Wouter se mondjie kwyl behoorlik by die uitspreek van sy ‘evo-devo’ slagspreuk.
Wat is evo devo? Dit is die slagspreuk vir ‘evolutionary developmental biology’. Dat daardie afgelope jare verstommende biologiese ontdekkings gedoen is, is ’n feit. Maar die evo (evolutionary) deel daarvan is gewoon maar weer tipiese darwinistiese wensdenkery en aanklamping wat die hipotese, spekulasie en konjektuur rug absoluut bloots ry.
Wat hulle biologies ontdek het, soos gewoonlik, weerspreek hulle evolusionêre hipotese:
“The most stunning discovery is that the basic tool kit genes that determine all animal forms were already present at the beginning, so mutation has played no discernible role at all.” En dit weerspreek darwinisme in enige weergawe daarvan.
Maar dit sluit volledig by Genesis 1:21, 22 en 24 aan!
Wat eintlik die verklaring is, is dat dié bevindinge eintlik getuienis is van die ultra intelligente ontwerp in die oorsprong en bestuur van die proses. Iets wat vér bokant die mens se vermoë om dit selfs te verstaan, is, maar beslis nie bo God se vermoëns nie. Hulle hantering van die kwessie word vergelyk met en herinner, in die uitspattigheid en onbewysbaarheid daarvan, aan die bedrieglike
Haeckel se uitskot teorie ‘ontogeny recapitulates phylogeny’. Hulle beweer dié evo-devo ‘bewys’ “that evolution from one form to another occurs via mutational changes in the switches. ‘Evolution of form is very much a matter of teaching very old genes new tricks”.
Hoekom slaag evo-devo nie?
In sy resensie van die Carroll boek sê Alex Williams:
“To give credit where it is due, Carroll does put forth a unifying view of how animals are made that no one else has done (at least in the popular literature). We can see this in the contrast between this book and Stephen Jay Gould’s Wonderful Life: The Burgess Shale and the Nature of History. Gould presented the Cambrian Burgess Shale creatures as bizarre animals coming from many disparate origins, but Carroll’s Evo Devo model provides a unifying explanation for the varied forms that even creationists could accept as being the likely way the Creator put these creatures together. But as Gould rightly said, the devil is in the detail.”
“Neo- Darwinists say that mutations in (protein-coding) genes control inheritance. But Evo Devo shows that it is the switching cascade that controls inheritance ... That is, control begins with the mother organism and the mother egg cell, not with the genes. This is powerful evidence for creation, not evolution. And it explains why organisms reproduce according to their kind, as the first chapter of Genesis tells us.”
“… The change was accomplished by an ‘evolutionary change’ in the switch controlling a gene called Pitx1. This gene is ‘involved in making hindlimbs in tetrapods and the pelvic fin in fish’. And the ‘evolutionary change’ was that Pitx was turned off to produce the change from the long spine condition to the reduced spine condition. If this is one of the most compelling case studies of evolution then creationists are laughing. Evolution occurred by switching off a function that already existed. Now that is compelling—evidence for creation!”
“Carroll also argues strongly that the evidence points towards ‘evolution by tinkering’ rather than creation by engineered design (pp. 194–195). However, the evidence he presents for this conclusion is an astounding ‘four secrets of evolutionary innovation’. These are: (a) work with what is already present; (b) use materials and procedures that have the potential for multifunctionality; (c) start with more than you need and work backwards (redundancy); (d) use modular components and modular switching logic—‘switches are the secret to modularity and modularity the secret to arthropod and vertebrate success … But secret (a) is a direct appeal to creation, for it assumes the pre-existence of functional life forms already containing their tool kit genes. Secret (b) implies foresight, which only intelligence has. Secret (c) again appeals to creation by starting with more and progressing to less. Secret (d) again appeals directly to creation for ‘module’ in this context means ‘a multifunctional logic driven unit”.
Wat dít beteken is dat die sogenaamde geknutsel (tinkering, in die positiewe sin van die woord) en mutasie gewoon mosterd na die maal, is, maar tog ’n soort van ’n belangrike afrondings rol speel en dat alles, die magdom ingewikkelde biologiese ingenieurswerk om by dié finale stadium uit te kom waar afrondings deur geknutsel en mutasie benodig word, aangeneem moet word, overgesetsynde, daar bestaan nie ’n evolusionêre bewysbare proses om dit te verklaar, nie. Nou word ’n fabelagtige hipotese aangewend om daardie geweldige leemte te vul.
En só gaan dit aan.
Hoe verder daardie mense swoeg en sweet, hoe meer getuienis bring hulle in vir die bevestiging van die asembenemende Handewerk van God.
Hulle maak dus géén vordering vir hulself nie, spring desperaat van die een sinkende bootjie na die ander, terwyl die getuienis vir kreasionisme instroom – van hulle kant, af.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Alles goed en wel om 'n artikel wat die Autraliese bioloog/teoloog/botanikus Alexander Williams geskrywe het te spoeg en plak. http://creation.com/images/pdfs/tj/j19_3/j19_3_40-44.pdf
Tog is Williams se akademiese geloofwaardigheid verdag. Ek sukkel om enige noemenswaardige artikels van die botanikus op te spoor wat nie in die Joernaal van Kreasionisme verskyn nie. Kan jy lig op die onderwerp plaas.
Kom ons sê jy's reg, ter wille van die argument, evolusie en Darwinisme is twak. Verskaf een enkele rede hoekom Gen.1:21, 22 en 24 geneem moet word as die verduideliking van lewe op aarde. Hoekom nie Thomas se Spaghetti Monster of 'n ras soos die Klingons van Star Trek nie?
Jou weergawe is maar net een van duisense oor duisende jare uitgedink deur mense.
Hoekom kry jy nie maar net 'n stil hoekie waar jy niemand pla, waar jy heeldag kan sit en lees aan jou Bybeltjie, elke woord daarin glo as die letterlike waarheid en nie 'n pes wees vir ander mense nie.
Kan dit wees dat jy eintlik hier is om jouself te oortuig, meer as enige iets anders?
Neo- Darwinists say that mutations in (protein-coding) genes control inheritance. But Evo Devo shows that it is the switching cascade that controls inheritance ... That is, control begins with the mother organism and the mother egg cell, not with the genes. This is powerful evidence for creation, not evolution. And it explains why organisms reproduce according to their kind, as the first chapter of Genesis tells us.
Die "switching cascade" word beheer deur gene. Die finale produkte van hierdie gene het ’n direkte of indirekte interaksie met die gene ’n trap af in die kaskade en bepaal wanneer en waar lg. uitgedruk word. Mutasies in hierdie "skakelaar" gene was bepalend in die evolusie van die diereryk. Die skakeling wat in die ontwikkelende ovum plaasvind is die resultaat van die uitdrukking van "skakelaar" gene, wat oorerflik is en onderhewig is aan mutasie en seleksie. Die aan- en afskakel van gene tydens oögenese is ekwivalent aan sel differensiasie waarvolgens stamselle in gespesialiseerde weefsels ontwikkel. Diere teel in "soorte" omdat hulle gene van hulle ouers erf.
Die definisie van mutasie is nie beperk tot punt-mutasie, die verandering van slegs een basispaar iewers in die genoom nie. Groter veranderinge in die genoom, verdubbelings, herrangskikings, invoegings en delesies is ook mutasies. Inderdaad, enige oorerflike verandering in die sekwens van basispare is ’n mutasie.
En laastens: die geknutsel met bv. die Hox gene het daartoe gelei dat viervoetiges (onder andere salamanders, boepens varkies en mense) vier groepe van hierdie gene het, teenoor die een groep in meeste ander diergroepe. Dit is die belang van mutasie: deur duplikasies en daaropvolgende divergensie word nuwe vorme van gene opgebou, wat tot die evolueer van nuwe eienskappe kan lei.
Johan,
Dit is redelik eenvoudig – darwiniste beheer op die oomblik nog die hoofstroom publikasie media en dit is welbekend dat hulle politiekery nie toelaat dat hulle andersdenkende kollegas ’n kans kry nie. Ek het mos ’n hele artikel met sulke getuienis geplaas dit kan nie ontken word nie.
Maar, vergeet van Williams as persoon – hanteer sy opinies – as jy meen hy is verkeerd, waarom nie weerleggende getuienis plaas, nie? Só word julle gedurig self om die bos gelei en dan val julle die boodskappers aan inplaas daarvan om met die boodskap te deel – só kan jy reekse briewe plaas om Williams te probeer diskrediteer, maar die boodskap bly staan! Dus, julle probleem word erger deur julle swak pogings om die werklike issue te omseil deur persoonlike aanvalle.
Stephan,
Goed en wel, maar wat jy sê, help nie omdat dit nie die kritiek kan weerlê nie – maar inderdaad indirek ondersteun.
“Dr Christian Schwabe, the non-creationist sceptic of Darwinian evolution from the Medical University of South Carolina (Dept. of Biochemistry and Molecular Biology), wrote: ‘Control genes like homeotic [Hox] genes may be the target of mutations that would conceivably change phenotypes, but one must remember that, the more central one makes changes in a complex system, the more severe the peripheral consequences become. … Homeotic changes induced in Drosophila genes have led only to monstrosities, and most experimenters do not expect to see a bee arise from their Drosophila constructs.’”
Dus, sentralisme as gevolg van mutasies, wat deur evolusioniste aangeneem word, gebeur nie en sal nie werk nie.
Dan oorevalueer jy ook die situasie geheel en al – suksesvolle makro-evolusie sou toename vereis van NUWE informasie en NUWE gene wat NUWE proteïene produseer wat dan in NUWE organe en sisteme sou bewerkstellig en daarvoor is daar geen bewys nie.
Die punt is verder dat ons soortgelyke Hox gene deel met vrugtevlieë en bykans elke ander skepsel op aarde – tog is daar géén bewys vir wat julle te kenne gee met evo devo nie, maar eerder dat die basiese plan de novo geontwerp is om verskeie soorte te dien sodat elke soort sy eie “ontwikkelingsplan” het.
Wat die kritiek eintlik vir jou te kenne gee, indien jy dit dan nie self kon agterkom nie, is dat die ganse proses geontwerp is om só te werk terwyl daar geen bewys is dat ekstra Hox gene die resultaat van geknutsel is, nie, verál nie “randomized mutation” nie, en dat die ‘geknutsel’ juis geontwerp is om die aanpassing van die draer van die gene te bevoordeel en nie om nuwe eienskappe soos meer bene en langer vingers en meer breine, ens. te ontwikkel nie.
As só iets vandag gebeur, (Siamese tweelinge, sestoniges, geen arms, geen bene, ens) beskou die mediese wetenskap dit as ’n absolute abnormaliteit en aberrasie – maar sou dit ’n natuurlike evolusionêre proses wees soos julle voorgee, sou daar vry algemeen mense rondloop met varksnoete of ses arms, soos die afgod of soiets.
Dus, in jou mitologiese hipotese is jou toevallige, los-en-vas en lukrake evo devo mutasies en seleksies ’n fabelagtige wonderwerker, maar in die werklike lewe is, dit ’n gebreklikheid skepper.
Mens wonder waarom julle dit nie self kan besef nie…
Daarom val jou argument plat.
Kobus de Klerk
Kobus, jy of jou google beweer: The most stunning discovery is that the basic tool kit genes that determine all animal forms were already present at the beginning,
Die fantastiese aansprake is soos alreeds gesien al wat in 'n De Klerk-brief verskyn en hierdie is maar net weer die nuutste voorbeeld daarvan:
Hello,
As aanvulling tot Stephan Marcus se opdatering:
Kobus
Alex Williams vertel onwaarhede oor gene, dis genoeg om nie eens verder na sy leuens te bespreek nie. Mens kan dit verwag van 'n man met 'n graad in botanie, 'n meestersgraad in radio-ekologie en geen opleiding in enigiets te doen met gene nie, maar maak of hy alles weet.
Alex Williams: " Neo- Darwinists say that mutations in (protein-coding) genes control inheritance. But Evo Devo shows that it is the switching cascade that controls inheritance ... That is, control begins with the mother organism and the mother egg cell, not with the genes."
Onwaar. Kontrole gebeur in die gene. Die "switching-cascade" gebeur in die gene.
Nie die moeite werd om enigiets verder van sy kant af te lees nie. Hy praat nie die waarheid nie.
Kleinkoos
Ek sien ou Kobus quote mine Christian Schwabe ook:
Vanaf http://lasciencecoalition.org/2008/09/27/explore-evolution/ oor Christian Schwabe:
"Another PhD the authors found is Christian Schwabe, who apparently has established a career studying a protein called reflexin, along with its relatives. But every couple of years he publishes a paper in which he argues in favor of his belief that the genomes of all modern and extinct species originated during the formation of life billions of years ago. According to Schwabe, those genomes have continued to exist, hidden underground as stem cell-like entities. Whenever these cells sense a favorable environment above ground, they head for the surface and self-organize into a fully formed, multicellular animal. No, I am not making this up.
This isn’t simply evidence-free (although it is); it’s borderline deranged. And yet, in the hands of Discovery’s authors, it becomes a serious scientific controversy about the existence of the tree of life. . . ."
Kleinkoos
Is dit nie verspot nie - papegaaie wat reeks op reeks fabelgatige hipotese hier plaas - asof ons nie genoeg daarvan gesien het, nie. Veral Wouter kry heeltemal vaartrukkings - dit is nie vir my nodig om alles weer te herhaal nie.
Ag, Kleinkoos - jy het net een refrein - "so-en-so vertel leuens". Dit is omdat leuens jou lewensfilosofie uitmaak dat dit al is waarop jou verwysingsraamwerk funsioneer.
Gaan oefen jou sinnelose refrein nou op n ander plek.
Niemend steur hulle aan julle nie - daar is 'n geweldige beweging wat teen darwinisme tot stand kom. En daar is niks wat julle daaraan kan doen nie.
Refrein, papegaai en kerm soos jul wil. Julle religie is op die rand van sy graf.
Kobus de Klerk
Natuurlik, alles tot op datum is nog net quote mining.
Steve Jones praat oorwegend snert.
Julle kan steeds nie onderskei tussen feit en hipotese nie en só bied julle net meer en meer skietgoed téén julle.
Wouter se gebabbel – “Since its humble beginnings as a single cell, life has evolved into a spectacular array of shapes and sizes, from tiny fleas to towering Tyrannosaurus rex, from slow-soaring vultures to fast-swimming swordfish, and from modest ferns to alluring orchids” – onbewysbare religieuse filosofiese grondhipotese. Dit is die grondslag, want vandaar word alle biologiese feite geneem en met behulp van nóg hipotese, geforseer gemaak pas binne-in die raamwerk van die grondhipotese.
Voorbeeld: Feit - “a [nubbin] of a fertilized egg transforms into a full-fledged adult. And what these scientists are finding is that development, have been one of the major forces shaping the history of life on earth.” Ons veronderstel die ‘nubbin’ verwys na die klein eiersel, want dit is die eiersel wat tot volwassenheid ontwikkel en nie ’n res daarvan, nie…
Hipotese: “Just coming into its own as a science, evo-devo is the combined study of evolution and development, the process by which …” Geen bewys dáárvoor nie, sal ook nooit vind nie.
Let op
“In neo-Darwinian theory, genes produce organisms, and mutations in genes produce new kinds of organisms. HOWEVER, In facilitated variation theory, genes are used by cells to construct organisms, and mutations in genes are used by cells to produce variations in progeny. The crucial difference between the theories is the central role of the cell, rather than the genes, in producing the organism.” ’n Veel meer werkbare verklaring vir wat gebeur.
Dan die volgende: “Neo-Darwinists view heredity as being all about genetics. But genetics is all about change and we have discovered so many ways in which organisms can change that we are now faced with a huge unanswered question: how do they manage to stay (approximately) the same, generation after generation? As the late Stephen Jay Gould maintained throughout his career in paleontology—stasis, not change, is the major feature of natural history. Neo-Darwinism has no answer to this challenge for two reasons: (a) genes and chromosomes can be mutated at any and every position so there is no limit to the potential for change, and (b) the agents of change (mutations and environment) are beyond the organism’s control.”
“In the classic case of Darwin’s Galápagos finches, neo-Darwinian theory explains the variation in finch beak size and shape via mutations and natural selection acting repeatedly over a long period of time. Many small changes must occur independently in the upper and lower beaks, in the adjacent skull, and in the head muscles, to coordinate and order them all into the necessarily viable intermediate beaks of the birds that need to survive throughout the period of divergence. In contrast, recent experimental work suggests that just two regulatory changes are involved. The bone morphology protein BMP4 when expressed earlier or later in embryogenesis causes broad or narrow beak development, and more or less of the calcium regulator proteïen calmodulin produces long or short beaks, respectively. Gerhart and Kirschner cite this as experimental validation of their theory. The whole craniofacial developmental process is compartmented and coordinated by a modular regulatory system that can be easily rewired ‘with a few regulatory mutations’ to produce new features that are readily integrated into the already-prepared, robust, conservedcore- process-based system. Field observations confirm that such changes take place rapidly across just a few generations”
Hoe bied dié gegewens enige ondersteuning vir evo devo? Wat het intra spesifieke ontwikkeling en aanpassing, soos met die BMP4 proses aangedui, vinke wat sterker snawels groei, visse wat sterker kake ontwikkel? Vinke bly vinke, visse bly visse en een verander nie in die ander nie, te doen met die fabelagtige “a single cell, life has evolved into a spectacular array of shapes and sizes, from tiny fleas to towering Tyrannosaurus rex, from slow-soaring vultures to fast-swimming swordfish, and from modest ferns to alluring orchids”grondhipotese van darwinistiese evolusie? Hoegenaamd niks! Daarvoor is daar stééds géén bewys nie, net knoeiwerk met fossiele.
So van ‘toolkit genes’ gepraat, ‘control genes’ – daar is juis skaars ’n meer gepaste voorbeeld van IO… neem enige feitelike voorbeeld waarop evo-devo hipoteties geskoei word, stroop die evo-devo hipotese (mitologie) en daar het jy uitstekende voorbeelde van IO.
Maar die arme spul kletteraars – dit is nou julle - is só deurmekaar met hulle eie geknoei, dat hulle nie eens meer agterkom hoe hulle gekletter al meer en meer bewyse vir IO en kreasionisme oplewer, nie.
Die fabelagtige bewering dat lukrake gene duplisering (hoe anders verduidelik darwiniste dat eenvoudige organismes geëvolueer het tot komplekse soorte, soos mense, diere, plante) ‘new forms’ laat ontstaan is hersenskim – inteendeel - daar word gesê dat down se sindroom, byvoorbeeld, die gevolg is van lukrake duplisering van gene…
Kom skryf nog, álles wat julle voorsit, kan aan flarde geskeur word of as bevestiging van kreasionisme en IO gebruik word!
Kom Wouter, papegaai nog vir ons lukraak, toe!
Kobus de Klerk
Is dit nie komieklik in die parodie hier, dat die ‘deranged, die versteurde, in die gestig (die darwinis wat glo aan die onsinnige onbewysbare fabels wat hy verkondig, asof dit realiteit is) op die stoep staan en vinger wys na ander, wat na bewering bewerings maak wat nie bewys kan word nie, soos Christian Schwabe en dan die ánder, ‘deranged’ noem? Is dit nie ook skandelik, dat die darwinis nie die vermoë het om sy eie ‘derangement’ te kan eien nie, maar gou is om ’n ander, véél minder ‘deranged’ en tog moontlik meer bewysbare hipotese te wil afmaak, asof hy in ’n beter posisie is, nie?
Maar dit is daardie selfdesepsie van die agnostikus, wat so met hom parte speel, dat hy nie sy eie fatale swakhede kan insien nie. Ten minste het Schwabe die alledaagse bekende absoluut natuurlike voorbeeld van sade wat vir jare onder die barre grond en stof kan lê asof dit dood is en leweloos vertoon, totdat die geskikte omstandighede ontstaan en dan asof uit die dood, ontkiem en welig groei. Daarom is sy hipotese hoegenaamd nie so vêrgesog as die versteurde darwinis wat glo dat ’n oer organiese repliseerder sommer so uit ‘luck’ en ‘magic’ ontstaan uit anorganiese materie en dan met onmeetbaar méér ‘luck’ en ‘magic’ intelligensieloos lukraak ontwikkel tot ’n gewriemel van diverse lewe waarvan die eenvoudigste komponente net met die insette van gesofistikeerde toerusting en kollektiewe intelligensie van baie mense, oor verloop van baie jare, uitgesorteer kan word en in die hele tyd, nog net een keer, in die vorm van ’n genoom, gesintetiseer, word. Nou, dít is ‘deranged’!
Wat jou insigloosheid oor skakeling in die gene aanbetref, Kleinkoos, kan jy blykbaar nie insien dat die embrio aanvanklik vanaf en uit moeder-sel ontwikkel voordat dit sy eie ‘selfstandige’ DNS ontwikkel, nie. So, wat sê Williams? Hy sê “control begins with the mother organism and the mother egg cell, not with the genes. This is powerful evidence for creation, not evolution. And it explains why organisms reproduce according to their kind, as the first chapter of Genesis tells us”
Let op – “the conserved core processes remain the same during reproduction. When a mother passes on an egg cell to its offspring, that cell contains everything required by the offspring in its architecture and machinery. The DNA sequences provide for the manufacture of more raw materials for the embryo to go through its development process, but the actual architecture and machinery itself is provided by the mother. The new outer membrane of the embryo is just that of the mother’s cell extended with more of the same material. The new cytoskeleton is just the mother’s cytoskeleton extended with new material [etc]. During the early stages of embryogenesis, the new chromosome set is entirely shut down and all the groundwork of the embryo is laid by thousands of different RNA types supplied by the mother. Only after this groundwork is laid does the new chromosome set become active and the mother’s RNAs are degraded and recycled. The variability that is built-in to this heredity process is the modular gene regulation and signaling networks. A suitable analogy might be a house and its network of power, plumbing and communications channels and interfaces. The wiring and piping are built into the house structure, but there are numerous interface points to which a wide variety of household appliances can be attached, detached and rearranged. It is the combination of devices plugged into this network that provides the variation, and the house with its plumbing and wiring system that provides the stasis”.
Jy kan ook maar oplet, Stephan.
Jy is nogal reg oor, in jóú besondere geval, die nie-lees van Williams, Kleinkoos, maar jou rede is soos gewoonlik, verkeerd. Die regte rede is dat Williams Godgegewe intelligensie, insig en wysheid het en sy verduidelikings daarvolgens doen wat perfek logies en sinvol is – dus, jy moet dit nie lees nie, want jy kán dit nie begryp nie, dit is gewoon strata bokant jou begripsvermoë, wat beperk is tot insiglose papegaaiwerk sónder om te verstaan wát jy papegaai.
Wouter,
Jou meester Woolfson probeer jou en ander soos jy, oortuig, dat dit wat nié gebeur nie, wel gebeur en dit wat wél gebeur, nie gebeur nie! En jy aan ander soos jy, glo hom. Natuurlik! Julle weet nie van beter nie.
Maar die feite weerspreek jou insiglose meesters met hulle towerstaffies (daardie fabelagtige hipotese van hulle) – dié mutasies het negatiewe gevolge en die mediese rekords is getuienis van gebrekkige fisiologie as gevolg daarvan. Die komieklike maar tog tragiese is, dat julle die hipotese neem, soos Woolfson voorhou en dan die werklikheid daarmee wil wegwens – soos met die swaai van ’n verspotte towerstaffie in die fabels – Maar, die werklikheid gee nié pad voor die darwinistiese hipotetiese fabel-towerstaffies nie, dit maak van julle snert ’n absolute klug. En van julle die gekke.
Darwinisme was te lank deur die proponente daarvan in sy volle gruwelike leuenagtigheid, versteek. Te lankal, het julle akademici dié leuens beskerm deur blatante aggressie en intimidasie, nes die Middeleeuse katolieke gedoen het met die leuens oor die Woord. Maar die Waarheid seëvier áltyd – en soos hulle aan die kaak gestel is, só word die darwinisme in die laaste jare oopgevlek vir die gruwelike bedrogspul wat dit is.
Skryf nog, dit is héérlik om julle uit te wys en so die bespotlike eie selfopgelegde tekortkominge en geloof in fabelagtig snert uit te lig – verál jy en Wouter, Kleinkoos, met jou aan die voorpunt dusvêr.
Kobus de Klerk
'n Nota:
Dankie vir die ondersteuning, Wouter, want sans die hipotese (dit is duidelik jy kan nie hipotese van werklikheid, feit, onderskei nie), is dit maar wat ek ook gesê het. Jy sien, vir julle is dit die hipotese wat die verligting vir julle bring, maar, dit is vals gerusstelling - 'n hipotese is juis so omdat daar geen bewys voor is, nie. Omtrent geeneen van die essensiële hipotese waarop Charles Darwin sy religie gebou het, is bewys nie - inteendeel, dit is afgeskiet.
Kan julle 'n enkele oorspronklike essensiële darwinistiese hipotese noem wat sy hipotese status verloor het, omdat dit werklik empiries bewys is? Niemand sal asem ophou nie. Daar is, na anderhalf eeu se gespook, nie soiets nie - net nog die oorspronklike religie maar wat besig is om ook van binne af 'n totale gedaantewisseling te ondergaan.
Kobus de Klerk
Verskoning, die skrywer van bogenoemde artikel: