is limited in overall extent, it is another way of stating that there are many fossils which are found at many stratigraphic intervals. In fact, only a minority are confined to rocks attributed to only one geologic period … Since the early days of the acceptance of the standard geologic column, fossils have been turning up in ‘wrong’ places as more and more fossils have been collected, and this process continues to this very day. And even this does not include the numerous instances where fossils are supposed to be reworked from older strata, often with no independent supporting evidence.” – John Woodmorappe.
“You may be surprised to learn that fossils are being found “in the wrong place” all the time. Out of place, that is, compared with the areas, or ranges, shown for them on the geological column … So, it is not surprising that new fossils are regularly found in places where they were previously unknown. For example, sometimes we will find an organism alive-and-well that was ‘extinct’ for ‘millions of years’. These discoveries are no problem for evolutionists; they just extend the range of these animals upward on the geological column.”
Só word data gemanipuleer om die hipotese te pas en nie andersom nie.
“The Wollemi pine is a remarkable example of a living fossil. In recent years a grove of trees was found just 100 kilometres west of Sydney … It was thought to be extinct since the so-called Jurassic period—about 150 million years ago on the uniformitarian timescale. Obviously, the Wollemi pine has not ‘evolved’ over the alleged 150 million years” – Michael Oard
“In May 2005, New Scientist reported that [Timmins in Laos] discovered an animal completely unknown to science … This particular specimen had already been killed, and was destined for the kebab skewer. The creature, a rodent dubbed Laonastes aenigmamus looks like something in between a squirrel and a large rat … In March 2006, Science journal dropped a bombshell, saying that the rodent Laonastes is not new, the journal reported that anatomical comparisons of Laonastes with fossil evidence from the lower Miocene, Shandong Province, China, showed that the creature living in Laos today is actually a surviving member of the Diatomyidae, a group of rodents long thought extinct. ‘Hence,’ says Science, ‘Laonastes “resurrects” a clade of mammals that was formerly thought to have been extinct for more than 10 million years”.
“One of the most infamous of these ‘living fossils’ is the coelacanth fish, once held up to be the ancestor of all land animals and birds, and formerly thought to have died out 65 million years ago. But when fishermen hauled a live coelacanth to the surface from the deep ocean waters off Madagascar, evolutionists saw that it was not a transitional form … The coelacanth and Laonastes are not the only [extinct] organisms living today. The rare South American opossum-like marsupial Dromiciops gliroides is a member of a ‘clade’ (Microbiotheria) earlier thought to have become extinct more than ten million years ago. And the fossil ant Gracilidris, thought to have died out 15–20 million years ago, has recently turned up alive and well in Paraguay, Brazil and Argentina. These and the hundreds of other known examples of ‘living fossils’ (e.g.)” – Dr. David Catchpoole.
Daar is blykbaar honderde sulke voorbeelde, soos byvoorbeeld die tuatara, salmander, perdeskoenkrap, Wollemi den, ens., wat die darwiniste se aanspraak, totaal verongeluk.
Trouens, boonop is die datering van rotslae is só onbetroubaar en aanvegbaar dat daar nie op staatgemaak kan word, nie.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Soos gewoonlik praat jy oor iets waarvan jy niks weet nie en bevestig jou skrywe jou grenslose onkunde oor die onderwerp.
Kobus, ek kyk nou al 'n lang tyd na "creationist website mining" - met die uitsluitlike doel om jou voorofopgestelde siening (waarvoor daar geen bewyse bestaan nie) te verkondig. Jou metode is egter om wetenskap verdag te maak. Maar net selektief - Jy het skynbaar saam met die kerk aanvaar dat die planete om die son wentel, en dat die aarde toe nie op pilare staan nie. Maar jy het 'n yslike probleem met gemeenskaplike oorsprong (GO) van spesies (common descent)
Evolusie gaan oor gemeenskaplike oorsprong (GO), en die prosesse daar rondom.
* Dit is nie vir of teen godsdiens nie.
* Dit se ook nie dat ons van ape (of enige ander moderne spesie) afstam nie.
* Dit handel ook nie oor die oorsprong van lewe nie (dit is abiogenese)
Gemeenskaplike oorsprong is 'n feit. Dit is bewys in die vorm van sowat 445 000 empiriese navorsingsartikels in die planeet se vooraanstaande wetenskaplike joernale. Dit bevat mijoene bewyse vir GO.
Verder strek dit oor meer as n eeu se KUMULATIEWE en KONSEKWENTE bewyse. Tot op datum is daar nie een (NIE EEN) empiriese navorsingsartikel wat GO as verkeerd bewys nie. As jy of jou maters in jou webwerwe enige bewyse kan voortbring, sal julle vir 'n kits Nobel Prys kwalifiseer.
Vervolg:
Vervolg
Verder Kobus, is gemeenskaplike oorsprong ONAFHANKLIK bewus uit 9 dissiplines in natuurlike wetenskap bewys. Die bewyse kom uit (verskoon die Ingils)
* paleontological evidence
* Morphological evidence
* Molucular biological evidence
* Vestigial evidence
* Embryological evidence (en ja Kobus, ons het al aanbeweeg sedert haeckel se dae...)
* Geochemical evidence
* Paleoenvironmental evidence
* Paleobiographic evidence
* Chronological evidence
Nou gaan kyk hoe word dit byvoorbeeld toegapas op die evolusie van die walvis by http://www.talkorigins.org/features/whales/
GO is verder baie sterk teorie (soos heliosentrisme) in die opsig dat dit banaal maklik falsifiseerbaar is (byv een fossiel in die verkeerde stratum, endogene retroviruse in verkeerde volgorde, ens. en dan is die teorie geblaas).
"Believe a proposition because it is well supported by theory and evidence; believe it because it has been experimentally verified; believe it because a generation of smart people have tried their best to falsify it and failed; believe it because it is true (or seems so)." - Sam Harris.
Integreer evolusie (common descent) in jou godsdiens, en beweeg aan Kobus.
Jou stuk oor die Wollemi Pine, die Coelecant en Dromiciops gliroides verwys:
Op watter manier "totaal verongeluk" spesies wat relatief onveraderd bly die evolusieteorie (common descent)?
Moet suksesvolle spesies verander? Hoekom? Vogens wie of watter teorie?
Wat is die moderne siening van 'n "spesie"?
Dink jy 'n antieke Coelecant en 'n moderne Coelacant sal vandag steeds suksevol kon voorplant met mekaar? Wat weet jy van genetiese drywing af?
Dink jy lewensvorme wat baie na mekaar lyk (of identies lyk) is altyd van dieselfde spesie?
Wat weet jy van spesiasie af?
In watter mate lees jy verder as kreasionistiese webwerwe?
Thomas,
Nou hoe ondersteun jou ge-bla bla bla jou?
Toemaar, ander kan die resultate sien en so agterkom wat jy werklik is. Niks wat jy sê is enigsiens betroubaar nie. Ek het ook agtergekom jy weet veel minder van evolusie as selfs die deursnee gelowige. Jy weet niks.
Ek neem aan jy het ook dna toetse op al die spesies hierbo vermeld gedoen?
Delusie
Delusie,
Ek sien jy hou die skelet voor as die sogenaamde darwinistiese ‘lewende wetenskap’ – maar om werklik te lewe, het die skelet ’n stel essensiële organe nodig – hart, longe, niere, lewer, brein, bloedsomloop, ens.
Beskadig enige van dié essensiële organe en die spul verander vinnig in ’n kadawer – ’n fossiel sonder lewe.
Ons het die vermoë om tussen en agter die beendere en ander rookskerms en kaf-detail wat julle voorhou te kyk en vinnig agter te kom dat julle hipotese ’n dooie proposisie is – die essentialia ontbreek – en julle probeer die oorblywende kadawer met kunsmatige hipotese regop hou.
Die punt van die wolemmi den was dat dit as uitgestorwe fossiel aangegee is. Maar dit lewe – en derhalwe is dit is op totaal die verkeerde plek in die stratigrafiese horison volgens die verwagte evolusionêre opeenvolging van soorte. So ook die ander voorbeelde genoem en blykbaar nog honderde ander. Dus, die stratigrafiese horison teorie stort ook in duie, die spul is deurmekaar en dui nié op opeenvolgende evolusie nié.
Jou argument oor die behoud van spesies wat suksesvol is, is uit en uit IO en kreasionisme. Lyk my jy verstaan jou eie verkose darwinistiese hipotese nie, ek moet dit verduidelik.
Dus, haal maar ’n paar van jou essentialia in jou lysie van essensiële evolusionêre ‘dissiplines’ uit, want nie een van hulle, kan op eie been staan, nie.
Jammer, dit werk nie. Die tyd daarvoor is verby. Maar, ek wonder of jy besef hoe julle besig is om al nader te beweeg aan die punt waar die hele darwinistiese evolusieteorie in duie stort, ten gunste van kreasionisme – jy is al op die punt dat jy die liggaam in sy nege dele uitmekaar kap en dan voorgee dat elkeen afsonderlik die liggaam kan laat ‘lewe’… soos zombies? Besef jy watter nonsens jy praat? Maar jy bied baie getuienis ter ondersteuning van IO en kreasionisme.
Ek geniet julle bydraes – julle maak my taak sóveel makliker!
Kobus de Klerk
Baie goeie brief Delusie. Leersaam en 'n goeie opsomming van die aspekte.
Liewe aarde Kobus,
Die Wolemmi wat eens gereken 'n uitgestorwe spesie was, is later ontdek dat hy nie uitgesterf het nie. Instede daarvan om te juig oor die wonderlike ontdekking, sien jy dit is bewys vir keasionisme en 'n doodsteek vir Darwinisme (sonder om ons te vertel wat Darwinisme volgens jou is).
En as hy nie uitgesterf het nie, behoort hy immers in al die strata voorkom waarin hy geleef het. Hoe werk jou kop dan?
Probeer 'n ding vir jouself logies uitredeneer voor jy onsamehangende, nie-relevante stellings en antwoorde op creation.com opsoek en gebruik?
En wat de ongeluk is 'n "uitgestorwe fossiel" Hoe sterf 'n fossiel?
En hoe presies "val die hele Dawinistiese evolusieteorie in duie"??
Common descent word elke dag kumulatief en konsekwent bewys. Of weet jy dalk van EEN empiriese navorsingstuk wat dit verkeerd bewys wat die mensdom mis gelees het?
.
Kleinkoos,
Tag! Julle is so maklik afleibaar. Of dalk probeer julle mense se aandag van die werklike issues aftrek - feit is, julle slaag nie.
Die oorspronklike punt van Stephan was dat die stratigrafiese horisonne die verloop van die ontwikkeling van evolusie aandui en impliseer dat dinge nie uit plek is nie.
Ek het aangedui dat die Wollemi den, wat as miljoene jare gelede uitgestorwe aangegee is deur julle, steeds lewe, en nie miljoene jare oud is of kan wees, nie, en aangedui hoe uit plek dinge is, en die Wollemi den is maar net een voorbeeld van honderde ander.
Dit dui ook op die hopelose onbetroubare metodiek rondom datering.
Julle kan niks betroubaar en konsekwent aanbied nie - die feite weerspreek julle telkens
Kobus de Klerk