Wouter plaas ’n interessante uittreksel in ’n kommentaar om via die fossiel Archaeopteryx ’n slag te slaan vir darwinisme teen my en kreasioniste.
Maar, hy kom oudergewoonte weens insigloosheid en onkunde, nie reg, nie.
Wat sy plasing egter uitwys, is een van darwinisme se groot probleme – om te sê dat die ‘missing link’ ’n verouderde miskonsepsie is, is verál ook ’n miskonsepsie. Dit is alles woordespel om ’n darwinistiese verleentheid, gebrek aan ‘links’, wat mettertyd báie prominent uitgestaan het, te probeer wegpraat met semantiek en suggestie – iets waaraan Wouter, veral, die prooi van is – alles kaf, natuurlik.
Sien, vir darwinistiese evolusie om te werk, móét daar eenvoudig transisionele of oorgangsfossiele van een spesie na ’n ander wees voor die spesie uitsterf, júís van voorouerlike aard. Anders kán die beweerde skepping-lose, on-ontwerpte proses nié slaag vanuit ’n oer voorouer na die pletora (plethora vir jou, Kerneels) van lewe wat ons vandag ken, nie. ’n Sogenaamde beweerde ‘verwant’, wat nie ’n voorouer is nie, maar ’n beweerde ‘syverwant’, dui nie op die evolusie proses nie, maar op die bestaan van ’n newe spesie wat gekom en gegaan, het, sónder om as voorouer te dien óf van ’n voorouer af te stam, wat dus véél eerder en nogeens, die kreasionistiese model ondersteun.
Maar hoe betroubaar is die aanspraak van evolusioniste oor Archaeopteryx in elk geval? Hier is ’n interessante gesprek:
Prof. David Menton is Associate Professor (retired) of Anatomy at the Washington University School of Medicine in St Louis, Missouri
“Dr Menton, I understand that in the past few years you’ve become interested in scales, feathers and theories of bird evolution?
DM: Yes. Some years ago I picked up a wild bird feather. My area of research deals largely with the skin and, of course, feathers grow from the skin, so I thought it would be appropriate to take a peek under the scanning electron microscope, which stimulated my interest in feathers.
Of course, evolutionists have long argued that feathers evolved from reptile scales and are thus fundamentally the same structure—very similar.
Yes—so I became interested in comparing them myself. I had a laboratory technician at the time who had a ‘pet’ boa constrictor, so I took a look at some of its scales from shed skin. I was amused that they were, of course, not even the slightest bit similar to feathers, as these photographs show [see below]. The only similarity is that they are both made of the protein keratin—like hair, nails and our skin.” –
So, wil die darwinis nie eerder maar sê die mens stam van ’n slang af, as van ’n aapsoort, nie? Nee? Natuurlik stam ons van niks af, as van ander mense, nie. Maar die gesprek gaan vêrder:
“Evolutionists sometimes claim that the fossil creature Archaeopteryx is the link between reptiles and birds.
In Eichstätt, Germany, in 1984 there was a major meeting of scientists who specialize in bird evolution, the International Archaeopteryx Conference. They disagreed on just about anything that was covered there on this creature, but there was very broad agreement on the belief that Archaeopteryx was a true bird. Only a tiny minority thought that it was actually one of the small, lightly built coelurosaurian dinosaurs [small lightly framed dinosaurs].
Did that mean that really they didn’t think it was a transitional pre-bird?
Well, it’s kind of interesting that they found it necessary to draft the following statement. ‘Conferees did agree unanimously to the declaration that organic evolution is a fundamental process of biology and we recognize the importance of the Archaeopteryx contribution to that problem.’ So you can see they were acutely aware that their deliberations might lead some to wonder whether, in fact, Archaeopteryx had anything to say about evolution, so they all did sign this. If, of course, it’s a true bird, it is not the half-way, half-reptile, half-bird like we’ve often heard.
Dr Menton, the first issue of our magazine had an article about Archaeopteryx, which I wrote. At that time everyone was drawing its skull as quite reptilian. I understand that’s changed a bit?
Yes. The crushed nature of the skull in one of the specimens may have caused the problem. The general consensus now is that the brain is essentially that of a flying bird, with a large cerebellum and visual cortex.
Also, in most vertebrates, including reptiles, the mandible (lower jaw) moves, but in birds (including Archaeopteryx) so does the maxilla (upper jaw). Evolutionists point out that it does have some characteristics which are found in other classes, such as reptiles.
This is true, but then it’s true of almost any vertebrate skeleton. There are also design similarities between reptiles, mammals and living birds too. Birds have a distinctive, specialized skeleton because, as one distinguished evolutionist who is also an ornithologist once said, ‘Birds are formed to fly.’ So was Archaeopteryx."
Intussen is daar ook vasgestel dat die omega keratien in vere totaal verskillend is as die alpha keratien in reptielskubbe.
“‘At the morphological level feathers are traditionally considered homologous with reptilian scales. However, in development, morphogenesis, gene structure, protein shape and sequence, and filament formation and structure, feathers are different.’ A.H. Brush, ‘On the origin of feathers’, Journal of Evolutionary Biology 9:131–142, 1996.
Dus, ook die nimlike Archaeopteryx as ’n sogenaamde oorgangsfossiel van reptiel na voël is maar net nóg ’n darwinistiese hersenskim en hipotese-prooi.
Daarom help die filosofie nie. Wetenskap floreer op feite en hipotese floreer op filosofie, maar die twee sit nie langs mekaar in die klas, nie. Dit is Michael Ruse se probleem met die darwinisme, alhoewel hy verbete veg om nié oor te skakel na kreasionisme toe nie. Daar is baie mense wat sê dat Darwin sy teorie geskoei het op sy vooroordeel teenoor God en die Christelike Godsdiens. Dit het Darwin bykans 20 jaar geneem om die moed bymekaar te skraap om die publikasie van Origin of Species te doen en het dit maar net gedoen omdat ’n ander hom wou voorspring en onder druk van Thomas Huxley, wat asof op hete kole, vir daardie ateïstiese ‘bybel’ gewag het. Gould het ook langs daardie lyne daarmee gedeel.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Ek het nogal gewonder of ou KdK gaan galbraak oor die Urvogel, (Oervoël) toe ek Wouter se kommentaar lees. Kobus is reg dat daar besliste kontroversie rakende die oorgangsfase van die vogel bestaan.
Tog wonder ek of Christene eerlik en openlik sal debatteer en navorsing doen oor die onsigbare dinge wat in die bybel staan en dit onderhewig sal stel aan spesifieke toetse en opinies. Die geval van die Oervoël bewys net weereens dat die Wetenskap eties met die waarheid omgaan, terwyl die christenskap die onetiese roete verkies en op onetiese wyse die onverklaarbare aan spirituele intelligensie oorlaat.
Net terloops, dit is verblydend dat Kobus aanhaal uit die Journaal van Biologie, 'n gerekende en gerespekteerde joernaal wat deur Wetenskaplikes en Bioloë wat die evolusieteorie in die praktyk behartig gelees word. Dus word selfs kritiek teenoor sekere studies gepubliseer sonder om foute te ontken.
Ek wag vir die dag dat die Joernaal van Kreasionisme eendag sal erken dat god nie fossiele geskape het om ons te toets nie.
Mooi, Kobus, ek sien jy het na my geluister. 'n Aanhaling uit een van my briewe: Bekende onderwerpe om te bewys dat evolusie onmoontlik is, is die Tweede wet van Termodinamika, onverminderde kompleksiteit, die oog, die walvis, van aap tot mens, die Miller-Urey eksperiment, peperkleurige motte, die Archaeopteryx, om maar net ’n paar te noem.
"Let me be open. I think that evolution is a fact and that Darwinism rules triumphant. Natural selection is not simply an important mechanism. It is the only significant cause of permanent organic change. I stand someware to the right of Archdeacon Paley on adaptation and design. I see purpose and function everywhere. I am an ardent naturalist and an enthusiastic reductionist, and those who disagree with me are wimps."
Micheal Ruse - Can a Darwinian be a Christian? Bl ix.
"Creationists often like to trade on an ambiguity between evolution as fact and evolution as path and cause, suggesting that because there is debate about the latter there is doubt about the former. Plantinga is past master at this gambit. But it is an ambiguity, and it is being used falsely. No one today thinks that evolution as fact is any less secure than it was for Darwin"
Micheal Ruse - Can a Darwinian be a Christian? Bl 59-60
"So, what does our history tell us? Three things. First, if the claim is that all contemporary evolutionism is merely an excuse to promote moral and societal norms, this is simply false. Today's professional evolutionism is no more a secular religion than is industrial chemistry. Second, there is indeed a thriving area of more popular evolutionism, where evolution is used to underpin claims about the nature of the universe, the meaning of it all for us humans, and the way we should behave. I am not saying that this area is all bad or that it should be stamped out. I am all in favor of saving the rainforests. I am saying that this popular evolutionism—often an alternative to religion—exists. Third, we who cherish science should be careful to distinguish when we are doing science and when we are extrapolating from it, particularly when we are teaching our students. If it is science that is to be taught, then teach science and nothing more. Leave the other discussions for a more appropriate time."
Micheal Ruse - Science 7 March 2003: Vol. 299 no. 5612 pp. 1523-1524, Beklemtoning bygevoeg.
Ek kan tog ook quote mine! Ek dink jy moet nou vir Prof Ruse in vrede laat. Hy kom nie in die kerk nie en jy nie in die biblioteek nie so julle behoort mekaar nooit te pla nie...
Beste Kobus,
Mooi so, Stephan.
Dit is juis van in die kerk én die biblioteek kom, dat gelowiges weet hoe om ’n saak behoorlik te benader.
Met dié dat julle egter nie in die kerk kom nie, is julle tyd in die biblioteek gespandeer, ook maar nodeloos. Die insig ontbreek en dan gebeur soos nou met jou – jy kan papegaai, maar nie insien dat dit meer kwaad doen as goed, nie.
Wat julle eintlik uitwys, is dat baie van die darwiniste aan ’n soort van skisofrenie ly – so asof dit twee verskillende persone is wat oor dieselfde onderwerp praat – moet seker daardie doellose geknutsel van die skakelaartjies wat so lukraak deur die mutasie monster aan- en af geskakel word, wees, wat sulke kortsluitings veroorsaak, of wie sê ek alles…
En dit gebeur met ’n klomp van die groot kanonne onder hulle – Mayr, Gould, Ruse… om n par te noem. Tja! Soos ek sê, is maar 'n geval van old habits die hard en natuurlik daardie aggressiewe eweknie druk – iets waarvoor julle berug is – pas in of word vernietig…
Dus, na dese, Ruse die eierdansende darwinistiese draadsitter.
Nee, man, wat het jou besiel om óók oor die rand van sinnelose aanhalings te stort?
Angus,
Jy is verkeerd oor Bloedrivier, soos met alles anders van belang – daar was genoeg boere vir die taak op hand, hulle had geloof, moed en metodiek; Hulle was eensgesind; Hulle infrastruktuur was meesterlik bestuur, hulle kon dus hul sannas vinnig en effektief laai met lopers; Hulle had uitstekende strategie en kennis van hulle vyand se swakhede – gawes van God omdat hulle hul na God gekeer het vir hulp en die vyand, hulle na toordokters en voorvaderlike geeste gewend het. God triomfeer altyd in die stryd tussen boos en heilig (en dit het hoegenaamd niks met verkleur te make, nie).
Dus, jy weet nie hoe om feite te interpreteer nie, daarom is jy ’n darwinis en jy sal ook nooit weet nie, want jy is 'n agnostikus.
Johan,
Weereens, nogeens, weer 'n keer, nog 'n keer - ons as gelowiges is bepaald nie daarop uit om enigiets in die Woord te wil bewys nie. Ons is gelowiges - ons ken die Gewer van die Woord en die Skepper van alle dinge en daarom sal ons nie dinge wil bewys wat ons reeds ken nie.
Julle maak egter aanspraak op bewyse vir alles - en dit geld vir julle eie religieuse standpunte - die darwinisme. Op eie aandrang - maar julle kan nie slaag nie.
Kobus de Klerk
Dankie Angus.
Angus, jy moet onthou, regslui weet hoe om met deskundige getuies en getuienis om te gaan – die getuienis is nie ons eie nie en hoef ook mos nie te wees nie – maar word deur ons aangebied komende van deskundiges self. Ek kan sien dat jy heeltemal onkundig is met die hantering van deskundige getuienis. Dus, dit is glad nie nodig vir my om die dinge wat jy vra, te doen nie – jy het reeds die inligting, vir jou verskaf vanaf kundiges op die gebied.
Dus, jóú metodiek laat veel te wense oor. Nou ja, jy het nou jou tyd gemors – in stede dat jy aanvaarbare weerleggende getuienis aanbied wat nie hipotese is nie, kom jy met die nonsens hierbo.
Jou bewering dat vere gemodifiseerde skubbe is, is sommer ’n hipotese. Nóg ’n hipotese. Jy is besig om agter Dawkins aan te klim op sy mount improbable wat mount impossible geword het – hier is feite waaraan jy kan herkou “But scales are folds in skin; feathers are complex structures with a barb, barbules, and hooks. They also originate in a totally different way, from follicles inside the skin in a manner akin to hair” Wat van die DNS wat verskil om die twee te produseer?
Jou hoendereier hipotese is eweneens snert om van kinderagtig nie eens te praat nie – hoewel die dop en skelet anders lyk, is alles in die eier, wat uiteindelik die hoender sal wees. Jou voorbeeld is totaal van punt af wat wys dat jy nie verstaan wat jy self wil propageer nie. Jy dink kundiges is so insigloos soos jy. Vir jou op pad mount impossible op, is ’n hoender en reptiel mos pasmaats soos jy en aap is - albei lê mos eiers!
Ek sal wel vir jou ’n aanduiding gee oor omega keratien en alfa keratien – lees weer Brush se aanmerking hierbo in my artikel. Verstaan jy dit nie? Waarom op aarde sou ek die toets wou doen om die biochemiese verskil aan te dui? Die deskundiges het dit alreeds gedoen.
Jy is nou by die stadium wat jy só desperaat is, dat jy weer werklike kundiges wil aanvat. Jou onvolwasse streek is nou weer besig om kop uit te steek.
Kobus de Klerk
Kobus
Kan jy nie ophou om die valshede hier te beweer nie?
Soos byvoorbeeld: “Of course, evolutionists have long argued that feathers evolved from reptile scales….” Natuurlik is dit so. Ons kan selfs vir jou foto’s wys van fossiele wat ontwikkeling van skubbe na rudimentêre vere en ook na vere aantoon. Ons het die fossiele.
“… and are thus fundamentally the same structure—very similar.”
Onwaar. Niemand het nog ooit beweer dat skubbe en vere dieselfde strukture het nie. Stel jou bron hier ‘n strooiman op?
Hoekom vertel jou bronne altyd sulke onwaarhede? Miskien omdat jou bron ‘n mediese dokter is wat absoluut niks weet van fossiele nie, maar voorgee hy weet alles?
Archaopterix is geklassifiseer as ‘n voël omdat hy die vier hoofkenmerke het:
1. Vere.
2. Opponerende groottone
3. ‘n Wensbeen
4. Die skaambene was verleng en sit erugwaarst georiënteer.
Archaeopterix het onder andere ook die verdere kenmerke van reptiele:
1. Hy het nie ‘n snawel nie, maar ‘n bek vol tande
2. Hy het ‘n lang, gewerwelde stert
3. Die bene was pneumaties
So, Kobus, die Archaeopterix was gelassifiseer as ‘n voël, omdat daar geen is klassifikasie is vir ‘n spesie tussen ‘n voël en ‘n dinosaurus nie. Archaopterix is dus ‘n voël met ‘n bek vol tande soos ‘n dinosaurus en ‘n lang, gewerwelde stert soos ‘n dinosaurus. ‘n Fantastiese oorgangsfossiel.
Kleinkoos
Hello Wouter
Die volgende link wat ek gevolg het van 'The Skeptics Guide to the Universe' bevestig 'Evolution of Feathers' wat jy hierbo aanbied.
http://nsf.gov/news/news_summ.jsp?cntn_id=123392&org=NSF&from=news
Dankie vir hierdie bydrae.
Baie dankie Chris.
Hello Angus,
Kobus se tegniek is verdagmakery. Kobus se fantasie is dat rasionele mense die baba met die badwater sal uitgooi:- deur Gish Galloping verdagmakery toe te pas gaan mense die hele teorie uitgooi en verplaas met magic, toor, geeste en spoke en (sy) gode - as 'n volwaardige alternatief vir evolusie (common descent)
Those who cavalierly reject the Theory of Evolution, as not adequately supported by facts, seem quite to forget that their own theory is supported by no facts at all." Herbert Spence
Lieg vir Jesus Kobus?
Kleinkoos, lees weer:
“In Eichstätt, Germany, in 1984 there was a major meeting of scientists who specialize in bird evolution, the International Archaeopteryx Conference. They disagreed on just about anything that was covered there on this creature, but there was very broad agreement on the belief that Archaeopteryx was a true bird. Only a tiny minority thought that it was actually one of the small, lightly built coelurosaurian dinosaurs [small lightly framed dinosaurs]. Did that mean that really they didn’t think it was a transitional pre-bird? Well, it’s kind of interesting that they found it necessary to draft the following statement. ‘Conferees did agree unanimously to the declaration that organic evolution is a fundamental process of biology and we recognize the importance of the Archaeopteryx contribution to that problem.”
Jy verstaan Engels?! Jy begryp die betekenis van "true bird"? So, wat is fout met jou, jy is soos ’n plaat wat vashaak met jou “so-en-so vertel nie die waarheid nie…” en só is julle almal op een of ander manier so koddig, ’n mens kan lag daarvoor.
Wie stel belang in jou storie? Wat weet jý? Wil jy met ’n ganse paneel deskundiges stry?
Die ding is ’n voël en basta. As oorgangsfossiel is dit 'n "problem" , dit wil sê, vergeet daarvan!
Al doel wat jý dien, is om uit te wys hoe bereid darwiniste is om oneerlik te wees en dan ander daarvoor en daaroor te beskuldig. En helaas, dit is juis waaroor my reeks artikels handel - julle blatante oneerlikheid en dat julle dit vir wetenskap wil voorhou.
Swak man!
Kobus de Klerk
Kleinkoos,
Jou kansvatter-desperate bewering van rudimentêre vere as oorgangsfenomeen – bog, man!
“Sinosauropteryx, a small dinosaur, made headlines in 1996. Why? Because its fossil was reported to have a coat of filamentous structures, dubbed ‘dinofuzz feathers’. It was touted by many as definitive evidence of dino-to-bird evolution. But a recent study by renowned ornithologist Alan Feduccia and his colleagues shows that these and other filamentous structures were not feathers or ‘protofeathers’. Instead, they were likely the remains of collagenous fibre ‘meshworks’ that reinforce the skin. In the light of this and other studies, Dr Feduccia says the continuing controversies over ‘feathered dinosaurs’ make no sense.”
Elke iedere keer as julle reageer, ontbloot julle nuwe darwinistiese leuens! Hou so aan!
Terloops, ek wonder of jy werklik weet wat 'pneumaties' beteken - watter belaglike bewering.
Kobus de Klerk
Ek het slegte nuus vir jou, Delusie,
Jou darwinistiese fabelstorie wat as wetenskaplike teorie opgedis word, gaan nié oorleef op ’n paar skeletbene vol gate nie – om te oorleef is ’n volle funksionerende liggaam nodig en danksy die navorsingswerk van gelowige wetenskaplikes, wat die darwinistiese delusie (uitstekende skuilnaam wat jy vir jou gekies het) in die laaste paar jaar te ontbloot vir die klug wat dit is, is dié liggaam aan flarde en dit word al erger. Ek sê mos, dis ’n kadawer wat julle probeer regop hou met vuil taktiek – hou jou dop…
Dus, julle moet maar vrede maak met die feit dat ek die dinge hier uitwys. Jou aanmerking, waar ek júlle leuens uitwys en dan vir my te vra of ék vir Jesus lieg, is só onnosel. Dink jy, jy kan met sulke snert wegkom? In jou eie geledere, ja. Maar nie by mense wat selfstandig kan dink, nie.
Dus, vir jou inligting, dit is nie ek wat met verdagmakery besig is nie, ek wys julle snert uit wat alreeds verdag is en julle wil dit in almal se keelgate, letterlik met aggressie en bullebak taktiek, afdruk.
Wouter,
Dankie vir jou bydrae. Ek het juis gesê ek kan nie by al die verwysings wat julle snert aan flarde skeur, uitkom nie – jy is my behulpsaam. Én jy wys daarop dat Jonathan Sarfati ’n hoogs gerespekteerde, geleerde, sistematiese, intelligente en logies-denkende persoon is en welopgevoed daarby. Dit is waarom Richard Dawkins só deur hom oorskadu en oorheers word, want Sarfati is álles wat Dawkins nie is, nie.
En dan is jy darem openlik genoeg om weer daardie laggie van jou met ons te deel (nie dat jy wil, nie), jy weet, daardie onwillekeurige senuweeagtige amper histerie-laggie van mense wat desperaat voel…
Natúúrlik sal ek getuies gebruik wat die Waarheid kom uitwys.
Kobus de Klerk
Kobus, daar is derduisende webtuistes daarbuite waarin julle IO tipes probeer bewys dat julle kreasie - teorie ernstig opgeneem moet word. Dit is lekker om voor te lag, maar as julle niks hoef te bewys nie, hoekom soveel propaganda vir IO doen? IO verg tog bewyse ... en alhoewel dit ontbreek spartel julle julself sopnat om julle eie teorie te skep en is die dinge wat jy dan daagliks hier voorle 'n poging om "bewys" te lewer ...
Ons probeer niks bewys nie, Johan,ons ruk julle snert aan flarde en ons geniet dit terdeë. Julle verskaf egter on-goedgunstiglik vir ons al die materiaal wat ons oortuigings as gelowiges (IO is nie noodwendig almal gelowiges nie) in God se skepping bevestig, wyl ons dit al lankal so glo.
Moenie jouself op jou ou-oudag so mislei nie.
Ek weet van julle lag - dit is daardie senurukkings voor die hsiterie uitbarstings soo osn al vir Wouter hier sien manifesteer het.
Sleg vir die hart, hoor!
As iemand sou belangstel oor waarheen Kobus de Klerk se drogma aanval nog kan lei, lees gerus die hele verhaal op creation.com.
Dis eintlik heel maklik om 'n kitsnaslaner se bronne te bepaal.
Al wat jy doen is om 'n deel van hul spoeg en blerts te copy&paste, in jou soekblokkie te plak en siedaar - 'n hele rits potensiële bronne kom op jou skerm.
Doen dit gereeld en jy sal gou agterkom waar die kitsnaslaner meestal rondhang.
In Kobus se geval is creation.com 'n gunsteling.
Eintlik jammer om dit te moet seg, maar dr. Johan Kruger (http://creation.com/dr-johan-kruger) is die baas van die plaas op creation.com in Suid Afrika en nie my amigo in Adam - onse grote ou Kobus de Klerk nie.
Nie dat onse Bose ou Kobus dalk binnekort 'n plek in hul aktiwiteit aan Mzansi vir sy toegewyde kwasi-Christen tiksels op die werf kan ontvang nie - ek's seker Kobus is 'n goeie kandidaat vir hul Plataarde Genootskap vir Opregte Gelowiges.
Maar wag - daar's meer!
Creation.com het ook 'n ".mobi"
Kobus kan dus enige plek sit en homself met die blare van hul mobile tak vee.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius
Dankie, Kerneels!
Jy doen goed deur die kreasioniste en ander gelowiges se webwerwe te promoveer.
Het jy gesien die "bydraes" wat jy weer deesdae maak, hmm? Hoe leeg en banaal dit is? Hoe jy nie in staat is om enigiets sinvol te plaas nie, behalwe as jy iemand anders wat sinvol kan skrywe, aanhaal?
Kobus de Klerk
Dit is hoe ek gereeld Henn op Wkipedia gevind het, daarom nou die vertalings uit Henn se hand. So snou deksel nou vir pot. Henn aan De Klerk.
Ai tog ou Woutie ... jy weet jok ... jy't nog altyd 'n probleem met die regte boeke op my rak en persoonlike ervaring waaruit ek aanhaal... nes dié onlangs van Leon Lederman "The God Particle: If the Universe Is the Answer, What Is the Question?" wat ek in my bydrae "Skeppingsleer" verhaal het en jy dit toe nie kon Google nie ... dis mos op rekord vir almal om te sien... moenie soos my amigo in Adam die ou grote Kobus jou kommentaar onder my bydrae "Handves vir Barmhartigheid" gaan staan en ontduik met 'n woernaal nie ... ek stel rêrig belang in die standpunte wat jy daar huldig ... groete ... ekke ...