Sjalom.
Op 12 November 2009 is die Handves vir Barmhartigheid deur die skrywer en voormalige non Karen Armstrong onthul.
Die Handves vir Barmhartigheid is ’n amptelike dokument wat godsdienstige, kultuur en ideologiese verskille tussen mense te bowe kom. Dis deur harte uit ’n verskeie agtergronde geskep om ons te verenig, inspireer en deernis teenoor mekaar te toon.
Anders as die Afrika Handves vir Menseregte wat ons die afgelope week gevier het, is die Handves vir Barmhartigheid op die agting tussen mense oor alle grense heen gerig terwyl die Afrika Handves vir Menseregte merendeels oor burger en politieke vryhede handel.
Dis ’n waardige gedagte wat deur vooraanstaande denkers uitgedra word onder meer Ds Peter Storey, voormalige Metodiste Biskop van Suid Afrika en nasionale ekumeniese leier in die Ou Suid Afrika; Salmon Ahmad, musikant, humanitêre, sosiale aktivis en VN welwillendheid ambassadeur vir MIV / vigs; Ds Joan Brown Campbell, Direkteur van die Departement van Geloof by Chautauqua Instelling en voorheen Algemene Sekretaris van die Nasionale Raad van Kerke in die VSA, en Rabbi David Saperstein, Direkteur Godsdienstige Aksie Sentrum vir Grondhervorming Judaïsme en die eerste voorsitter van die Amerikaanse Kommissie oor Internasionale godsdiensvryheid.
Intussen het menige ander hart hande daarin geneem.
Die Handves van Barmhartigheid lees as volg;
Die beginsel van barmhartigheid lê aan die hart van alle godsdiens, etiese en geestelike tradisie. Dis ’n wekroep om die Goue Reël uit te leef naamlik om aan ander te doen ander wat jy aan jouself gedoen wil he. Deernis vuur ons met ywer aan om die lyding van ons medemens te verlig; om onsself te onttroon as die middelpunt van ons wêreld, ander in ons lewe daarop te plaas, die onaantasbare heiligheid in elke menslike wese te eer en so elkeen sonder uitsondering met absolute regverdigheid, gelykheid en respek te behandel.
Ons moet beginselgetrou en meevoelend op alle vlakke van ons bestaan met die pyn van ons medemens vereenselwig. Geweld, die dweepsieke bewondering van taal, volk en land, selfsug, hebsug, om basiese regte aan ander te ontken of uit te buit, haat aan te hits deur neerhalend na andersgelowiges - selfs ons vyande te verwys, is alles ’n miskenning van ons gemeenskaplike mensheid. Ons erken dat ons misluk het om in naasteliefde te leef - ja, ons medemens se ellende het selfs toegeneem in die naam van godsdiens.
Ons doen ’n beroep op elke man en vrou om weer innige medelye in die hart van ons godsdiens en moraal te herstel ~ die antieke lering wat die vertolking van heilige skrifte wat rassegeweld, haat en minagting aanmoedig verbied terug te bring ~ te verseker dat ons kinders korrekte kennis omtrent andere se taal, kultuur en godsdiens ontvang ~ ’n opbouende waardering vir die verskeidenheid van godsdiens en kultuur aan te moedig ~ en om ’n ingeligte deernis met die lyding van alle mense, selfs dié wat beskou word as jou vyande te kweek.
Dis dringend noodsaaklik dat ons barmhartigheid as ’n duidelike, helder en dinamiese krag in ons gepolariseerde wêreld uitleef. Gewortel in ’n beginselvaste voorwaarde om selfsug te oorkom kan barmhartigheid politieke, dogmatiese, ideologiese en godsdienstige grense aftakel. Elke mens word gebore met ’n diepe en onderlinge afhanklikheid aan ander. Daarom is deernis noodsaaklik in al ons menslike verhoudings. Dis die pad na ’n vervulde mensdom, na ’n geestelike ontwaking so nodig vir die skepping van ’n regverdige ekonomie en ’n ??vreedsame globale gemeenskap.
Jy kan jou stem hier by die handves voeg.
Mag Jesus Christus ons Trooster, die enigste in wese en wete in alles en almal se oomblik voor die biljoenste van ’n triljoenste sekonde net na die Oerknal, self Haar openbaring in elkeen se hart bring wat hier lees.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Sjalom Cornelius!
Dankie vir die skakel. Ek het die stukkie geniet! Ek hoop tant alie en kobus lees die ene en dink bietjie daaroor na.
Ateistiese groete
Johan Wiese
Corneliu,s jy hou mos van raai? Nou kan jy dalk raai vir wie ek hier vertaal het? Dié skrywer het dit daarteen dat God skitter in sy afwesigheid wanneer dit by die betoning van barmhartigheid kom.
" Indien die mensdom God se armes en verwaarloosdes, Sy gestremdes en hulpeloses, afskeep — soos wat Hyself doen — wat sal van hulle word? Die antwoord is te vinde in daardie agtergeblewe donker lande waar die mense Sy voorbeeld volg en onverskillig en gevoelloos die rug draai op smekinge en pleidooie en gebede en die inwoners uiteindelik na onbeskryflike lyding in ellende sterf sonder enige hulp ooit.
"As jy die aangeleentheid rasioneel en objektief wil beskou, is die regte plek om na die voorbeelde van sy barmhartigheid te soek, nie waar die mens die barmhartigheid bewys en Hy die krediet opeis nie maar op daardie plekke waar die veld braak lê en Hy dit vir Homself en alleen het.
“Dit is duidelik dat daar een stel morele wette vir die hemel en ? ander stel vir die aarde is. Vanaf die preekstoel word ons daarop gewys dat waar ons ook al lyding en hartseer sien, wat ons kan verlig en dit nie doen nie, ons ? groot sonde pleeg. Maar daar is talle gevalle van hartseer en lyding wat God sou kon verlig, synde dat Hy almagtig is, maar dit nie doen nie. Word Sy versuim ook as sonde gesien?
"As Hy die bron van moraliteit is, doen Hy absoluut niks om dit te ondersteun en te bevestig nie! Sekerlik kan die wetgewer nie die Wet oortree sonder om sy reputasie skade aan te doen nie; Sekerlik kan die regter op die regbank nie misdaad veroordeel en dit dan self pleeg sonder om tot verantwoording geroep te word nie.
"Nietemin het ons hierdie komiese geval waar die afgerigte papegaai op die preekstoel hom gereeld en oordadig vergryp aan hierdie ironie wat hy tweedehands bekom en blindelings aangeneem het en aan ? gekondisioneerde gehoor oordra wat ook die geldigheid sonder meer aanvaar. En nog die spreker nog die hoorder lag vir hulleself.
"Barmhartigheid word nie betoon by wyse van proksie of delegasie en dan agterna die krediet op te eis nie."
Die einste — Mark Twain!
Intussen — meer as 100 jaar sedert Mark Twain se dood — word die status quo nog steeds gehandhaaf. Die mens bewys barmhartigheid en God eis die krediet!
Panda
Hallo Panda,
Dis nie of 'n mens God bevraag nie; dis hoe 'n mens dit doen. Die profeet Habakuk het ook God se wysheid bevraag.
Met hierdie antwoord aan jou het ek ook weer Habakuk gelees. Dis net drie hoofstukke kort. Ek is egter in geen posisie om vir jou of enige ander daaruit te dweep nie. Lees dit gerus self en vergelyk dit met menige ander se hartseer in ons bestaan.
Dan's daar nog Job, en die Psalms ...
Ek't deur Psalm 10, 44, 74 en 77 in my Soekbybel geblaai ...
Soos daar geskrywe staan; Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie! ... o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid? ... o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide? ... Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie? Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag? Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartigheid toegesluit? Sela ...
Panda, dankie vir jou eerlikheid. Daar's menige les vir my ook daaruit te leer.
Namaste!
Ekke
Sjalom Johan, dis net in genade wat ek hierdie persoonlike ervaring met jou en al die ander harte op die werf deel. Sou jy eens met my daarin wees dat hierdie Handves vir Barmhartigheid inklusief tot alle vorme van geloof en ongeloof staan?
Hello,
Wouter, my effense moeilikheid met Karin Armstrong is haar Ingelse aksent. Dis werklik so dat baie van mening is dat net omdat jy die een of ander "Queen Ingels" kan laat klink, jy 'n uitverkorene is.
Om hierdie rede spoeg en blerts ek vir jou die oorspronklike "Charter of Compassion" in Ingels:
The principle of compassion lies at the heart of all religious, ethical and spiritual traditions, calling us always to treat all others as we wish to be treated ourselves. Compassion impels us to work tirelessly to alleviate the suffering of our fellow creatures, to dethrone ourselves from the centre of our world and put another there, and to honour the inviolable sanctity of every single human being, treating everybody, without exception, with absolute justice, equity and respect.
It is also necessary in both public and private life to refrain consistently and empathically from inflicting pain. To act or speak violently out of spite, chauvinism, or self-interest, to impoverish, exploit or deny basic rights to anybody, and to incite hatred by denigrating others—even our enemies—is a denial of our common humanity. We acknowledge that we have failed to live compassionately and that some have even increased the sum of human misery in the name of religion.
We therefore call upon all men and women ~ to restore compassion to the centre of morality and religion ~ to return to the ancient principle that any interpretation of scripture that breeds violence, hatred or disdain is illegitimate ~ to ensure that youth are given accurate and respectful information about other traditions, religions and cultures ~ to encourage a positive appreciation of cultural and religious diversity ~ to cultivate an informed empathy with the suffering of all human beings—even those regarded as enemies.
We urgently need to make compassion a clear, luminous and dynamic force in our polarized world. Rooted in a principled determination to transcend selfishness, compassion can break down political, dogmatic, ideological and religious boundaries. Born of our deep interdependence, compassion is essential to human relationships and to a fulfilled humanity. It is the path to enlightenment, and indispensable to the creation of a just economy and a peaceful global community.
Sonder om te wil kibbel plaas ek die oorspronklike, Beeld en myne ...
Oorspronklike: "We acknowledge that we have failed to live compassionately and that some have even increased the sum of human misery in the name of religion."
Beeld: “Ons erken dat ons gefaal het om barmhartig te leef, en sommige het in die naam van godsdiens menslike lyding vererger.”
Myne: "Ons erken dat ons misluk het om in naasteliefde te leef - ja, ons medemens se ellende het selfs toegeneem in die naam van godsdiens."
Wouter, waar 'n mens die voorreg het om ervaring in woorde te omskep is die hoofsaak daarvan die hart daarin.
Dis anders as 'n akademiese vertaling waarin daar byvoorbeeld vandag steeds nie ooreenstemming oor sommige inhoud van die Bybel is nie - net omdat die bedoeling van die teks deur sogenaamde spirituele intelligentes ter wille van hul onderdrukking gekaap word.
Wouter, wat ek wel bemoedigend vind is dat jy nie jou "argiewe" hier misbruik het om my soos gewoonlik te probeer neerhaal nie.
Jy en Kobus de Klerk hou nou reeds vir jare vol dat ek die vader van sinkretisme is ten spyte van onder meer U2 se COEXIST veldtog, Aartsbiskop Desmond Tutu se vriendskap met die Dalai Lama, die Heilige George Katedraal in Kaapstad se "hutspot" op 16 Deser elke jaar, en al my verwysinge na Karin Armstrong se werk in die verlede.
Dit blyk of jy minstens na alles begin kennis neem van al die harte (veral katoliek) wat die menige wee teen die Berg in genade ag.
Oral op aarde word ons Almagtige Lewende Skepper in 'n Babelse verskeidenheid van taal en kultuur as onse lieflike Allah, Jumala, Brahman, HaShem, !Kagen, ... en vele ander name aanbid. Die Goeie Nuus is dat ons almal se Almagtige Lewende Skepper 'n regtige mens geword het.
Wouter, daarom baie dankie vir jou belangstelling (en vergunning).
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Ekke
Cornelius,
Wouter, jou beskouing is werklik interessant.
Hoe verwag jy intergeloof-uitreiking kan plaasvind as daar nie ooreenstemming tussen die onderskeie gelowe omtrent ons almal se Skepper is nie?
Dink jy Kobus de Klerk sal instaat wees om na ander godsdienstiges uit te reik sonder om hul aanbidding tot God te beledig?
Cornelius
Cornelius,
Cornelius, daar is baie raakpunte met die algemene morele waardes wat jou deursnit ongelowige aanhang. Ons is nie almal met die duiwel besete nie. Ongelukkig moet sekere gedeeltes uit alle gelowe heeltemal uitgehaal en verwyder word ten einde aan die barmhartigheids - handves te voldoen. Ek is seker jy is bewus van die liederlikhede en onsmaaklikhede wat in soveel tekste opgeteken is.
Johan, dis soos jy elders ook genoem het dat daardie tekste waarna jy verwys 'n akkurate voorstelling omtrent hul vergange era is.
Die mens se bewussyn is verseker in 'n evolusie proses. Sodra 'n mens vrede in jou eie hart ervaar, kyk jy met deernis na ons voorouers se beproewinge.
Ek het vandag die genade om vir elkeen van ons oerouers te bid op grond van die insig en kennis wat God vandag in my hart openbaar. Ek kan net met die grootste respek na hul dwalinge en barbaarsheid van ouds kyk.
Eendag bid my dogtertjie weer vir my en haar ma ...
Ons moet lief wees vir mekaar en Heilige Skrifte en die geskiedenis met eerbied in die kennis wat ons het ag.
Wouter, ek verstaan jou punt.
Ek dink dis 'n baie algemene stand in ons Afrikanerdom.
Ervaring tussen Jode, Moslems en Hindoes is totaal 'n ander leerskool. Jode en Moslems aanbid en vier gereeld hul feeste saam (met enkele uitsondering die offer van Ismael op Moria). Hindoes word oral aanvaar en aanbid met oorgawe tot in katedrale saam. Dis egter waar dat Jode nie in plekke gaan waar Jesus Christus aanbid word nie. Moslems het die diepste respek en agting vir Jesus Christus as die Profeet van alle profete. Daarom wy hulle sonder om te aanbid saam in katedrale. Die ervaring tussen Griekse ortodokses en Kopte is totaal onvergelykbaar in hul sinkretiese uitdra van die Evangelie. Naas hulle kom die Anglikane en dan die Roomses in my persoonlike ervaring.
Kom jy weer tussen John Knox en Johan Calvyn se kapitaliste; dan ervaar 'n mens die kloof waarvan jy praat.
Elke godsdiens op aarde is egter skuldig aan vergrype; daarom die Handves vir Barmhartigheid.
Ek dink egter nie empatie is goeie gronde vir intergeloof-dialoog nie. Dis ietwat meewaardig as jy 'n ander "simpatiek" in hul "onkunde" nader ...
Ek dink gelowiges hoort GOD as ons almal se onbepaalbare Skepper te ag - hoe God ookal aan ander openbaar ...
Dankie vir jou deelsaamheid Wouter.
Cornelius
Johan, dis nie dat ek die een teen die ander weeg nie, maar wat my wel soms opval is dat ateïsme se moraal totaal onderhewig is aan godsdiens. Soms probeer ek my voorstel hoeveel geslagte sonder enige vorm van godsdiens gevoer kan word. Menige Ateïs sy ouers of grootouers is/was godsdienstig. Ateïste ontvang dus in die reël 'n godsdienstige opvoeding met die voordeel van skeptiese denke soos aangemoedig deur hul godsdienstige opvoeders. Ek wens dieselfde vir my dogtertjie toe. Ek vertrou dat God self geloof in haar hartjie sal bewerk en dat sy haar eie keuse maak eendag. Intussen leef ek my godsdienstigheid voorbeeld en sy leer dit. As sy haarself as 'n morele ongelowige eendag beskou sal dit nie sonder onderhewigheid aan haar opvoeding kan wees nie. So is daar menige ongelowige wat in die genade van ons Skepper groei ... hoeveel ateïs geslagte is daar wat sonder godsdiens in hul voorgeslagte tot stand gekom het om so op 'n onafhanklike moraal aanspraak te maak?
Dankie vir jou aangename aansporing Johan,
Cornelius
Dankie Cornelius. Ek dink jy is 'n puik vader om dit so te hanteer!!
Moraliteit apart van Godsdiens is 'n ander debat volkome.
Dankie vir jou kommentaar Wouter.
Jy tik: "Moraliteit apart van Godsdiens is 'n ander debat volkome."
Wouter, ek sal jou tog baie graag wil uitnooi tot daardie debat.
Die Handves vir barmhartigheid is allermins bedoeld as 'n vaskop vir godsdiens.
Nietemin, die rol wat godsdiens in die evolusie van die mensdom se bewussyn en moraliteit speel is absoluut onbetwisbaar.
Ons oerouers was almal godsdienstig.
Menige spot word daagliks hier op die werf gedryf met die sogenaamde primitiewe aard van godsdiens. Tog het Logos en Mitras steeds 'n uiters beduidende rol in daardie denke.
Jou redenasie omtrent die beskouinge van homoseksualiteit, genadedood en aborsie as 'n maat van beskaafdheid is verkeerd.
In teendeel, waar ons oerouers hartseer 'n ritus gevoer het met die werp van 'n gebreklike baba of afgeleefde voorouer oor 'n krans, stap vroue vandag in 'n kliniek en 'n rukkie later sonder seremonie verlig uit na die egotistiese moord van 'n weerlose babatjie in haar liggaam.
Persoonlik sal ek nie geloof of ongeloof "per se" hieraan koppel nie, maar ons lewe vandag in die mees gewelddadigste en barbaarsste tye ooit in die mensdom.
Wouter, dink jy nie die koestering van lewe in die mensdom ongeag die lyding van die individu is die mees beskaafste moraal denkbaar nie?
Is die kitsoplossings waaraan als vandag gemeet word nie die oorsaak van goedkoop lewe nie?
Is dit nie waaroor barmhartigheid gaan nie; met ander woorde die opoffering en pyn wat jy in jou sterfte mag ly skep geboorte aan die koestering vir lewe by jou medemens?
Wouter, ek sal baie graag nog by jou hieroor wil leer.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Cornelius
Wouter, ek sou graag meer omtrent jou veronderstelling wou weet dat ongelowiges se sin vir barmhartigheid en medemenslikheid meer beskaafd is as godsdienstiges se doktrine in terme van homoseksualiteit in die openbaar, aborsie en genadedood ...