So ’n kort rukkie gelede het iemand gesê dat die Judaïsme, soos ons dit vandag ken, ’n relatief moderne uitvloeisel is van die oorspronklike Godsdiens wat nou as die Christendom bekendstaan. Ek het toe, in die kommentare tot daardie artikel, verskeie bronne voorgehou, algar gesaghebbende deskundige bronne oor die Christelike Godsdiens, wat dié situasie bevestig.
Wouter het toe ’n paar sekulêre en agnostiese geskiedskrywers voorgehou wat, volgens hom, die teendeel wil beweer.
Die situasie is egter báie eenvoudig en is die kommentaar van sekulariste en agnostici van geen belang nie – hulle is maar, soos dit met alles omtrent hulle is, aanmatigend en arrogant en wil oral gesien en gehoor word om hulle filosofie te laat geld en die aggressie en intensiteit van hulle veldtogte en reklame om hulle as groepie te vestig kan slegs geëwenaar word deur die veldtogte en reklame van die homoseksualistiese aktiviste groepe – Vandaar dan, dat hulle nodeloos kommentaar sal lewer oor sake Gods, wyl hulle juis agnosties is weens die totale gebrek aan kennis en ervaring van die dinge Gods.
As mens wil sien waar die Christelike Godsdiens sy oorsprong en verloop het, dan neem jy die Godsdienstige bronne en stel dit daaruit vas – want dit, na alles, is die credo van die Godsdiens, ongeag wat énige geskiedskrywer daaroor te sê, mag hê. Die opgetekende Woord van God is die geskrewe kenbron van die Geestelike (Spirituele) Christelike Godsdiens en die Woord van God in
Wie dit sentreer en funksioneer.
Daaruit blyk duidelik: Die Christen dien die enigste ware Skeppergod – en daarom begin die Christelike Godsdiens by die skepping van die eerste mens, Adam en sy eggenoot, Eva. Weens sonde teenoor God word die nageslag van Adam en Eva uitgewis, met die uitsondering van Noag en sy gesin en hul vroue. Ons weet ook waarom hulle uitgewis is. Sedert Noag ontstaan die wêreldbevolking ooreenkomstig die antieke opdrag van God (Genesis 8:16-22 g.m. 9:19). Dit is ook die tyd dat God seisoene ingestel het op aarde, soos ons dit vandag ken – as deel van God se verbond met Noag.
Uit die nageslag van die Godvresende man, Noag en sy Godvresende kinders, het die nageslagte gekom. Maar sommige het weer van God afvallig geraak en hul eie religieë gevorm rondom die oorblyfsels van die ware Godsdiens wat hulle kon onthou deur oorlewering (’n uitstekende hedendaagse voorbeeld van hoe dit gebeur, is die optrede van die plaaslike religie smous, Cornelius, met sy liederlike poespas wat hy so onsuksesvol hier probeer smous), terwyl ander weer getrou gebly het (byvoorbeeld Melgisedek, die hoëpriester koning van Salem).
God het toe met Abram ’n Verbond gesluit vir die universele Godsdiens waardeur God gedien sal word en hom op Melgisedek se pad gebring vir ’n hegte vriendskap en onderrig in Godsweë (Genesis 14:18-20). Na die Verbondsluiting, word sy naam Abraham en uit sy nageslag kom die twaalf stamme van Israel (Jakob) en as voorbeeld vir alle ander nasies, dien hulle God ooreenkomstig die Godsdiens wat God vir hulle omstandighede neerlê met die belofte dat die ware Godsdiens wéér en finaal vernuwe sal word, met die koms van Sy Woord in vlees, die Messias, die HERE Jesus Christus, die Nuwe Verbond of Testament. En dit gebeur toe ook só nadat die twaalf stamme weens afvalligheid van God, wêreldoor verstrooi is en sedertdien bekend staan as Jode.
Tog sonder God vir Hom altyd ’n nukleus dienaars en gelowiges uit (1 Konings 19:18; Romeine 11:4) wat die ware Godsdiens sou voortsit tot die HERE aarde toe gekom het deur die maagd Maria en weer sal kom.
Maar die skeuring en afvalligheid het juis gekom as gevolg van ’n nuwe religie wat vreemd was aan die ware Godsdiens – daardie sinkretistiese poespas drekreligie (soos Cornelius hier in hedendaagse konteks verkondig) die nuwe religie het baie vorm-rituele wat herinner aan die oorspronklike Godsdiens, maar dit is waar die ooreenkoms ophou, want hulle leerstellings is vreemd aan die ware Godsdiens (2 Konings 17:29-24; Jesaja 29:13-14) – later is die afvallige sogenaamde rabbiniese presepte op skrif gestel en ingevoeg (Mattheus 15:6-9), en dít is die religie wat vandag bekendstaan as die Judaïsme – afgelei van ‘Jode’.
In sy agnostiese insigloosheid bevestig Wouter dit indirek in sy kommentaar (soek maar so tussen sy ander snert deur – ons gelowiges is gewoond om korrels tussen sekulêre en agnostiese snert-kaf uit te soek), met die Judais wat hy aanhaal – dat die Ou Testament in die Woord afkomstig is uit ’n periode 1300 v.C. en later is (eintlik 1500 v.C.), maar baie beslis skriftelik (Eksodus 24:5 [ong. 1445 v.C.]; Deuteronomium 4:2; 6:6-9 [ong. 1440 v.C.]; Josua 1:8; 8:34; 23:6; 24:26 [ong. 1390 v.C.]; 2 Konings 22:8 [ong. 560 v.C. nadat Manasse dit probeer vernietig het maar dit versteek was]; 2 Kronieke 34:14 [ong. 5de eeu v.C.] en Jeremia 36:1-32) en dat die Judaïsme se weergawe met die afvallige rabbiniese presepte daarin, juis so onlangs as 450 v.C. en vroeër – juis die tyd van die afvalligheid en verstrooiing, soos ek heeltyd sê, gedoen is en tydens die Here se tyd op aarde, gebruik is.
Dus het die HERE Jesus Christus die oorspronklike Godsdiens finaal kom bevestig met ’n ernstige waarskuwing (Mattheus 5:17-20). Sedertdien is die ware Godsdiens as “Christendom” bekend (Handelinge 11:26), juis om hulle te onderskei van die afvallige Judaïsme wat ontstaan het en eksklusief onder sommige Joodse mense van die tyd beoefen was en steeds vandag só beoefen word.
Na alles, Jesus Christus die HERE was, is en sal nog altyd ewige God die Woord, is en wees - Wie op ’n stadium as Mens geïnkarneer is deur die maagd Maria.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Puik artikel Kobus. Vertaal dit in Engels en stuur dit aan die Joernaal vir Kreasionisme. Ek dink nie hierdie is die platform vir jou tipe twak nie.
Absoluut teleurstellend, Kobus!
Na weke se uitvaar teen Darwin bied jy hierdie twak hierbo aan as alternatief. Dit is niks minder as 'n opsomming van jou enigste bron van inligting. Jou telbord bly op '1'!
Geen akademiese kundige gaan ooit met jou datums vir die Pentateug saamstem nie. Die vroegste datum wat al gegee was vir die skrywe van hierdie boeke is ongeveer 1200 vC, maar hierdie is absoluut in die minderheid. Maar een rede wat hierdie datum al hoe meer onwaarskynlik maak is die totale afwesigheid van bewyse dat Moses, Dawid of Salomo ooit geleef het. Maw, dat die Israeliete maar net Kanaaniete was en dat Jerusalem ooit enige iets meer was as 'n petrolpomp in die woestyn in die tyd van Dawid en Salomo se kastige konigkryk.
Die datum vir die samestelling van die Pentateug wat Wouter gee op 'n ander plek op die werf, 586 vC., is die meerderheid ooreenstemming, maar daar is ook heelwat kenners wat reken dat hierdie datum selfs in die Hellenistiese tydperk kan wees.
Hoe dit ookal sy, dit hierbo kan gedebateer word. Wat ons eintlik voor wag, die rede hoekom ek chips, popcorn en coke gekoop het, is jou empiriese en wetenskaplike alternatief vir evolusie soos in die Bybel uiteengesit.
Jou Christen-ondersteuners hou jou dop en ek sal dink dat jou storie hierbo meeste van hulle nie sal oortuig nie.
Kreasioniste sê: evolusie het nie plaasgevind nie. Skrap dit as model vir die wetenskap en vevang dit met die Bybelse model. Dit lyk so:
Chris, ek dink jy moet jou by 'n veld hou waarvan jy iets weet - beslis nie die dinge Gods nie. Ek weet nie of daar 'n veld is waarvan jy regtig iets weet nie...
Die snert wat jy hierbo kwytraak, is so belaglik dat dit nie verdere aandag regverdig nie.
Ek stel voor jy gaan weer Shoprite toe - ek verneem hulle hou nog steeds 'n goeie seleksie ontbytkosse aan dan kan jy weer vir inligting bietjie agter op die bokse biblioteek-biblioteek gaan speel. Dis die tipe inligting waarvan jy hou.
Kobus de Klerk
Die wanvoorstelling is skokkend en is ek dankbaar dat Chris dit uitgelig het.
Chris,
As een van julle net die moed kan bymekaarskraap om vir eenkeer in julle lewens net eerlik te wees met julleself en met ander mense, om eerlik te besin – dit behoort nie so moeilik te wees nie – dan sal jy agterkom dat die goed wat jy hierbo skrywe, so absoluut basisloos is. Is julle dit nie ten minste aan julself verskuldig en aan julle huismense, nie? Is dit te veel gevra van julle?
Ek wonder of jy jou kan indink watter spektakel aanmerkings soos hierbo van jouself maak – nie net oor die feitelike onakkuraatheid daarvan nie, maar oor die openlike oneerlikheid waartoe jou bevooroordeeldheid jou eenvoudig dwing om selfs feite eenvoudig met ’n paar hale oor jou rekenaar se toetsbord te probeer verwring en verdraai om by jou bevooroordeelde en leuenagtige lewensparadigma te maak inpas – en dit dan self te glo?!
Jy misgis jou totaal en al oor my medegelowiges. Jy misgis jou totaal en al oor die feite rondom die opskrywe van die Heilige Skrifte. Jy misgis jou totaal en al omtrent die betekenis van die Woord. Jy misgis jou, punt.
Ek het nie nodig om vir my medegelowiges ’n vertoning te hou nie – hulle glo in die HERE, in God, onafhanklik van my, omdat hulle wil en omdat hulle weet en omdat hulle die waarde en vreugde daarvan beleef en verstaan.
Die Pentateug is deur Moses opgeskrywe. Vir jou inligting was Moses ’n geleerde man en fyn onderlê in die kunste en kennis terwyl hy ’n Egiptenaar was. Joshua het al vir die volk uit die Pentateug voorgelees. Op watter manier, dink jy, kan jou en Wouter se agnostiese sinnelose snert aan die feite verander? Die Joodse volk het sy eie geskiedenis opgeskrywe en sy eie helde vermeld soos die gebruik was met die ander volke van die tyd wat dit met hulle kultuurgoed gedoen het, asook hulle religieë – daar was eenvoudig nie gestandaardiseerde geskiedenisboeke wat die geskiedenis van alle volke ondersoek en opgeskrywe het, nie. Terwyl die Jode slawe in Egipteland was, was hulle geensins belangrik genoeg om in die Egiptenare se geskiedenis verhale te figureer nie – slawe had geen regte nie. Met die ander nasies had hulle niks te make nie en omdat hulle ’n slawe nasie was, was hulle ook nie deur ander volke belangrik genoeg geag om hul geskiedenis op te skrywe nie. Hierdie is logiese dinge, maar julle laat julself nie toe om dit in te sien nie. Dus, die volk het, toe hulle hul vryheid bekom het, hul eie geskiedenis op rekord gestel , beginnende by Moses want hy was inderdaad hulle eerste en kundigste leier en regter.
Almal weet dat die geskrewe Psalms van Dawid en die ander, byvoorbeeld, deurentyd diens gedoen het in die tempels as Godsdienstige liedere en prediking. Waarom op aarde sou die geskrewe Pentateuch nie ook daar diens doen vir die 1,400 + jaar v.C. nie?! Kan jy insien dat julle stommerike is? Die volk had ’n teokrasie – weet jy wat dít beteken? Die Pentateuch was die sentrale, die spilpunt van dít wat in die tabernakel en toe in die tempel aan die volk geleer was. Kan jy besef hoe onsinnig julle simpel aanmerkings is? Kan jy probeer insien watter sotte julle van julself maak met sulke ondeurdagte kruppel, onoortuigende insiglose aanmerkings? Hoe dit uitskreeu dat julle nie logies en insigvol kan dink, nie? Hoe julle enigiets glo soos swape, wat vir julle opgedis word net omdat dit by júlle paradigma inpas?
As jy maar net kon besef hoe min ek belangstel om aan julle iets te probeer “bewys”… Ek het dit al baie gesê en ek sê dit wéér – dit gaan nié oor julle nie, maar oor die Waarheid. Julle verteenwoordig die groot leuen van die satan. Daarom word julle gebruik, julle énigste nut, om dit só te demonstreer, ongeag wat julle te sê het want dit demonstreer net my punt meer en meer.
Terloops, die Pentateuch waarna die Joodse rabbi verwys, is juis dié gepeuterde weergawe wat gekorrupteer is en waaruit die Judaïsme sy bestaan het – het níks te make met opskrywe van die oorspronklike Pentateuch nie.
Massas kenners oor die eeue heen, het die datering van die Pentateuch uit die 15de eeu v.C. bevestig. Basta met jou.
Kobus de Klerk
Nee regtig, as 'n mens nog steeds 'n gelowige is na die stuk wat Angus geskryf, dan sal so 'n persoon nou nog in kersvader glo, en so ook die tandmuis.
Die les is mos nou al wel bekend.
Kobus sê: "Die Pentateug is deur Moses opgeskrywe".
Dis snaaks, Moses het dus later sy eie dood beskryf in Deuterononium 34.
Glo jou nie.
Kleinkoos
Kleinkoos, die snaakste verduideliking vir die einde van Deuterononium al gehoor het is die een waar God die einde vir Moses dikteer terwyl die trane rol en drup op die rol voor hom.
Glo daai een ook nie.
Kleinkoos,
Het julle al gehoor dat mense 'n outobiografie skrywe, maar te sterwe kom voor die afhandeling daarvan, en dan kom 'n naasbestaande of selfs die uitgewer en skrywe die feite en omstandighede rondom sy afsterwe aan die einde? Maar omdat dit met Moses gebeur het, is dit skielik nie moontlik nie?
Moses het die omnstandighede van sy dood vooraf geweet, want God het hom dit bekend gemaak, en die feit van die gebeur daarvan is net agterna ingevoeg.
As een van die grootste profete van God, had hy ook voorkennis van baie dinge.
Maar so belaglik insigloos is julle.
Kobus de Klerk
'n Outobiografie van Moses, deurgaans vertel in die derde persoon? Daar is ook geen aanduiding aan die einde van die Pentateug dat ons te doen het met 'n appendiks nie. Binne die Pentateug is daar geen aanduiding dat Moses die verteller of skrywer is van hierdie teks nie. As jy nie saamstem nie, wys die spesifieke gedeelte en versie uit binne die Pentateug self. Dis waar dat hierdie boeke volgens tradisie toegeskryf word aan Moses, maar die boeke self maak geen so 'n aanspraak nie.
Kobus, jy moet versigtig wees dat jou duim nie afval van al die suig nie.
Chris,
Moses is die profeet - weet jy wat die inslag daarvan is? Die Pentateuch boek gaan oor die profesieë van God en die interaksie van God met mens en andersom, en die sentrale figuur van mensekant, is juis Moses die uitverkore en sentrale profeet en leier en regter in daardie teokrasie - en die Pentateuch is deurspek van die getuienis daarvan.
God het deur Moses gespreek!
Daarom sal dit Moses aan die woord wees, maar nie Moses wat homself in die eerste persoon opdring in die teenwoordigheid van God, nie, jou insiglose dwaas.
Waarom soek jy ’n appendiks oor Moses se dood? Hy was voortdurend in die teenwoordigheid van die hoëpriester, Aaron en na dié se afsterwe, Joshua. Hulle was uiteraard die skribas.
Punt is, jy is insigloos en probeer met oppervlakkige snert en haarklowery die essensie van die saak tot niet maak. Dit sal nóóit werk nie en jy mors my tyd.
Al wat dit wel weereens demonstreer, is jou insigloosheid en oppervlakkigheid. Maar ons is dit al so gewoond!
Kobus de Klerk
Kobus, laat niemand jou ooit beskuldig van logiese en oortuigende teenargumente nie.
Alice is die hoofkarakter in Wonderland en sy vorm die band tussen kinders se verbeelding en die werklikheid.
Die Verbeelding het deur Alice gespreek!
Die probleem met jou en Angus en Thomas ens. is dat julle waaragtig nie kan onderskei tussen fabel en feit nie. Dáárom dat julle darwinisme aanhang en geaffronteerd raak as mens dit aan flarde skeur weens die fabelagtige onwerklikheid daarvan. Dit is nou júlle keuse van fabel wat julle wil leef as ’n lewensfilosofie.
Maar die werklikheid van God, kán jul net nie insien nie. Ek sê dit wéér – as julle tot beter instaat was, sou julle gelowiges wees! Logies, is dit nie? Kyk, as ons as gelowiges nou gemeen het dat Alice in Wonderland, ens. nou werklikheid is en julle daarvan probeer oortuig het, dan kon mens julle stomme houding verstaan. Maar dit gebeur nie, want óns kan tussen fabel en feit onderskei – ons besef terdeë dat Alice in Wonderland ’n produk van die skeppende verbeelding van Lewis Carrol is, in al sy latere verwerkings daarvan, dus onwerklike fabel is, nét soos julle darwinisme ook ’n produk van Charles Darwin se verwronge verbeelding was, in al sy latere verwerkings daarvan, dus onwerklike fabel is en nét so besef ons terdeë dat God werklikheid is – kan nie anders nie, ons lééf met God en ervaar die verskil!
Kobus de Klerk
Ook kan die karakter, Dorothy De Klerk beskou word, van die wizard of odd.
Rabbi Neusner skrywe oor die begin van sý religie, die relatief nuwe Judaïsme en die optekening dáárvan en het werklik niks te make met die antieke Heilige skrifte waaruit die Pentateuch saamgestel is, nie.
Maar waarom sal ’n spirituele analfabeet en geloofsdooie soos jý, Wouter en enige van julle, weet wat daar aangaan? Beide betrek spiritualiteit en gepaardgaande insig om die verskil te eien. En al wat dwase soos júlle daarmee kan doen, is om dit te waninterpreteer en wat spiritualiteit aanbetref, om daaroor te spot en koggel – ’n manifestasie - want dit spreek ’n leemte, ’n vakuum, ’n hol kol, in julle verstand en insig, aan – dan kletter julle daaroor.
Nou dít is komies, maar tragies.
Kobus de Klerk