Darwinisme se mislukte natuurlike seleksie verloop

  • 13

Die probleem wat darwiniste het, is om te probeer bewys dat alles soos ons dit ken, die resultaat is van ’n sogenaamde natuurlike seleksie evolusionistiese proses. Basies beteken dit in darwinistiese formaat dat lewe in al sy vorme in ’n natuurlike stryd teen ander lewe verkeer om sy eie spesifieke voortbestaan te verseker en só die swakkere in eie geledere gewoon verwerp as verduideliking vir suksesvolle diversiteit en trans spesifieke proses (dit alles nogal op sigself ’n baie doelbewuste, ingeligte en intelligente seleksie proses vir ’n kwansuis intelligensielose toevallige proses soos darwinisme, nie waar nie…)

Maar daar is ’n swetterjoel menslike gedraginge wat dié evolusie hipotese eenvoudig weerspreek en een daarvan, is die verskynsel van deernis, altruïsme en natuurlik, die tendens by mense om ’n kind van ’n ander aan te neem en om die swakkere en gebrekkige met groot omsigtigheid en deernis te versorg, terwyl dié proses die darwinistiese oorlewingskode flagrant ignoreer en selfs direk teëwerk. Instede om swak menslikes te elimineer of te verwerp om te vergaan, word sulkes eerder versorg en selfs toegelaat en in die normale gang van menslike sake, aangemoedig en te trou en te prokreëer, al sit dit die “swak” genepoel, voort – die énigste redelik algemene beletsel dáárop, is die Goddelike verbod van ondertrouery oftewel, menslike inteling – by diere is inteling egter nie onnatuurlik nie en alledaags.

Dan is daar natuurlik ook die kwessie van geredelike geboortebeperking en ook vrywillige aborsie by mense – iets wat uiters on-darwinisties is – verál wanneer dit aangewend word vir die gemak en finansiële sekuriteit van die betrokkene en hoegenaamd niks te maak het met oorlewing nie.

Moraliteit en religiositeit is natuurlik nóg sulke unieke menslike eienskappe. ’n Onlangse studie van die Oxford universiteit bevestig dat dit uniek menslik is, om religie te beoefen en om God te wil dien:

Human beings have natural tendencies to believe in God and life after death, according to a three-year international research project directed by two academics at the University of Oxford

... The studies (both analytical and empirical) conclude that humans are predisposed to believe in God and an afterlife, and that both theology and atheism are reasoned responses to what is a basic impulse of the human mind …” Nou ja, dit is logies dat daardie “impulse” de novo só deel is van die mens en kan hoegenaamd nie deur enige vorm van darwinistiese evolusie verklaar word, nie – maar die Woord van God, verklaar dit natuurlik volkome en in detail.

Maar kom ons kyk na ’n ander eg on-darwinistiese fenomeen - die unieke fenomeen van aanneming (adoption).

Thomas, Huxley, Darwin se tydgenoot en vurige ondersteuner, het gesê dat eienskappe soos onbaatsugtigheid, minsaamheid en welwillendheid hoegenaamd nie uit ’n darwinistiese tipe ongenaakbare natuurlike seleksie proses sou kon ontstaan nie, want die selfsugtige gene word (só beweer hulle) van geslag na geslag en spesie na spesie oorgedra en is daar gewoon geen plek vir soiets in die darwinistiese evolusie proses nie, vanweë darwinistiese natuurlike seleksie en dit dus ’n produk van kultuur sou wees. Maar natuurlik, ons weet van beter, want dit is universeel menslik terwyl daar veel meer drasties verkillende kulture is, as wat daar selfs volkere op aarde, is. Dus is dit juis nié kultuurgebonde nie, maar moraliteitsgebonde by die mens.

Evan Eisenberg, die bekende wetenskap joernalis (soos George Claassen van die Stellenbosch universiteit), stel dit só :

“From a Darwinian standpoint, going childless by choice is hard enough to explain, but adoption, as the arch-Darwinist Richard Dawkins notes, is a double whammy. Not only do you reduce, or at least fail to increase, your own reproductive success, but you improve someone else's. Since the birth parent is your rival in the great genetic steeplechase, a gene that encourages adoption should be knocked out of the running in fairly short order. It hasn't been (2001: 80)….Studies show that adoptive parents are, on average, as happy as genetic parents, perhaps even a little happier. Their failure to fulfill the most basic biological imperative, far from turning them into freaks, seems to leave them slightly less prone to mental illness than most parents. This is not a fact that Darwinism, in any of its forms, would have predicted” - E. Eisenberg, (2001). "The Adoption Paradox." Discover 22, no. 1, p.82

Die voorkoms van aanneming onder diere, is eweneens geheel en al weersprekend van darwinistiese tipe natuurlike seleksie. Daaroor merk Eisenberg op:

“The habit can be expensive. If the adoptee is added to an existing litter, the adopter's own offspring may get less to eat. If adopting delays the next brood, the adopter's lifetime reproductive success may be reduced. Even for the infertile, adoption seems maladaptive: It siphons off resources that might otherwise be shared with close relatives who share some fraction of their genes, thus reducing their 'inclusive fitness’” – p. 82

Dit is duidelik dat die darwinisme is al sy essensiële aspekte deur die werklikheid, deur feite, weerspreek word en daarom is daar net nóg meer fabelagtige hipotese om dit te probeer ‘verklaar’ binne darwinistiese konteks – die Goddelose darwinistiese religie in aksie..

Groete,
Kobus de Klerk

  • 13

Kommentaar

  • Dit lyk my jy sukkel om my vraag te antwoord. Kom ons herbewoord.


    Watter universiteit het evolusie as paradigma in die biologiese wetenskappe laat vaar ten gunste van kreasionisme?

    Thomas
  • Stephan Marcus

    Jou definisie is verkeerd. Evolusie lei nie tot absolute selfsug nie, want die oorlewing van die individu is nie die primêre faktor waarvolgens dit geskied nie. Seleksie vind plaas op grond van reproduktiewe sukses. Mens verwag dat daar 'n korrelasie tussen geskiktheid vir 'n gegewe nis en reproduktiewe sukses sal wees, maar dit is nie altyd die geval nie. In gevalle waar seksuele seleksie 'n belangrike rol speel, soos by sommige manlike voëls, verlaag die eienskappe wat individue aantreklik vir die teenoorgestelde geslag maak die oorlewingskanse van daardie individu.

    Ouersorg vereis altruïsme. Die dier wat sy kleintjies versorg maak persoonlike opofferings wat sy langtermyn oorlewing negatief beïnvloed. Hoe hierdie impulse gemoduleer word is nou ter sprake.

    Altruisme word algemeen aangetref by diere wat in troppe saamwoon. Troppe het 'n optimum grote waar die voordele van bv. gemeenskaplike verdediging teen predatore, die negatiewe effekte, soos die laer hoeveelheid voedsel beskikbaar per individu, uit balanseer. Samewerking en altruïsme tussen lede van ‘n trop hou die getalle en gesondheid van die trop in stand en verhoog die kans dat ‘n individu se kleintjies gaan oorleef.

    Dit is moontlik om gene te deel met kleities wat nie jou eie is nie, b.v. suster of broerskinders. Naverwante kleintjies kan geneties baie soortgelyk aan 'n individu se eie kleintjies wees en die ontwikkeling van altruïstiese gedrag in die geval verhoog die waarskynlikheid dat die altuïstiese individu se gene teenwoordig sal wees in die volgende generasie.

    Selfs nie by diere is alle gedrag geneties geprogrameer nie, baie gedrag word aangeleer. Sirkusleeus kan nie net in die wildernis vrygelaat word nie, want hulle weet nie hoe om te jag nie. By mense met ons geweldige komplekse samelewing speel aangeleerde gedrag ‘n belangriker rol as ingebore gedrag. Die altuïstiese impulse wat wel, soos hierbo gewys, evolusionêr kon ontwikkel word dus gemoduleer deur ons kognitiewe vermoeëns en ons aangeleerde gedrag.

  • Hoe kan "darwiniste" 'n probleem hê met "'n sogenaamde natuurlike seleksie evolusionistiese proses"? Niemand kan 'n probleem hê met so 'n ongrammatikale stuk gemors nie, want niemand het nog ooit daarvan gehoor nie. Dis die skepping van jou verbeelding.

     
     Laat ek jou inlig. Die evolusieteorie is die geskiedenis van lewensvorme hier op aarde, en seleksie is die dryfveer daaragter. Gaan bestudeer Darwin se Origin of Species hoofstukke 1, 2, en 4, en word wys. 
     
    Wat is 'n "trans spesifieke proses"? jy probeer jou eie verbeeldingskepping tussen hakies verklaar, maar dit bly nog sinloos:  (dit alles nogal op sigself ’n baie doelbewuste, ingeligte en intelligente seleksie proses vir ’n kwansuis intelligensielose toevallige proses soos darwinisme, nie waar nie…) ???? 
     
    Verder gorrel jy: " Maar daar is ’n swetterjoel menslike gedraginge wat dié evolusie hipotese eenvoudig weerspreek"  Het jy dalk mal geword? Wat is "gedraginge"? O, ek sien, gedraginge is altruisme en deernis. Jy meen hierdie gedraginge weerspreek evolusie? Dan moet jy tog Dawkins se The Selfish Gene gaan lees. Daarin word al jou "gedraginge" mooi verduidelik, en hoe dit bydra tot selfbehoud van die geen. Jy het die klok hoor lui, maar weet nie waar die klepel hang nie. Foeitog!!!! eheheh!
     
    Jy en jou vriend, Evan Elsenberg, sal meer spesifiek moet wees as net te sê dat  Richard Dawkins sê dat aanneming "double whammy" is. Dawkins behandel die onderwerp taamlik breedvoerig in Selfish Gene en ook hoe dit in die natuur voorkom. Elsenberg het baie by Dawkins geleer, maar verduidelik asb. hoe teenstrydighede met evolusie kan beteken dat evolusie nie plaasgevind het nie. Evolusie is soms teenstrydig met homself, maar dit wil nie sê dat dit nie kon plaasgevind het nie. Neem bv. daardie ronde brilletjie op jou neus. Dit is 'n produk van evolusie, maar dit werk evolusie teen. Natuurlike seleksie roei swak o? uit, want dis 'n wrede proses, maar  die bril sorg vir die behoud van ooggebreke deur middel van oorerwing.  'n Tipiese Kobus de Klerkisme sal nou wees: "Dit is duidelik dat die darwinisme is al sy essensiele aspekte deur die werklikheid, deur feite soos brille, weerspreek word." (Fok, as 'n ding ongrammatikaal is, is ek al klaar sommer die donner in. Kyk jou slotparagraaf.) Hierby moet jy nog net sê: "Ons Vader WIE in die hemel is, dan is ek hoog die hel in.
     
    Nee, wat, ou Kosie jou baie geskrywery is maar net 'n kwessie van benoude boude maak benoude spronge.
     
    Lekker spring. eheheheh!!!!
  • Kobus de Klerk

    Stephan,

    Jy beskrywe in gepoogde evolusionistiese jargon vir my 'n waarneembare proses en ons almal sien dit, maar wat jy moes doen, is om die rede, die oorsaak, of causa, van daardie proses te voorsien – wat jy nie kan doen nie, behalwe by wyse van flagrant vêrgesogte hipotese sónder enige bewys.

    Wat jy beskrywe (al probeer jy dit in jul jargon verdoesel), is ’n absoluut intelligente ontwerpte sisteem vir die behoud van lewe in sy kompleksiteit, soos deur God gedoen sans julle aangeklampte hipotetiese prosesse. Dit het egter níks te make met darwinistiese evolusie nie. Hoe meer julle probeer verduidelik, hoe meer werk julle na intelligente ontwerp en Goddelike kreasionisme, toe.

    Dit is ook beter vir jou om weer na jou definisie van evolusie a-la-darwin te gaan kyk, want jy is besig om heeltemal daarvan weg te beweeg. Die punt is, daar is maar absoluut géén bewys dat die proses wat jy beskrywe, die resultaat is van ’n intelligensielose, ewekansige, toevallige proses van natuurlike seleksie en mutasie, nie. Daarom is dit ’n religie om die Christendom te probeer weerspreek – en daar is géén manier hoe julle daarby kan verbykom, nie.

    Jy moet maar weer my kommentaar oor kat-se-kind lees – te lank om hier in te pas, maar absoluut op punt : https://www.litnet.co.za/Article/kreasionisme-en-evolusie

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Kry vir jou skoon onderklere, was jou, maak jouself respektabel en dan kom sit jy en luister:

    Ek stel mos nie daarin belang om jou met die taal te plesier nie – ek ken Afrikaans en kan dit gebruik en jy moet maar op datum kom of laat staan, maar in iedere geval is jou opinie nie van belang in hierdie gesprekke nie. Ek kom wel agter dat jy net so despoties is met jou persoonlike taalvoorkeure omdat jy daarmee jouself uit die hoek met jou darwinisme, wil uitbaklei. Dit imponeer my nie.

    En, ek weet jy kan koggel, want jy stam van ’n aap af, of het ten minste van hulle, jou neefs en niggies, in die naaste dieretuin se apehokke – dié dat jy nie Afrikaans kan verstaan, behalwe as dit op die resep waarmee jy deur repetisie geleer na-aap en papegaai het, vir jou aangebied word, nie.

    Darwinisme is ’n stelsel van beweerde evolusie prosesse waarvan die belangrikste kenmerke is dat lewe, ’n kamstige protosoön (repliseerder, as jy wil) ‘toevallig’, deur “luck” totstand gekom het en sedertdien, ook sonder enige gerigte intelligensie hoegenaamd, repliseer en funksioneer deur fabelagtige prosesse van ‘toevallige’ intelligensielose ongerigte ewekansige natuurlike seleksie en mutasies om uiteindelik die resultate te bereik, wat die diversiteit van lewe op aarde in al sy vorme soos ons dit vandag ken, verteenwoordig. Nou kyk, darwinisme is fabels en mites en opperste snert.

    En daar is maar géén manier hoe jy brille of enige ander tegnologie, as die produk van evolusie sal kan bewys nie.

    Nee, wat jy is nie bevoeg nie. Gaan speel met Kerneels.

    Kobus de Klerk    

  • Dit is lagwekkend: 

     
    De Klerk skryf: 
     
    "Dit is duidelik dat die darwinisme is al sy essensiële aspekte deur die werklikheid, deur feite, weerspreek word". 
     
    Plante, mense, diere, insekte, letterlik alles, is die produk van evolusie. 
     
    Alles rondom ons, roep evolusie uit. 
     
     
  • Kobus, Solank jy jou lyf kreasionis hou, is dit wat jy sê van geen nut en van geen belang nie. Al wat julle doen is om Darwinisme aan te val. Intussen het die evolusieteorie al baie verder gevorder. Jou opinie oor evolusie is dus glad nie van enige belang nie. As prokureur behoort jy darem al teen die tyd tussen die lyne te kan lees.

  • Die truuk behoort nou al duidelik te wees. 

     
    'n Stortvloed van woorde, woorde, woorde uit De Klerk se hand, dit moet oorweldig, dit moet verdoof, dit moet versteek die absolute gebrek aan substansie. 
     
    Wanneer die styl ontleed word en daar gesoek word vir substansie word daar niks gevind nie. 
     
    Retoriek, disgressie ... is al daar is. 
     
    Eindelose gepruttel. 
     
    Uitlokkend, ontwerp om reaksie te ontlok. 
     
    Hierdie is niks anders as "teater". 
     
    Maar tog laat dit onvergenoegd, waar is die substansie? 
     
    Hierdie was nog nooit 'n gesprek oor kwessies in biologie, evolusie, die betekenis van Darwin nie of filosofie van wetenskap in verhouding tot biologie nie. 
     
    Dit kan die kreasionis en De Klerk hier spesifiek nie doen nie. 
     
    Die kennis ontbreek doodgewoon en as plaasvervanger is daar slegs "performance art". 
     
    Buiten wat De Klerk nie hier bied nie sal die leser wat die onderwerpe gaan herbesoek op eie stoom weereens 'n ryk veld vind. 
     
     
  • Kobus de Klerk

    Help nie om my persoonlik aan te val nie - probeer die inligting aanval wat ek plaas. Maar daar is geen basis daarvoor om dit aan te val, nie, daarom die persoonlike aanvalle.

    Ek sê weer - dink julle om die boodskapper aan te val, sal die nuus verander of wegmaak? Allermins! Die nuus oorleef altyd die boodskapper. 'n Aanval op die boodskapper,  demonstreer die magteloosheid ten aansien van die boodskap, glashelder.

    Maar julle het nie die insig om dit in te sien, nie.

    Karring aan, sodat mense kan sien hoe leeg en hulpeloos julle is.

    En dit is omdat ek juis bekwaam en geskool is om tussen die lyne te lees, en jy nie, Angus, dat ek die dinge agterkom wat ek meedeel, maar jy kan nie.

    Terloops, ek is nie 'n kreasionis of 'n IO nie. Ek is 'n gelowige wie baie aansluiting vind by kreasioniste en IO se werk omdat daar baie waarheid in te vinde is - meeste van hulle is ook gelowiges...

    Kobus de Klerk

  • Daar is GEEN inligting gebied wat teengegaan kan word. 

     
    Hierdie hele "debat" had geen substansie nie. 
     
    Soos klokslag was die metodiek slegs die van verdagmaking, die illusie skep van die moontlikheid dat evolusie, biologie en Darwin se plek daarin verdag kan wees. 
     
    Volkome soos n prokureur sou doen.
     
    Die EINDELOSE aanhalings buite konteks bied genoeg bevestiging dat De Klerk nie in goeie trou die veld van biologie, evolusie en Darwin se plek daarin ondersoek het nie. 
     
    Alle pogings sal nie weer bespreek word nie, maar letter 2 sinne uit Mayr is as "bewys" teen evolusie gebruik. 
     
    'n Belagliklike poging van die ergste graad. 
     
    Is dit weereens nodig om die Gould te herhaal, drie paragrawe uit 1464 blasye, dit terwyl die boek in sy totaliteit juis die werking van evolusie in al sy kompleksiteit bespreek. 
     
    Die voorbeelde van bogenoemde uit De Klerk se hand is legio, hetsy De Klerk 'n kreasionis of IO is of nie is van geen belang nie. 
     
    Die metodiek misbruik staan en dit is die rekord waarvolgens De Klerk geoordeel moet word. 
     
    Indien daar genoeg motivering van mu kant af was sou ek dalk van die werklike kwessies in evolusie sou uitlig, maar weereens tot watter doeleinde. 
     
    Evolusie en biologie kan nie ontken word nie.
     
    Vreemd en eienaardig is die wat doen. 
     
    Hoekom nie die rondheid van aarde weer begin bevraagteken, of kwantum fisika, of die werking van die son, die bestaan van selle of atome, virusse, die lys is sonder end. 
     
     
  • Kobus de Klerk

    Nogeens die boodskapper wat julle graag die prooi wil maak - nogeens die onvermoë van julle om te deel met die werklike issues - julle sinkende darwinistiese bootjie en die redes daarvoor, wat in detail in my reeksie artikels uiteengesit word, sodat julle sal kon deel daarmee as julle daartoe in staat sou wees.

    Maar helaas - 'n erkenning, in die vorm van 'n lomp en onbeholpe niksseggende teenaanval van Wouter - kwansuis die debat wat geen substansie het nie en kenners van binne darwinisme se uiterste frustrasie met hulle lewensfilosofie wat as wetenskap opgedis word, word sommerso weens onbeholpenheid en magteloosheid gemaak-afgemaak, dat julle hulpeloos staan.

    Jy wat so ligweg praat van prokureur - Daarvan kan jy seker wees, Wouter, jy sal nie twee ure in die getuiebank onder behoorlike kruisondervraging staande bly nie - want jou metodiek van omseiling van issues is 'n bewese "own case destroyer" - regslui het 'n walging daarin en so ook die regbank en dan nog jou stompsinnige poging om die getuie aan te val instede van om die meriete van die saak aan te spreek, sal van jou in 'n ommesientjie in die hof 'n verklaarde onbevoegde, bevooroordeelde en oneerlik getuie maak.

    Na massas woorde van julle, was daar dusver nog van geeneen van julle perspektief nie (met die enkele uitsondering van Stephan Marcus) en is die boodskapper onverpoosd aangeval sonder om die issues aan te spreek. En julle is onnosel genoeg om te dink julle kom daarmee weg.

    Nee wat, Darwinisme is op verhoor weens opsetlike wanvoorstelling en bedrog deurdat dit voorgee om 'n eksakte wetenskap te wees, wyl dit in wese niks anders as 'n religieuse filosofie is, nie.

    En die mees effektiewe bewysmateriaal kom uit eie geledere! Hier is ’n aanmaninkie vir jou:

    “Evolution  is promoted by its practitioners as more than mere science. Evolution is  promulgated as an ideology, a secular religion—a full-fledged alternative to  Christianity, with meaning and morality. … Evolution is a religion. This was  true of evolution in the beginning, and it is true of evolution still today.…  Evolution therefore came into being as a kind of secular ideology, an explicit  substitute for Christianity” – Michael  Ruse.

    Kobus de Klerk

  • 'n Nota: 

     
    We were never designed to listen to reason. When you ask people moral questions, time their responses and scan their brains, their answers and brain activation patterns indicate that they reach conclusions quickly and produce reasons later only to justify what they’ve decided. The funniest and most painful illustrations are Haidt’s transcripts of interviews about bizarre scenarios. 
     
    Is it wrong to have sex with a dead chicken? 
     
    How about with your sister? 
     
    Is it O.K. to defecate in a urinal? 
     
    If your dog dies, why not eat it? 
     
    Under interrogation, most subjects in psychology experiments agree these things are wrong. 
     
    But none can explain why.
     
    The problem isn’t that people don’t reason. 
     
    They do reason. 
     
    But their arguments aim to support their conclusions, not yours. 
     
    Reason doesn’t work like a judge or teacher, impartially weighing evidence or guiding us to wisdom. 
     
    It works more like a lawyer or press secretary, justifying our acts and judgments to others. 
     
    Geen wonder die regsprofessie is so ongewild. 
     
    Die waarheid is heel gereeld die minste waarin hul belang het. 
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top