Om iets te hê soos vrye wil sal dit nodig wees om te kan onderskei tussen goed en kwaad. Daarmee dink ek sal almal kan saamstem. Dit is natuurlik ’n ope vraag of iets soos vrye wil bestaan, maar kom ons los dié argument vir ’n ander dag. In Genesis maak God die man, en dan die volgende:
Nuwe Vertaling - 2:16 Die Here God het die mens beveel:"Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, 17 maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy." Vergelyk hierdie vertaling nou met die NRSV en onmiddelik is daar ’n probleem: NRSV - 2:15 The LORD God took the man and put him in the garden of Eden to till it and keep it. 16 And the LORD God commanded the man, "You may freely eat of every tree of the garden; 17 but of the tree of the knowledge of good and evil you shall not eat, for in the day that you eat of it you shall die." Geen sprake van goed en kwaad in die Nuwe Vertaling. Dieselfde gebeur later: Nuwe Vertaling - 3:22 Toe het die Here God gesê: "Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!" NRSV - 3:22 Then the LORD God said, "See, the man has become like one of us, knowing good and evil; and now, he might reach out his hand and take also from the tree of life, and eat, and live forever" Die vertaler van die Afrikaanse Bybel was terdeë bewus van die teologiese probleem wat ’n verwysing na goed en kwaad inhou. Sy oplossing is om die noem van goed en kwaad eenvoudig uit te laat. Die man word beveel deur God om nie te eet van die boom nie, maar hoe kan hy weet dat dit verkeerd is as hy eers hierdie onderskeid kan tref nadat hy van die boom van kennis van goed en kwaad eet? Kan hy gestraf word vir iets wat hy letterlik nie weet nie, naamlik wat kwaad is? As hy geen vrye wil gehad het voordat hy geëet het, omdat hy geen konsep gehad het van goed en kwaad, kan hy nie verantwoordelik gehou word nie, en nog minder beskuldig word van sonde. Die hele konsep van die oorspronklike sonde van die mens is gebaseer op hierdie daad (eet van die boom van goed en kwaad) van die man en die vrou. Hulle word uit die paradys gegooi en voorbereidings word begin vir Jesus se melodramatiese verskyning en betaling vir ons sondes ’n paar eeue later. Want so lief het God die wêreld gehad dat hy sy eniggebore seun stuur om vir ons onskuld te betaal met sy lewe. Wat ’n grap!Die enigste karakter wat prys verdien in hierdie verkragting van geregtigheid is die slang. Behalwe dat hy God aan die mens uitwys as ’n liegbek (onthou dat hy gesê het hulle sal sekerlik sterf), verlos hy hulle ook van ’n bestaan van onkunde en ewige tuinwerk. Ns. Kobus, selfs die NKJV probeer nie dieselfde oneerlikheid as die Nuwe Vertaling nie. Chris Dippenaar


Kommentaar
Chris,
Gerieflikheidshalwe was dit toe ook die vrou wat hom verlei het. Daar is sy netjies en pragtig vasgeknoop as 'n minderwaardige wese.
Ek verstaan ook nie hoe 'n magtige, alomteenwoordige god, so 'n dom tuin geskep het en daarby, sulke dom mense nie!
Wel Chris, fiksie hoef immers nie samehangend te wees nie.
Biskop John Selby Spong het laasweek iewers sy brein aangeskakel en deur die delusie gesien. Spong se antwoord op 'n vraag van 'n persoon wat baie wonder oor God en godsdiens, nadat hy die boeke van Richard Dawkins gelees het:
"I am glad you have read Richard Dawkins' books, The God Delusion and The Selfish Gene. I enjoyed both books and find Richard Dawkins to be an insightful thinker and a clear writer. He is a pleasure to read. We are living in a time of rising consciousness and new ways of understanding reality. Richard Dawkins is one of the authors who is forcing us to recognize that the old ways of thinking are simply not working any longer. The problem is that most of our churches are so deep in the clutches of these old ways of thinking that their message is no longer able to be heard.
When we examine the prayers said in church we discover that they are all generally addressed to the God above the sky who began to disappear with the work of Copernicus in the 16th century and who then died when we became space age people.
We see old and dated thinking when we continue to define human life as fallen from an original perfection and thus identifying ourselves as the victims of "original sin." These ideas died with the work of Charles Darwin, who taught us that human life was never perfect, but that we evolved from single cells into self-conscious, complex creatures. Now look for a moment at what Darwin's insight means to the common religious language of our day.
If there was not original perfection, there could have been no fall from perfection into sin. If there was no fall, there would have been no need to be saved from a fall that never happened. This means that the whole idea that "Jesus died for my sins" is absurd. I could go on and on but the fact is that many churches today appear to be caught in a time warp. Their destiny is thus either to turn into being clever propaganda institutions of fundamentalism that avoid the issues or they become quickly irrelevant and begin to manifest rigor mortis. The future of Christianity lies, I believe, in breaking out of these patterns and finding new ways to articulate the meaning of life and the God who infuses new life. So wrestle with Dawkins, but recognize that there are people in the Christian Church who can read and even appreciate Dawkins and still be drawn into the worship of God and a Christian understanding of life. Live well!"
Chris, die vertaling wat ek het sê duidelik (Gen 3:22) Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken ... " Jou opmerking oor 'die vertaler' is dus verkeerd; jy moet dan eintlik praat van die 'vertaler(s) van die nuwe vertaling' het sus en so opgetree.Interessant, die versie gaan verder " .. As hy nou maar nie sy hand uitsreek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!"
Die Engelse vertaling wat jy aanhaal sê " ... and now, he might reach out his hand and take also from the tree of life, and eat, and live forever." Die Afrikaans daarvoor sou seker wees iets soos " .. en nou sou hy sy hand kon uitsteek en ook neem van die boom van die lewe, en kon eet, en vir ewig kon lewe." In die Afrikaans word 'n wens uitgespreek dat iets nie gebeur nie, in jou Engelse vertaling word 'n ongewenste moontlikheid uitgewys.
Die Duitse vertaling sê " ... Nun aber, dasz er nur nicht ausstrecke seine Hand und breche auch von dem Baum des Lebens und esse und lebe ewiglich! Ook konjunktiv, soos in die Afrikaans.
Die King James-vertaling stel dit so: " ... and now, lest he put forth his hand, and take also of the tree of life, and eat, and live for ever:" Die King James is dus soos die Afrikaanse en Duitse vertalings (maar einding met 'n dubbelpunt want vers 23 begin met "Therefore ..." wat nie in die Afrikaanse en Duitse vertalings is nie,
Die punt is Chris, jy gaan volumes skryf as jy allerhande interpretasies aan spesifieke vertalings heg; soos jy sien kom die verskillende Afrikaanse vertalings nie ooreen nie, so ook met die Engelses. Buitendien, wat dring en dryf en wroeg jy so? Dit is mos duidelik dat daar baie simboliek en die soort van ding is. Die ribbebeen is dalk 'n metafoor vir DNA of so-iets.
Lekker dag verder!
Die hele Christelike teologie maak net nie sin nie. Ek wonder baie maal of hulle nie 'n slim prokureur moet kry om die hele ding oor te skryf nie. Ek stel ons eie Kobus de Klerk voor. Hy is mos so lief vir die uitdrukking kloutjie by die oor kry.
Perdebytjie, daar was darem 'n slim slang. Ek wonder waar hy vir prokureur studeer het.
Ek dink nogal gereeld aan Angus met die volgende uitdrukking wat deel vorm van 'n reeks videos saamgestel deur Dr Jonathan T Pararajasingham, "Speaking About God" Series, wat insluit, 50 Renowned Academics Speaking About God, Another 50 Renowned Academics Speaking About God asook 30 Renowned Writers Speaking About God en dan vir balans, 20 Christian Academics Speaking About God.
Hello Chris,
Hello Jan
Die Nuwe vertaling wat ek het is die eerste uitgawe, 1983 en vierde druk, 1984. Latere uitgawes lees soos joune, ek aanvaar dit so, maar dit ondersteun my vermoede dat die oorspronklike vertaler(s) die probleem besef het.
Die gedeelte wat later kom kan, afhangende van die vertaling, 'n wens of 'n ongewenste moontlikheid uitwys, maar is minder belangrik vir 'n teologiese interpretasie. Die verwysing na goed en kwaad in die eerste is egter 'n probleem. Deur dit te sien as 'n simbool of metafoor vir die onvolmaaktheid van die mens kan 'n uitweg wees, maar dit land jou in 'n moeras wanneer jy dan wil sê dat daar iets was soos oorspronklike sonde waarvoor Jesus 'n fisiese, nie-simboliese, dood moes sterf, dat daar iets soos 'n fisiese hemel en hel is. Waar word die streep getrek? Sou Christene wou sê dat Jesus sterf vir 'n simboliese/fiktiewe oomblik to mense 'n oorspronklike en onvergeeflike sonde gepleeg het? Want in elk geval, sou so 'n sonde kon wees anders as die produk van 'n god wat sonde ingebou het in sy maaksel. Wie pleeg die oorspronklike sonde dan, die mens of God?
Simboliese interpretasies is geneig om te fokus op spesifieke gedeeltes in die Bybel wat latere letterlike interpretasies ondersteun. Christene is vinnig om te gryp na metaforiese interpretasies wanneer dit kom by probleme. Wat hierdie interpretasies nooit doen nie is om die probleem op te los. Dit skuif dit net nader aan die 'lyn' waar dit wonderbaarlik oorskakel in letterlike interpretasies, of dit veroorsaak nuwe probleme.
Dankie vir jou reaksie op my brief.
Chris
Hallo Chris
Nee die versie wat ek aangehaal het is 'n vroeëre vertaling, jy kan mos sommer sien aan die prosa. Die datum voor in daardie Bybel 1962. Ek het nog nie die nuwe vertaling aangeskaf nie; hy klink nie vir my reg nie. Ek meen, waar kry jy mooier jambe of annapes of golwing of wat die taalkenners dit ookal noem as in die ou vertaling van Psalm 91: "Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit sal vernag in die skaduwee van die Almagtige..." ens.
Nie eers die King James- weergawe, "He that dwelleth in the secret place of the most High shall abide under the shadow of the Almighty" kom daar naby nie.
Daar is g'n gegryp na metaforiese interpretasies nie, dit is net 'n kwessie van watter een die beste pas; jy moet onthou hierdie goed is geskrywe toe die tegnologie nog nie naastenby was wat dit vandag is nie (anders sou Esegiël byvoorbeeld gesê het hy sien 'n vlieënde piering en nie 'n wiel binne 'n wiel nie).
Ignoreer die stukkies wat jou laat wroeg en sweet en lees die wat van toepassing is, soos byvoorbeeld " 'n Koning hou met reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit."
Die hele verlossingsboodskap is dwaasheid vir die wyse mense, en dis so bedoel om die wyse te beskaam, maar ek ken nie eens een wyse wat dit in sy sokkies kan sit en rook nie.
Die eerste skeppingsverhaal is geskryf tussen 586-539 vC, dus gedurende die Babiloniese ballingskap.
In die https://www.jewishvirtuallibrary.org is die volgende opgeteken;
“The Chaldeans, following standard Mesopotamian practice, deported the Jews after they had conquered Jerusalem in 597 BC. The deportations were large, but certainly didn't involve the entire nation. Somewhere around 10,000 people were forced to relocate to the city of Babylon, the capital of the Chaldean empire. In 586 BC, Judah itself ceased to be an independent kingdom, and the earlier deportees found themselves without a homeland, without a state, and without a nation. This period, which actually begins in 597 but is traditionally dated at 586, is called the Exile in Jewish history; it ends with an accident in 538 when the Persians overthrow the Chaldeans.
"Nebuchadnezzar, the king of the Chaldeans, only deported the most prominent citizens of Judah: professionals, priests, craftsmen, and the wealthy. The "people of the land" (am-hares ) were allowed to stay. So Jewish history, then, has two poles during the exile: the Jew in Babylon and the Jews who remain in Judah. We know almost nothing of the Jews in Judah after 586. Judah seems to have been wracked by famine, according the biblical book, Lamentations, which was written in Jerusalem during the exile. The entire situation seemed to be one of infinite despair. Some people were better off; when Nebuchadnezzar deported the wealthy citizens, he redistributed the land among the poor. So some people were better off. In addition, there were rivalries between the two groups of Jews. It is clear that the wealthy and professional Jews in Babylon regarded themselves as the true Jewish people.
"The salient feature of the exile, however, was that the Jews were settled in a single place by Nebuchadnezzar. While the Assyrian deportation of Israelites in 722 BC resulted in the complete disappearance of the Israelites, the deported Jews formed their own community in Babylon and retained their religion, practices, and philosophies. Some, it would seem, adopted the Chaldean religion (for they name their offspring after Chaldean gods), but for the most part, the community remained united in its common faith in Yahweh.”
Wanneer die skrywer klaar is met die eerste skeppingsverhaal sluit hy dit af met die volgende woorde: Gen 2. Die Boodskap, vers 4. "Dit is dan die verhaal van die hemel en aarde en hoe dit ontstaan het."
Die tweede skeppingsverhaal kom uit 'n landelike gemeenskap in die tydperk van die konings voor die ballingskap.
Ons het dus in beide skeppingsverhale nie te doen met letterlike waarneming nie, maar wel hoe die skrywers van daardie tyd die ontstaan van die heelal, en alles wat daarin is, verduidelik het aan die mense van hul tyd. Dat hul sterk beïnvloed is deur die omgewing waarin hul hulself bevind, is duidelik.
'n Mens kan dus nie op grond daarvan, omdat die verhale opgeneem is in die Bybel wat 'n selektiewe versameling van boeke is (ongeveer 75 het dit nie gemaak nie), aanvaar dat ons heelal so tot stand gekom het en dat ons hier met 'n kitsskepping en kitsaarde te doen het nie.
Wat wel duidelik is: Dat dit nie hier om die 'hoe' maar wel om die ‘WIE’ gaan. 'n Skeppingsmag wat buite die mens, wat 'n produk daarvan is en niks daartoe bygedra het nie, se begripsvermoë en verstand val.
Die sluier word effens weggetrek met die koms van Jesus in 'n menslike vorm, maar selfs sy lewe en sterwe en opstanding bly vir vele 'n struikelblok, omdat dit nie in ons menslike raamwerk van logika en begrip inpas nie.
Dit is waarom in ons menslike begrip en verstand 'n wedergeboorte moet plaasvind. 'n Ander seining, 'n ander begrip van dit wat ons lees, en dit begin by 'n herbesin en lees van die skeppingsverhale soos dit in die Bybel opgeneem is.